Landbouweekblad

MAAK ’N VERSKIL

-

Mnr. Rick van der Merwe, wat in Januarie vanjaar vir die eerste keer op die ouderdom van 32 oorsee gaan werk het, is een van die landbouwer­kers wat danksy mnr. Tony Katz ’n werk op ’n Amerikaans­e beesplaas gekry het. Hy was voorheen betrokke by hul familieboe­rdery in die Vrystaat.

Sy dagtake sluit gewone plaaswerk in, soos om drade reg te maak, en die bestuur van kalftyd.

Hy het besluit om as seisoenwer­ker in Amerika te gaan werk om daar ’n verskil in ’n ander boere se lewe te maak. Daarby is daar geleenthed­e om te groei, met werk wat skaars is in Suid-Afrika. Nog ’n rede waarom hy gegaan het, is om vir sy vrou en kind wat in Suid-Afrika agtergebly het, te kan sorg.

“Jy kom hierheen om ’n verskil te maak, om ’n boer te kom help en om vir jou gesin by die huis te kan sorg. Dit is nie ’n maklike skuif nie, maar dit is ’n goeie skuif.”

Hoewel daar baie hard gewerk word, word hy waardeer.

“Dit is baie lekker werk. Ek is dol daaroor en geniet elke oomblik.” Dit was wel ’n aanpassing om in temperatur­e van -25 ºC tot -30 ºC in dik sneeu en met dik klere aan te werk.

“Hoewel die geld goed is, word daar vir elke sent gewerk. Niemand moet dink hulle gaan partytjie hou nie. Jy moet die regte ingesteldh­eid hê om hierheen te kom. As jy kom om die dollar te jaag, gaan jy swaar trek.”

Van der Merwe sê hy sal solank hy kan, die werk probeer doen en elke jaar as seisoenwer­ker oorgaan en dan terugkom Suid-Afrika toe.

Hy sal wel daarvan hou as hy ’n groenkaart kan kry sodat hy sy gesin kan saamneem om daar te bly.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa