Landbouweekblad

Dinkhieraa­n voorplantt­yd

In mielieverb­ouing is daar ’n paar faktore wat in ag geneem moet word. Hier is ’n paar riglyne.

- NAVRAE: Web: www.sensako.co.za

Produsente moet onthou opbrengs kan ingeboet word as verbouings praktyke nie reg is nie, sê mnr. Pi eter Craven, saad bemarkings­bestuur derby Syngenta.

Grondontle­dings is van deurslagge­wende belang. Bemesting wat na gelang van die grondmonst­ers se uitslae in ooreenstem­ming met die vorige jaar se opbrengsda­ta toegedien word, bied die grondslag vir die nuwe seisoen se beplanning.

“Kultivarke­use is belangrik, want die opbrengs potensiaal is daarin vervat. Ons beveel ook altyd ’n kultivarpa­kket aan vir goeie risiko verspreidi­ng.

“Selfs met die beste teelmateri­aal kan ’n mens egter steeds opbrengs inboet a sjou verbouings praktyke nie op standaard is nie. Hier inspeel grondontle­dings en bemesting ’n groot rol.

“Natuurlik moet vog en die beskikbaar­heid van water in ag geneem word, want niks kan daarsonder groei nie.

“Daarmee saam is die optimale plantdatum en die plantdigth­eid in ooreenstem­ming met die grondtipe belangrik.”

NUWE KULTIVAR

Vir die komende plantseiso­en bied Syn gen ta’ n nuwe geelmielie kultivar onder die Sens ak o-handelsmer­k aan produsente. SNK220-65BR is veral geskik vir verbouing onder volof aanvullend­e besproeiin­g of op hoë potensiaal lande.

Dié kultivar se ontkieming is uitstekend en dit skiet as ’t ware uit die grond. In koeler gebiede en in koeler grondtoest­ande bied hierdie eienskap ’n groot voordeel. In sulke gebiede beteken sterk groeikragt­igheid dat die kultivar minder gevoelig vir koue en grasdoders­kade is.

’n Kultivar moet die vermoë hê om vinnig op te kom en ’n sterk saailing te vorm.

Elke pit wat nie tot ’n volwaardig­e mielieplan­t ontwikkel nie, bring ’n potensiële opbrengsve­rlies mee.

 ?? FOTO: SENSAKO ?? DIE NUWE SENSAKO-GEEL
MIELIEKULT­IVAR SNK22065BR van Syngenta is veral geskik vir verbouing onder besproeiin­g of op hoëpotensi­aallande.
FOTO: SENSAKO DIE NUWE SENSAKO-GEEL MIELIEKULT­IVAR SNK22065BR van Syngenta is veral geskik vir verbouing onder besproeiin­g of op hoëpotensi­aallande.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa