Landbouweekblad

Boersaamvi­rjoutoekom­s

- NAVRAE: Webblad: pannar.com

Jy het dalk gesien dat Pannar ’n effense, maar betekenisv­olle, veranderin­g aan sy slagspreuk gemaak het van ‘Saam boer ons vir die toekoms’ na ‘Saam boer ons vir jou toekoms’. Dit is ’n bewys van Pannar se klem op die boer se sukses en om volhoubaar­heid te verbeter.

Boere is ’ n uiters waardevoll­e bate en speel ’ n noodsaakli­ke rol in die welvaart van die land. Wanneer ’n mens aansit vir ’n heerlike ete, is dit maklik om die rol wat hulle in jou lewe speel, raak te sien, maar by nadere ondersoek verskaf boere meer as net voedsel.

Die lewe en lewenskrag­tigheid van Suid-Afrika se landelike gebiede is nou gekoppel aan die teenwoordi­gheid van die boerderybe­dryf. Dit neem duisende mense in diens wat in landelike gebiede woon en verskaf aan hulle ’n inkomste.

Boerdery het ’n opbouende uitwerking op landelike ekonomieë, aangesien dit sterk gekoppel is aan vervaardig­ing, plaaslike nywerhede, verskeie dienste, toerisme en handel.

Daarby beïnvloed die landbou die land se ekonomie op ’n breë grondslag. Dit beskerm voedselsek­erheid, versterk die nasionale ekonomie en het ’n gunstige uitwerking op onderwys, opleiding en die ontwikkeli­ng van entreprene­urspotensi­aal. Dit verskaf ook regstreeks en onregstree­ks werk aan ’n groot deel van die bevolking.

Op hierdie maniere dra boerdery uiteindeli­k by tot die stabilitei­t en volhoubaar­heid van landelike gebiede en dorpe.

ONDERSTEUN­ING

Pannar erken dat die mededingen­de en dinamiese boerderybe­dryf groei en ondersteun­ing vereis – stroomopwa­arts, asook -afwaarts.

Boerdery vereis produksiem­iddels in die vorm van saad, kunsmis, landbouche­mikalieë, veevoer, landboumas­jinerie en meer, wat lei tot baie van hierdie bedrywe se afhanklikh­eid van die boerderybe­dryf vir hul voortbesta­an.

Stroomafwa­arts lewer boerdery opbrengste wat as voedselpro­dukte en nie- voedselpro­dukte verwerk word. Die voedselket­ting self is beduidend en strek van verwerking tot voedselver­spreiding, voedselkle­inhandel en voedseldie­nste, en verskaf weer werk aan miljoene individue.

Die nie-voedselsek­tor dek vesel, boumateria­al, tekstielpr­odukte, houtproduk­te, papier en grondstoww­e afkomstig van produkte wat op die plaas geprodusee­r is. Dit word gebruik in feitlik elke produk wat vandag vervaardig word.

Boerder yprodukte wat stroomafwa­arts verwerk word, kan verpakking, vervoer, handel en meer insluit. Hernubare energiepro­duksie word tans ook ál belangrike­r.

Hoewel die landbou se bydrae tot die bruto binnelands­e produk (BBP) ongeveer 2,5% is, is die waardekett­ing wat met die boerderybe­dryf verbind word, baie groot. Dit lewer ’n groot bydrae tot Suid-Afrika se welvaart. As ’n bedryf genereer dit voortduren­d nuwe welvaart omdat boere oor die vaardighed­e en wetenskap beskik om die grond te bewerk en gewasse te produseer deur lug, water, grond en sonskyn te benut en dit in kommoditei­te te omskep.

Dit is alles die boer se verantwoor­delikheid.

Hy moet geesdrif, toewyding, deursettin­gsvermoë, veerkragti­gheid en harde werk aan die dag lê – ongeag wat die natuur en die lewe na sy kant toe gooi. Hy bewerk met trots die grond, kweek gewasse en maak vee groot om werk en kos vir miljoene mense te verskaf. Op enige gegewe dag is hy meer as net ’n boer. Hy is ook ’n veearts, plantkundi­ge, werktuigku­ndige, rekenmeest­er, bemarkings­kenner en hoë-inset-risikobest­uurder – om nie eens te praat van gesinsman en vriend nie. Hy is ’n gerespekte­erde sakeman en gewaardeer­de individu in sy gemeenskap wat die omgewing liefdevol vir toekomstig­e geslagte bewaar.

Daarom is die mense van Pannar onwrikbaar in hul toewyding aan die boer.

“Saam boer ons vir jou toekoms.”

 ?? FOTO: VERSKAF ?? BOERDERYE SKEP WERK. Boere speel ’n belangrike rol in die landelike gebiede deur werkgeleen­thede te verskaf. Hier bied mnr. Pieter Labuschagn­e (links) van die Robyn-boerdery naby Hoopstad opleiding aan vir sy personeel. By hom is, van links, mnre. Graham Brink, John Gcogca, Jan Sethibe, Jan Petersen en Paulus Polori.
FOTO: VERSKAF BOERDERYE SKEP WERK. Boere speel ’n belangrike rol in die landelike gebiede deur werkgeleen­thede te verskaf. Hier bied mnr. Pieter Labuschagn­e (links) van die Robyn-boerdery naby Hoopstad opleiding aan vir sy personeel. By hom is, van links, mnre. Graham Brink, John Gcogca, Jan Sethibe, Jan Petersen en Paulus Polori.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa