Landbouweekblad

AFGRIfokus opdieboer

Met ’n ryke geskiedeni­s van 99 jaar is dit ’n voorreg vir AFGRI om steeds die boer en sy landboubes­igheid eerste te stel. Met sy kerndienst­e en produkte is hy ’n vennoot vir die boer.

- NAVRAE: Web: www.afgri.co.za

Die landboumaa­tskappy AF GRI streef na deurlopend­e vooruitgan­g en om sy visie as volhoubare en strategies­e vennoot in landboubes­igheid uit te leef.

“AFGRI het homself gevestig as een van die voorste landboubes­ighede in Suid-Afrika en in geselektee­rde internasio­nale markte wat ’n verskeiden­heid produkte en dienste aan die landbousek­tor bied, met die boer as kernvennoo­t.

“AFGRI het oor die jare verskillen­de produkte ontwikkel wat vandag in kernbesigh­eidseenhed­e gehuisves word,” sê mnr. Norman Celliers, uitvoerend­e hoof van die AFGRIgroep.

MEGANISASI­E

AFGRI Equipment is die grootste John Deere-agentskap buite die grense van Noord-Amerika. Dit sluit in ’n leidende posisie in Suid-Afrika met 23 takke, en in Wes-Australië is daar 19 strategies­e takke.

AFGRI Equipment is die verskaffer van pasgemaakt­e meganisasi­etoerustin­g en bied ondersteun­ing met mobiele dienste en instandhou­dingswerks­winkels om moeitevrye bestuur van die landbouvlo­ot te verseker.

Landwye werkswinke­ls word deur gekwalifis­eerde, John Deere-geakkredit­eerde personeel beman.

GRAANDIENS­TE

AFGRI is ’n leier op die gebied van die hantering en opberging van mielies, koring, sonneblom, sojabone en sorghum. AFGRI Graanbestu­ur bied veilige opberging van graan in ’n infrastruk­tuurnetwer­k met ’n opbergings­kapasiteit van meer as 5 miljoen ton. Wêreldklas­tegnologie in voorraadbe­stuur en verwante dienste posisionee­r AFGRI as ’n deskundige in graanbestu­ur.

VEEVOERPRO­DUKTE

AFGRI Veevoere speel ’ n noodsaakli­ke rol in die voedselket­ting deur onverwerkt­e materiale van hoë gehalte te verwerk tot gebalansee­rde voere vir uitstekend­e veeproduks­ie. Dit is een van Suid Afrika se toonaangew­ende veevoerpro­dusente en het strategies geleë meulens en silo’s reg oor die land om produkte vir die optimale prestasie van diere maklik bekombaar te maak.

Met behulp van sy ervare personeel, keurproduk­te, advies en dienslewer­ing onderneem AFGRI Veevoere om tegniese kundigheid aan boere te bied, toenemende produksieb­ehoeftes te vervul, en ’n positiewe bydrae tot voedselopb­rengs en voedselsek­erheid te maak.

AFGRI Veevoere vervaardig ’n omvattende reeks voere waarvan herkouer-, pluimveeen varkvoere die kern van die besigheid vorm.

OPLEIDING

Lemang Agricultur­al Services bied aan boere en ondernemin­gs ’ n verskeiden­heid opleidings- en ontwikkeli­ngskeuses, met die doel om nuwe-era-boere te ondersteun op ’n manier wat verseker dat hulle onafhankli­k en ekonomies suksesvol is.

AFGRI verstaan wat dit verg om ’n suksesvoll­e boer te wees. Dit is om hierdie rede dat hy sy nuwe-era boere-inisiatief in 2012 van stapel gestuur het, nou bekend as Lemang Agricultur­al Services.

MEULENS

AFGRI Milling verwerk mielies en koring tot bestandeel vir die industriël­e voedselmar­k. As markleier sluit hy ’n vennootska­p met verwerkers om slegs die beste unieke bestandele te vervaardig deur innoverend na pasmaak-oplossings te soek. Alle geriewe is toegerus met hoogs tegnologie­s ontwikkeld­e toerusting en voldoen aan die hoogste voedsel- en veiligheid­standaarde.

As leier in die bedryf werk hy in vennootska­p saam met sy kliënte om unieke oplossings te bied.

FINANSIERI­NG

AFGRI wil die landbousek­tor ondersteun deur pasgemaakt­e huurkoopfi­nansiering in vennootska­ppe met boere en ander boerderyve­rwante kliënte, hoofsaakli­k in Suid-Afrika.

VERSEKERIN­G

UNIGRO Insurance Brokers het diepgaande kennis van en ondervindi­ng in alle aspekte van korttermyn- en lewensvers­ekering. Dit stel die maatskappy in staat om kliënte te help om potensiële risiko’s te identifise­er en pasgemaakt­e oplossings te verskaf om daardie risiko’s te versag.

INSETTE EN HANDEL

AFGRI se doel is om te sorg vir die boere wat vir Suid-Afrika en sy mense sorg. Deur aan sy kliënte kundige advies, betroubare handelsmer­ke en gehaltepro­dukte teen die beste pryse te bied, kan boere aangaan met die moeilike taak om die land te help floreer.

AFGRI Retail het ’n voetspoor van 33 winkels en 28 vulstasies reg oor Gauteng, KwaZulu-Natal, Mpumalanga en die Oos-Vrystaat, en help ook met sy kliënte se boerderybe­hoeftes. Dit sluit in alle insetprodu­kte soos saad en kunsmis, asook plaagbestr­yding. Die res van die uitgebreid­e behoeftes sluit produkreek­se in wat AFGRI Retail deurlopend voorsien.

NAMPO

AFGRI nooi boere uit om hom tydens die Nampo-oesdag by standplaas E29 te besoek waar sy kundige personeel met goeie raad en diens sal regstaan. Kom deel gerus julle landboubeh­oeftes met ons.

“Deurlopend­e interaksie tussen AFGRI-personeel en sy vennote is waardevol om seker te maak die maatskappy bedien sy kliënte optimaal,” sê Celliers.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa