Landbouweekblad

LBW VRA . . .

Mnr. Hannes Bruwer

-

Watter tegnologie is onmisbaar?

GPS op werktuie en die internet. Daar is bykans daagliks dinge waaroor ek wonder, inligting soek, lees of op die radio of by ’n buurman hoor. John Deere se GPS-stelsels is só gevorderd dat ek my werktuie met behulp van die JDLink-toepassing kan volg en toegang tot al die data op my foon het. Dieselverb­ruik en basies enigiets wat werktuie se data betref, is daarop beskikbaar. Veral die afgelope twee jaar was uitermatig nat en dele het basies heeltyd in ’n versuiptoe­stand verkeer. Voordat die water kon dreineer, het die gewasse op die laer dele versuip. Dan is die bestuur van bogrondse water baie belangrik. Ek verkry data vanaf liggingska­arte van lande wat ons geoes het om die ligging en vloei van die bogrondse water presies te bepaal en te herontwerp om dit beter te bestuur, sodat dit uit die lande vloei en beter versprei.

Wat is die beste raad wat jy tot dusver gekry het?

Hou aan uitbrei, planne beraam en groei. As jy nie vorentoe gaan nie, gaan jy agteruit. Dít het my pa, Vickie, my geleer.

Wat is die grootste boerderyfo­ut wat jy begaan het?

Ek het al geleer dat hoe swaarder dit gaan, hoe meer aanry-smouse en kenners daag op die plaas op. Party van hulle, wat nie jou praktyke of grond ken nie, gee gewoonlik die meeste raad, wat dikwels gevaarlik is.

Wie was jou mentor?

Ek is bevoorreg om deur baie mense gementor te word en wil niemand uitsonder nie. Ek hou daarvan om skouers te skuur met ouer of wyser mense as ek. Daar is ’n gesegde: “If you are the smartest person in the circle, you are in the wrong circle.” ’n Mens leer baie keer by dié een waar jy dit die minste verwag. My ouers was nog altyd ’n wonderlike voorbeeld vir ons en ons het baie by hulle geleer. Hier is ook ’n klompie ouer boere en mense wat al vriende is, wat ek gereeld as klankbord gebruik en by wie ek met vrymoedigh­eid oor basies enigiets kers opsteek; van ’n oudonderwy­ser tot ’n plaaswerke­r wat al lank by ons werk.

Wat is jou grootste probleme in die boerdery?

Swak paaie waarop boere se produkte vervoer moet word en Eskom se onbetrouba­arheid.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa