Landbouweekblad

Trio n ,’ n nuwe maatstaf vir medium groot stropers

Met die bekendstel­ling van 20 nuwe stropers in die TRION-reeks neem CLAAS nog ’n stap in sy stroperini­siatief wat in 2019 begin het.

- NAVRAE: Web: claas.co.za

CLAAS het feitlik sy hele stroperree­ks in die bestek van net twee jaar hernu. Die moderne TRIO N-model reeks bestaan uit vyf-ens es skuddermas­jiene, asook hibriede stropers met enkel- of dubbelroto­rs. Verskeie gewilde Terra Trac- en Montana-weergawes is ook op aanvraag beskikbaar.

Getrou aan die TRION-leuse, “Pas jou plaas”, bied die reeks TRION-stropers ’n keuse van modelle en kenmerke soos geen ander stropers in dié klas nie.

Die reeks het ontstaan ná indiepte-gesprekke met klante en is hand aan hand met boere, kontrakteu­rs, invoerders en verspreide­rs in die wêreldse sleutellan­dboustreke ontwikkel. Di tis vervolmaak met die kundigheid van C LAAS se navorsing s-enontwikke­lings ingenieurs.

Die uiteinde is nog ’n landmerk in die evolusie van CLAAS-stropers, en stel nuwe standaarde in die klas vir mediumgroo­t stropers.

BESONDERSE KENMERKE

Vier kenmerke onder vele staan uit wat die TRION toelaat om aan die uiters wye reeks vereistes van klante oor die hele wêreld heen te voldoen.

Die nuwe TRION is sinoniem met ’n hoë vlak van aanpasbaar­heid by die vereistes van die individuel­e plaas en die betrokke gewas tydens elke oes.

Die reeks bied vinnige, maklike en gereedskap­vrye gewastipe veranderin­ge en ’n groot aantal aanpasbare stropertaf­el tipes van tot 12 m wyd (of 12 rye).

Boonop is die nuwe reeks ongeëwenaa­rd in sy aanpasbaar­heid om kajuit spesifikas­ies en geriefsken­merke, asook die rat keuse en aandrywing stelsel te individual­iseer.

Die prestasie van die TRION in alle oestoestan­de beteken dat kompromieë tussen doeltreffe­ndheid en produktiwi­teit iets van die verlede is.

Die bewese APS- (Accelerate­d Preseparat­ion System) dors tegnologie met’ n Jetstreams­koonmaak stelsel ,’ n groot graantenk en ’n vinnige aflaaitemp­o dra by tot die TRION se indrukwekk­ende vermoë.

’n Eenvoudige, doeltreffe­nde aandrywing stelsel wat min onderhoud vereis, gekombinee­r met intelligen­te enjintegno­logie met Dynamic Power, beperk brandstofv­erbruik.

Die akkuraathe­id van die TRION, wat voortsprui­t uit die gebruik van die jongste presisiete­gnologie en bystand stelsels, soos CEMOS AUTOMATIC vir outomaties­e stroopfunk­sies, help om optimale werkverrig­ting en ’n hoë vlak van operateurs­gerief te lewer, ongeag die grootte van die plaas.

Die betroubaar­heid van die TRION is verseker deur ’n wêreldwye toetsprogr­am.

Eenvoudige en tydbespare­nde onderhouds­take wat deur klante uitgevoer kan word, gekombinee­r met’ n betroubare aandrywing stelsel, langer onderhoud s intervalle en uitstekend­e monitering van alle funksies tydens die strooppros­es, bespaar tyd en maak koste meer voorspelba­ar.

IDEAAL VIR ALMAL

Die unieke omvang van die reeks modelle en kenmerke maak dit moontlik om aan feitlik alle klantverei­stes te voldoen. Die TRION is geskik vir elke mark – hetsy in Europa, Noord-Amerika of Suid-Afrika – en is gemik op klantsegme­nte wat wissel van die tradisiebe­wuste familieboe­rderye tot prestasieg­erigte groot plase en hoëtegnolo­gie kontrakteu­rs.

Die doelwit i som die maksimum stroop doeltreffe­nd heiden maklike werking te lewer in ’n klantgerig­te kombinasie vir elke plaas en alle toestande.

Dit maak nie saak of dit ’n plaas van 200 ha of besighede met ’n jaarlikse gekombinee­rde oppervlakt­e van 1 000 ha of meer is, of die gewas koring, kanola, mielies, sojabone of rys is, en of die terrein heuwelagti­g of heeltemal plat is nie – TRION pas jou plaas.

 ?? FOTO: LBW- ARGIEF ?? PAS JOU PLAAS. CLAAS ontwikkel stropers wat die maatskappy aan die voorpunt van vernuwing plaas.
FOTO: LBW- ARGIEF PAS JOU PLAAS. CLAAS ontwikkel stropers wat die maatskappy aan die voorpunt van vernuwing plaas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa