’nSpieëlbeeldvan Suid-Afrika?
Die gewelddadige ontwrigting in die Oos-Kaap is nie nuut nie — en het gebeur ondanks boere se pogings om werkers op te hef. Dit is ook nie beperk tot die Oos-Kaap nie, en daar is duidelike politieke ondertone. Kenners meen alles moet nou gedoen word om verdere konflik af te weer.
Skaars vier jaar nadat die Sondagsriviervallei in 2018 lamgelê is deur gewelddadige betogings oor lone, ontvou nog vernietigende betogings wat sitrusboere weer duur te staan kom. Teen druktyd is beraam dat die skade aan infrastruktuur weens die oproer in die Sondagsriviervallei R70 miljoen beloop en dat R100 miljoen se sitrus vernietig is. Daarby is pak- en plukbedrywighede aan die begin van die seisoen meer as twee weke tot stilstand gedwing.
Volgens mnr. André Vlok (REGS), ’n spesialiskonsultant oor konfliksituasies, handel die dispuut vanuit ’n oppervlakkige e oogpunt oor twee hoofpunte, naam mlik ’n verhoging van R23 per uur tot R30 per uur vir sekere werkers, en die aanstelling van “ongedokumenteerde” buitelanders.
Hy sê binne dié oorvereenvoudiging is daar onderafdelings met verskillende groepe en subgroepe wat kleiner bedrae per uur en kwotas vir immigrante aanvra.
“As ’n mens dieper kyk, sien jy ander faktore wat klassieke gevaarligte in konflikbestuur is, openlike ongelykheid in inkomste en lewenstyl, generasiekonflik wat lei tot wantroue en onwilligheid, en die onvermoë om mekaar te verstaan. Dieselfde foute en kortpaaie word gebruik, natuurlik met dieselfde gevolge.”
Hy sê Kirkwood en Addo is ’n mikrokosmos van ’n groter, nasionale stel probleme van armoede, w werkloosheid, wanhoop p en wantroue in die regering en stelsels.
“Konfliksituasies wêreldwyd toon waar mense nie meer hul leiers en stelsels vertrou
onie, waar ongelykheid (werklik of subjektief) nie aangepak word nie, en waar mense ’n gebrek aan respek waarneem, sal daar geweld wees. Geweld word dan gesien as aanvaarbare konflikoplossing.”
MEDIASTILTE
Volgens prof. André Duvenhage (ONDER), politieke ontleder aan die Noordwes-Universiteit, was dit verbasend hoe min beriggewing daar deur die amptelike media, soos diedie SASABC, was. Sy inligtingsbronne was hoofsaaklik h private bronne en sosialemediagroepe.
“Dit is duidelik nie as belangrik geag nie, of dit is gesien as slegte publisiteit. p Die staat het nie die nodig dige aandag aan die protes gegee nie, wat my nie heeltemal verbaas nie. “Verlede jaar het ons groot gewelddadige onluste in KwaZulu-Natal gesien, met nie
mand wat nog aangekeer is nadat die geweld beëindig is nie. Daar was geen optrede teen die betrokkenes nie.”
Daarna het geweld sporadies opgevlam. Moenie die Kirkwood-situasie as ’n suiwer arbeidsaangeleentheid beskou nie, waarsku hy, en wys op ander politieke motiewe en dryfvere op die agtergrond.
Duvenhage verbind die gebeure op Kirkwood met politieke onstabiliteit, kwessies wat verband hou met ontevredenheid, en binnegevegte binne die ANC wat al jare lank voortwoed, veral sedert 2017. Daar heers groot spanning in die regerende party in die Oos-Kaap, met verskeie streeksvergaderings wat tans plaasvind.
“Dit is natuurlik nie uniek tot die OosKaap nie. Daar is dieselfde probleme in Noordwes, waar mense met pangas en AK47’s opdaag om takvergaderings te manipuleer en te beheer. Hier word ’n politieke boodskap oorgedra. Dit hang saam met die politieke sentimente rakende die wysiging van artikel 25 van die Grondwet en die verdeling van grond wat daarmee saamhang.
“Die ANC het ’n belangrike beleidskonferensie in Julie waar lede terugvoer moet gee oor beleidsaspekte, waaronder wysigings aan artikel 25 van die Grondwet.” Daarby moet ook die ANC se nasionale konferensie aan die einde van die jaar gevoeg word.
Buiten die politieke aspekte het ekonomiese faktore ’n invloed. “Die Oos-Kaap kom uit een van die grootste droogtes in sy moderne geskiedenis, werkgeleenthede is beperk en mense trek swaar.”
SITUASIE KOMMERWEKKEND
Duvenhage sê wet en orde in Suid-Afrika stort tans in duie, met die polisie wat heeltemal misluk. “Die situasie is nie tot Kirkwood beperk nie. Eintlik is burgers toenemend op hulself aangewese om orde, stabiliteit en veiligheid te verseker.”
Sedert die vorige gewelddadige betogings in 2018, waartydens daar ook miljoene rande se skade aan infrastruktuur aangerig is, het boere in die vallei diep in hul sak gedelf om die gemeenskap te bemagtig en op te hef. Dit het egter nie die betogers gekeer om voort te gaan met die vernietiging van boere se eiendom nie.
“Boere loop in baie opsigte die ekstra myl om gemeenskapsontwikkeling te bevorder, veiligheid te handhaaf en infrastruktuur in stand te hou en te herstel waar die staat besig is om te misluk. Wat hulle terugkry, is letterlik stank vir dank.”
Duvenhage sê die les hieruit te leer is dat daar toenemend polarisasie gaan ontwikkel tussen die verslegtende politieke situasie van die ANC en die belange van die landbougemeenskap. Die staat het nie meer die vermoë om basiese dinge reg te doen ten einde die samelewing normaal te laat funksioneer nie.
AS GEWELD SEËVIER . . .
Volgens Vlok stuur die onluste ’n uiters gevaarlike boodskap aan Suid-Afrika. “Mense lees hierin dat geweld aanvaarbaar is, dat dit resultate bring, dat hulle nie aanspreeklikheid gehou gaan word nie en dat hulle hul eie heil in stede en dorpe moet uitwerk.”
Hy sê elke verantwoordelike leier en politikus moet baie bekommerd wees.
“Dit dien as verdere voorbeeld van die gevolge van Suid-Afrika se gebroke ekonomie, die land se werkloosheidsprobleme en dat die leierskap nie werklik in beheer is nie.”
Vlok sê hy werk saam met sy kliënte in die breër landbou en die sakegemeenskap om die groter prentjie te sien. Hoewel daar in die nabye toekoms aan die loonbedrae oo bed ae en die ekonomiese werklikhede e aandag gegee moet word, sal ’n paa ar denkskuiwe gemaak moet word. .
“As ons herhalings deur die jare wil vermy – en ons sien die patrone duidelik as ons terugkyk k
– moet ons iets doen om hierdi ie siklusse te breek. En dit is har rde, moeilike werk. Dit vereis ander perspektiewe en ander gereedskap.”
Vir van die oplossings, soos die verbetering van die ekonomie en doeltreffende aanspreeklikheid, sal die regering moet inspring. “Maar daar is baie wat ons kan doen om almal se posisie op kort én lang termyn te verbeter. Ons moet benewens die ooglopende geskilpunte (lone en onwettige immigrante) ook die werklike bronne of oorsake van die konflik verstaan en aanpak.”
Sy raad aan leiers is om doeltreffender plaaslike forums te skep wat gereeld en op
kdie regte manier met die gemeenskap kommunikeer en waar gerespekteerde plaaslike instellings geskep word wat die probleme en oplossings identifiseer voor sake weer op die spits gedryf word.
“Mense moet begin glo daar is alternatiewe vir geweld.”
Daarby sal vertroue en wedersydse respek aandag moet kry, en diegene wat nie die wet gehoorsaam nie, sal aanspreeklik gehou moet word. Daarvoor sal ’n stelselmatige plan deur konsultasie geskep en in werking gestel moet word vir elke unieke gemeenskap.
“Leiers sal hulself en hul ondernemings moet laat oplei in die nuutste en doeltreffende konflikbestuurbeginsels en dit begin uitleef.”
Dié tipe situasies sal beskou moet word as gemeenskapsprobleme, “nie as ons teen hulle nie. ’n Probleemoplossingsbenadering sal deel moet wees van die pad vorentoe. Anders gaan ons weer en weer hierdie situasie hê,” sê Vlok.
WAT SÊ DIE WET?
Volgens me. Marelize Roets (ONDER), arbeidsregkenner van ASAMBO wat met die Sondagsrivier-sitrusboere konsulteer, is dit noodsaaklik om te verwys na die vorige opstand in die Sondagsriviervallei, aanggesien dié dispuut ook oor looonverhogings gehandel het. ToeT het werkgewers en hul verteenwoordigersv ook met Sanco onderhandel en tot ’n vergelykv gekom ten opsigte va an loonverhogings.
“DieD 2018-protes het ook hand aan handh gegaan met geweld en misdaad, wat tot groot verliese gelei het.”
Sy sê Sanco is nie ’n geregistreerde vakbond nie. Dus sal die oplossing wees dat ’n vakbond wat by die departement van arbeid geregistreer is, intree om deel te neem aan hierdie onderhandelinge.
Die situasie is kommerwekkend, aangesien die sitrusbedryf in die gebied tot stilstand gedwing is.
“Die verliese wat in die sitrusbedryf gely word, is van só ’n aard dat afleggings onvermydelik sal wees.”
▶ Roets sê dit is noodsaaklik dat daar tydens kollektiewe bedinging besef moet word dat ’n eis billik en redelik moet wees. Die Wet op Basiese Diensvoorwaardes (Wet 75 van 1995) en die Wet op die Nasionale Minimum Loon (Wet 9 van 2018) dui aan wat die minimum standaard is waaraan elke werkgewer moet voldoen.
“Elke werknemer en werkgewer het egter die reg om te onderhandel oor werksomstandighede en voordele.”
Dié onderhandelinge moet egter ordelik plaasvind sonder dat een van die partye hom skuldig maak aan wangedrag en misdaad.
OPLOSSING STAP VIR STAP
Hoewel elke werkgewer die reg het om die hof te nader vir ’n interdik om sy eiendom te beskerm, sê Roets dat die oplossing vir die probleme wat ervaar word, nie noodwendig vanuit ’n regsperspektief opgelos sal word nie. Volgens haar sal die oplossing ook persoonsgedrewe moet wees, en stap vir stap bewerkstellig moet word deur verskeie strukture in plek te stel. Dié stappe sluit in: ■ Die werkgewers moet ’n forum skep waar
die onderhandelinge kan plaasvind.
■ Die onderliggende kwessies moet in die
forum aangehoor word.
■ Werkgewers moet ’n beleid van zero verdraagsaamheid hê teenoor misdaad wat spruit uit dispute tussen werkgewers en werknemers.
■ Werknemers word aangemoedig om by ’n vakbond aan te sluit wat by die departement van arbeid geregistreer is. Vakbonde moet aan verskeie vereistes voldoen en daar moet nie onderhandel word met organisasies wat nie geregistreer is nie.
■ Werkgewers moet arbeidsregkenners gebruik wat spesialiste is op die gebied om sodoende die nodige bystand te verkry met onderhandelinge.
■ Onderhandelinge moet gestruktureerd wees en ordelik plaasvind.
Roets meen hierdie stappe sal daartoe lei dat enige kwessie van wedersydse belang op ’n ordelike wyse aangepak word. “Die forum behoort te verseker dat daar na werkgewers én werknemers se regte omgesien word en dat billikheid en regverdigheid seëvier.”
Sy sê dit is duidelik dat alle betrokke partye ’n langtermynoplossing benodig. Die onderliggende kwessies moet so doeltreffend en spoedig moontlik uit die weg geruim word. ’n Interdik teen die beskadiging van eiendom sal slegs op kort termyn ’n oplossing wees en die bedryf benodig sekerheid vir die toekoms.
“Die sitrusbedryf vorm ’n groot deel van die Suid-Afrikaanse landbou en het ’n regstreekse impak op verskeie besighede in ander bedrywe.”
Roets sê die maatskaplike impak van die betogings sal nog lank ervaar word.
“Dit is noodsaaklik om die kwessies só aan te pak dat ’n langtermynoplossing bewerkstellig word om te verseker dat soortgelyke situasies nie weer ontstaan nie.”