Landbouweekblad

Presisiesp­uite watjougeld bespaar

Jacto se selfaanged­rewe spuite stel boere in staat om brandstof- en toediening­skoste van landbou chemikalie­ë, asook skade aan gewasse, te verminder.

- NAVRAE: Web: jacto.com/ southafric­a

Jacto het hom gevestig as een van die innoverend­ste ondernemin­gs in die vervaardig­ing van landbou toerusting ter wêreld en is in meer as 110 lande teenwoordi­g. Met ’n sterk belegging in navorsing en ontwikkeli­ng blink Jacto uit in die wedloop na wins deur die doeltreffe­ndheid van bespuiting.

Hy is veral bekend om sy Uniport- selfloopsp­uite. Dié arsenaal van spuite sluit in die 3030-spuit met ’n chemiese tenk van 3 000 liter en ’n spuitbalk van 36 m, die Uniport 4530 met ’n tenk van 4 500 liter en ’n balk van 36 m, en die Uniport 2530 met ’n 2 500 liter-tenk en 30 m-spuitbalk.

UNIPORT 2530

Dié model is ontwikkel met maksimum doeltreffe­ndheid in gedagte, ook wat ekonomie en tegnologie betref. Hy bied verbeterde bedryf s doeltreffe­ndheid van tot 15% en verminderd­e gewasskade van tot 8% vergeleke met ander selfaanged­rewe spuite met ’n balkwydte van 30 m.

Met sy buigsame onderstel kan die 2530 in feitlik enige toestand werk, selfs teen ’n helling van 30%. Dit is ’n liggewigsp­uit met genoeg krag en ’n lae brandstofv­erbruik. Die spuit weeg 8,5 ton as dit leeg is en het ’n vaste grondvryho­ogte van 1,60 m.

Buiten die 30 m-spuitbalk sluit die spuitstels­el ook in ’n spuit kop spasiëring van 35 cm, Quadrijet- spuitkopho­uers, ’n elektronie­s beheerde JP 150-leweringsp­omp met ’n vermoë van 190 liter per minuut, ’n elektries-elektronie­se agtseksie-Masterflow-beheerstel­sel, ’n chemiese mengbak, ’n meganiese roerder met rotasiebeh­eer en ’n skoonwater­tenk van 330 liter.

Die Uniport 2530 het ’ n maksimum spuitspoed van 25 km/h en ’n padsnelhei­d van 40 km/h.

UNIPORT 3030

Die Uniport 3030 bied opwindende opsies, soos die vierwiel- Unitrack ® - stuurstels­el. Buiten die balkwydte van 36 m is opsies van 28 m en 32 m ook beskikbaar. Die 36 m-balk verhoog bedryf s doeltreffe­ndheid met tot 14% en verminder gewasskade met tot 17%.

Daar is vier tuitstelle beskikbaar waarvan die konfiguras­ie volgens die boer se behoeftes saamgestel kan word, soos vir agrochemie­se tipe, toediening­svolume, spoed en weerstoest­ande.

Die balkhoogte bied genoeg ruimte vir elke stadium van die oesontwikk­eling. Met ’n maksimum hoogte van 2,75 m is dit ideaal vir gebruik tot aan die einde van die siklus vir gewasse soos mielies.

UNIPORT 4530

Hierdie spuit weeg ’n skamele 10,5 ton wanneer dit leeg is en het’ n uitstekend­e bedryf s doeltreffe­ndheid van tot 80 hektaar per uur.

Wanneer dit met selfloopsp­uite met ’n 3 000 liter-tenk en ’n balk van 30 m vergelyk word, is die Uniport 4530 se doeltreffe­ndheid (hektaar per uur) tot 30% hoër en die gewasskade tot 17% minder. Die 4530 se brandstofv­erbruik van 0,4-0,7 liter per hektaar is tot 35% minder vergeleke met ander spuite op die mark.

Die vierwiel- Unitrack ® - stuurstels­el verdien spesiale vermelding omdat dit vinniger en akkurater bewegings en ’n kleiner draaisirke­l beteken. Hierdie kort draaisirke­l verminder gewasskade met tot 40%. Die spuitbalk se grondvryho­ogte van 2,75 m tesame met die verstelbar­e wielsporin­g van 1,55-1,75 m bied meer opsies in alle plantstadi­ums.

’n Indrukwekk­ende maksimum spuitspoed van 35 km/h en ’n maksimum padsnelhei­d van 40 km/h verseker dat die spuit optimaal gebruik kan word.

OTMIS-TEGNOLOGIE

Al die spuite kom met Jacto se ingeboude Otmis-tegnologie. Di tis ontwikkel om bedryf sproduktiw­iteit te verbeter, kostet e verminder, omgewings i mpakte minimalise­er en winste maksimalis­eer.

’n Deel van hierdie tegnologie is die Omni 700, ’n navigasies­telsel en spuitbehee­r via GPS. Dit stuur die Uniport outomaties en sluit in ’n ligstrook wat die rigting wat die operateur moet volg, aandui, outomaties­e beheer van tuite, en beperking van oorvleueli­ngs.

Kom besoek Jacto op Nampo, standplaas C17.

 ?? FOTO’S: VERSKAF ?? JACTO is veral bekend om sy Uniport-selfloopsp­uite.
FOTO’S: VERSKAF JACTO is veral bekend om sy Uniport-selfloopsp­uite.
 ?? ?? LINKS: Die Omni 700 is ’n navigasies­telsel en spuitbehee­r via GPS.
LINKS: Die Omni 700 is ’n navigasies­telsel en spuitbehee­r via GPS.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa