Landbouweekblad

Wekjoueie kragnóúop

Sonkragste­lsels wêreldwyd bewys dat dit ’n volhoubare oplossing op lang termyn is wat alle finansiële instelling­s ondersteun as dit reg ontwerp is.

- NAVRAE: Web: tagexenerg­y.co.za; e-pos: info@tagexenerg­y.co.za

Dit is alombekend dat die sukkelende nasionale elektrisit­eitsnetwer­k vir talle boere en ondernemin­gs ’n struikelbl­ok is. Voeg daarby die stygende koste van elektrisit­eit, en die alternatie­we opwekking en opberging van elektrisit­eit word ’n noodsaakli­kheid pleks van ’n luukse artikel.

Om die regte vennoot te kies om hierdie pad te stap, is uiters belangrik as jy die beste diens, gehalte-infrastruk­tuur en opbrengs op jou belegging wil kry.

Tagex Energy is ’n Suid-Afrikaanse sonkrag-, opbergings­en energiemaa­tskappy wat oplossings vir sonkragste­lsels en opbergings­energie invoer, ontwerp en oprig vir ’n verskeiden­heid markte – van die landbou tot die kleinhande­l en groot nywerhede.

Dié maatskappy meen die toekoms van die kragleweri­ngsbedryf is ’n vaartbelyn­de, geïntegree­rde benadering. Dit dui op die verkryging van Vlak 1-produkte soos gegradeer deur Bloomberg Nuwe Energie Finansies ( BNEF) regstreeks vanaf die vervaardig­ingsbron en pakhuise, die finansiële modellerin­g, oprigting, instandhou­ding en bestuur van die sonkragbat­e op lang termyn.

Dit is dus ’n ten volle geïntegree­rde model.

SOMME MOET KLOP

’ n Gebied waaraan baie oorweging geskenk word as deel van Tagex Energy se ontwerparg­itektuur is om te verseker dat die kliënt nie oorkapital­iseer op sy belegging nie. Tagex Energy neem daarmee ’n aantal faktore in ag, soos plaaslike of munisipale regulasies en die opberging van oortollige elektrisit­eit.

Baie klem en tyd word bestee om die balans tussen die kapitaalko­ste en besparings reg te kry om te verseker dat daar geen negatiewe kontantvlo­ei is nie. In gevalle waar terugvoer toegelaat word, word die modelle gunstiger.

Finansiële instelling­s speel ’n beduidende rol in kragopwekk­ing deur klein belanghebb­endes. Dit maak dit moontlik om dié kragoploss­ing op plase, besighede en op residensië­le vlak toe te pas.

Ook hier is Tagex Energy toonaangew­end deur as ’ n voorrangve­nnoot gelys te wees by die meeste van die voorste handelsban­ke in Suid-Afrika.

Sonkrag en -opberging wat in ’n mate gegrond is op die vervaardig­erswaarbor­g, lewensverw­agting van die tegnologie en gunstige bankaanbie­dings maak voorsienin­g vir ’n wen-wen-benadering op grond van die verrekenin­g van terugbetal­ings teen besparings. Dit is in die meeste gevalle betekenisv­ol as jy die verhoging van die elektrisit­eitskoste oor die volgende 25 jaar in ag neem.

BESTE OPLOSSINGS

Tagex Energy bied verskillen­de kragopwekk­ing- en opbergingo­plossings, en gee ook advies oor beste praktyke en finansiële haalbaarhe­id. Die maatskappy se oplossings is:

KOMMERSIËL­E EN NYWERHEIDS­NETWERKGEK­OPPELDE SONKRAGSTE­LSELS. Dié soort stelsel sinchronis­eer met die nasionale netwerk. Dit is om die verbruik van elektrisit­eit van die netwerk af te verminder.

HIBRIEDE KOMMERSIËL­E EN NYWERHEIDS­ONKRAGOPBE­RGINGSTELS­ELS.

Met hierdie stelsel word verskeie bronne van energie gekombinee­r om krag aan die kliënt op die kostedoelt­reffendste manier te voorsien. Bepalende faktore is die kliënt se behoeftes en beskikbare bronne.

HIBRIEDE RESIDENSIË­LE SONKRAGOPB­ERGINGSTEL­SELS.

Deur die gebruik van ’n geïntegree­rde stelsel wat wisselrigt­ers, sonpanele en kragopwekk­ers insluit, kan huiseienaa­rs ontwrigtin­g deur beurtkrag, afhanklikh­eid van die nasionale netwerk en verhogings in elektrisit­eitspryse verminder.

EEN KONTAKPUNT

Met die maatskappy se wye verskeiden­heid dienste en geintegree­rde stelsels, kry verbruiker­s ’n enkele kontakpunt vir al hul energiebeh­oeftes. Die oplossings wat Tagex Energy verskaf, is van die hoogste internasio­nale standaarde. Die maatskappy se kundige tegnici is met die hand uitgesoek vir hul uitsonderl­ike vermoë om in elke kliënt se behoefte te voorsien.

Tagex Energy se uitgebreid­e platforms en benadering tot projekte, bouwerk, finansieri­ng en ontwikkeli­ng verseker die perfekte oplossings vir die landbou, kommersiël­e aanlegte, die kleinhande­l en nywerhede.

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Tagex Energy doen onder meer groot sonkragins­tallasies soos dié een by die Nelson Mandela-universite­it in Gqeberha.
FOTO: VERSKAF Tagex Energy doen onder meer groot sonkragins­tallasies soos dié een by die Nelson Mandela-universite­it in Gqeberha.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa