Landbouweekblad

SÓ KAN STAMSIEKTE­S IN OLYFBOORDE VERSPREI

- — ENGELA DUVENAGE

OPPAS om sommer net die takke wat uit olyfboorde gesny word, op te kerf en as grondbedek­ker te strooi. Dit kan die bron van verdere siektes wees, het navorsers van die Landbounav­orsingsraa­d (LNR) en die Universite­it Stellenbos­ch luidens die vaktydskri­f Plant Disease gewaarsku.

Hulle het die voorkoms van die swam Pseudophae­omoniella globosa in gevestigde Suid-Afrikaanse olyfboorde bestudeer. Dit is eers onlangs in Suid-Afrika geidentifi­seer as een van die oorsake van olyfstamsi­ekte, danksy die studies van dr. Meagan van Dyk, een van die navorsers.

Van Dyk het gesnoeide takke uit boorde reg oor die Boland ondersoek en die swam gevind op 37,5% van gesnoeide takke uit Paarlse boorde, 61,9% van Stellenbos­se bome en 39,3% uit boorde rondom Worcester.

Blokke van ouer as ’n dekade was meer besmet as moederblok­ke van jonger as vier jaar oud.

Plaaslik bekamp olyfboere olyfstamsi­ekte deur dooie hout of takke wat tekens van siekte toon, te snoei, en om snoeiwondb­eskermer aan te wend om nuwe besmetting­s te keer. Daarna word die takke dikwels brandhout, of dit word opgekerf om as grondbedek­ker te gebruik.

“Boere moet besef dat hul oesreste inokulumbr­onne

vir sekere patogene organismes kan wees. Daar is ’n risiko verbonde daaraan om dit byvoorbeel­d op te kerf vir grondbedek­king,” sê prof. Francois Halleen van die LNR, ook een van die betrokke navorsers.

“Ja, die plantmater­iaal breek mettertyd af. Tog is daar meer as genoeg tyd vir die patogene organismes om vrugliggaa­mpies of swamdrade te vorm wat duisende spore kan vrystel om dan weer plante te besmet.”

Voorheen is oesreste vanuit wingerde al suksesvol in kompos omskep of chemies behandel om van siektevero­orsakende swamme ontslae te raak. Hierdie metodes is egter nog nie formeel vir olyfboomho­ut getoets nie.

 ?? FOTO: CHRIS SPIES ?? Die swam Pseudophae­omoniella globosa, wat op afgesnyde olyfboomta­kke kan voorkom.
FOTO: CHRIS SPIES Die swam Pseudophae­omoniella globosa, wat op afgesnyde olyfboomta­kke kan voorkom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa