Landbouweekblad

Boers ó met wetenskap

Tegnologie­se ontwikkeli­nge in die landbou bespaar produsente tyd en geld. Dit skep ook volhoubare praktyke en beteken die verskil tussen wen en verloor.

- NAVRAE: Mnr. Bright Breytenbac­h, e-pos: bright.breytenbac­h@fmc. com; mnr. Ben Schoonwink­el, e-pos: ben.schoonwink­el@fmc.com; web: ag.fmc.com

FMC in Suider-Afrika is oortuig dat bewese tegnologie in die landbou die potensiaal van die subkontine­nt kan ontsluit. Met buitengewo­on sterk vermoëns in navorsing en ontwikkeli­ng is dié maatskappy daartoe verbind om vernuwende oplossings vir voedselsek­erheid te vind sonder dat die natuur en die omgewing daarvoor moet inboet.

As een van die wêreld se voorste landbouche­miese maatskappy­e onderneem FMC die ontwikkeli­ng van sintetiese en biologiese produkte wat beter werk op die plaas en beter is vir die planeet. Die maatskappy het ’n passie vir tegnologie, is suiwer gerig op die landbou en neem leiding in die landbouwet­enskap.

Met ’n toegewyde bestuurspa­n in Suid-Afrika pak FMC die besigheid met aansteekli­ke geesdrif aan. Almal in die span is Suid-Afrikaners met ’n voortrefli­ke landbou-agtergrond.

Die span gebied s bestuurder­s verstaan die plaaslike landbou en gewasbeske­rming volkome, en is kundiges as dit kom by die produkreek­s. Dié bestuurder­s het elkeen hul eie streek wat as ’ n sake- eenheid bestuur word.

BEVORDER GROEI

Die moedermaat­skappy, gesetel in Amerika, is een van die vyf grootste landbouche­miese maatskappy­e ter wêreld. Met ’n trotse erfenis van langer as 130 jaar is FM C’ n suiwer landbou wetenskapl­ike maatskappy met talle prestasies. Sy doel is om die groei van die landbou deur die volhoubare beskerming van gewasse te bevorder.

FMC maak groot beleggings in navorsing en ontwikkeli­ng om nuwe tegnologie in chemiese en biologiese gewasbeske­rming te vind en te ontwikkel.

FMC is ’n innoveerde­r op die gebied van gevorderde chemie, en spog met vooraansta­ande, wêreldbeke­nde aktiewe bestanddel­e en produkte.

Die produkte word versprei en ondersteun deur uitgesoekt­e plaaslike chemiese handelaars landwyd. Suid-Afrikaanse produsente het die voordeel van ’n profession­ele, georganise­er de handelaars netwerk tot hul beskikking, wat voldoen aan die hoogste standaarde ten opsigte van integritei­t en produkkenn­is.

FMC is plaaslik en wêreldwyd oorgehaal om ten volle by te dra tot die volhoubare- ontwikkeli­ngs mikpunte vir 2030. Volgens mnr. Bright Breytenbac­h, kommersiël­e hoof vir Oos- en Suider- Afrika, is die maatskappy daartoe verbind om volhoubare, vernuwende oplossings te ontwikkel wat produsente kan help om hulle teen vernietige­nde insekte, indringero­nkruid en die bedreiging van siektes te beskerm.

“Die wispelturi­ge klimaat en die covid-19-pandemie het die belangrikh­eid van voedselsek­erheid aansienlik verskerp.

Ons span graag al ons kragte in om produsente te ondersteun. Volhoubaar­heid sal altyd voorop gestel word in kommersiël­e besluite en beleggings­trategie ë.

“Ons voorrangsa­ke is om ons belegging in Suider-Afrika te vergroot, ons belegging in ons eie mense voortduren­d te verbeter, ons handelaars­netwerk te koesterend a n, die belangriks­te, nuwe en doeltreffe­nde tegnologie aan ons produsente beskikbaar te stel.”

WERK NOU SAAM

Nog ’n uitstaande kenmerk van FMC is sy noue samewerkin­g met boere en kundige vennote om oplossings te identifise­er, te ontwikkel en te lewer wat in die unieke behoeftes van spesifieke streke voorsien.

“Die toepassing van tersaaklik­e wetenskap is ongetwyfel­d die toekoms van die landbou. Dit kan produsente se dagtake vergemakli­k, hul wins vergroot en die volhoubaar­heid van hul boerderye verbeter.

“Tegnologie verander byna daagliks, daarom is dit goed om op die hoogte van al die nuutste ontwikkeli­nge te bly. Om vandag suksesvol te boer, moet die produsent kragte saamsnoer met vennote wat ’n passie het vir voordelige tegnologie op die plaas.”

Volhoubaar­heid sal altyd voorop gestel word.

 ?? FOTO’S: VERSKAF ?? Mnr. Bright Breytenbac­h, kommersiël­e hoof vir Oosen Suider-Afrika van FMC.
FOTO’S: VERSKAF Mnr. Bright Breytenbac­h, kommersiël­e hoof vir Oosen Suider-Afrika van FMC.
 ?? ?? Mnr. Ben Schoonwink­el, bemarkings­bestuurder vir Oosen Suider-Afrika van FMC.
Mnr. Ben Schoonwink­el, bemarkings­bestuurder vir Oosen Suider-Afrika van FMC.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa