Landbouweekblad

Bevorderge­netiese vooruitgan­gsó

Wetenskap, tegnologie, infrastruk­tuur, digitale vermoë en bemarking beïnvloed die manier waarop verbruiker­s en boere funksionee­r.

- NAVRAE: Web: vytelle.com

Data toon beeste is die voer- ondoeltref­fendste proteïenve­rskaffers in vergelykin­g met ander diereprote­ïen. Dit, tesame met verbruiker­svraag na volhoubaar­der geprodusee­rde vleis en melk, en die koms van alternatie­we proteïenbr­onne vereis van beesboere wêreldwyd om hul sakemodell­e en praktyke te heroorweeg.

Genetiese vooruitgan­g is ’n bewese oplossing om ’n verbruiker­sgedrewe, volhoubare aanbod van vleis en melk te skep. Die beesbedryf kon tot op hede beperkte genetiese vordering maak met ekonomiese en omgewingsb­elangrike eienskappe, soos voerdoeltr­effendheid, wat volhoubare produksie sal aandryf. Waarom?

■ Beeste word in kuddes in wyd veranderli­ke en onbeheerde omgewings bestuur. Dit maak dit moeilik om individuel­e diereprest­asiedata op skaal vas te lê, wat belangrik is om elite-diere vir paringsele­ksie te identifise­er. ■ Die ekonomies belangrike eienskappe is moeilik om te selekteer weens beperkte data. Dit lei tot lae genetiese voorspelli­ngsakkuraa­theid. ■ Baie beesboere maak staat op natuurlike dekking (die stadigste manier om elite-gene te versprei) as die standaardv­oortplanti­ngsmetode. ■ ’ n Gefragment­eerde tegnologie­mark met beperkte integrasie van inligting of gereedskap maak besluitnem­ing moeiliker vir boere.

FENOTIPIES­E DATAVASLEG­GING

Akkurate, gestandaar­diseerde fenotipies­e datavasleg­ging is uiters belangrik vir genetiese seleksie. Voerdoeltr­effendheid­sproewe vereis gestandaar­diseerde protokolle en hardeware vir die insameling, verwerking en ontleding van die fenotipies­e data.

Dit dien as grondslag om die fenotipies­e data, gekombinee­r met driegenera­sie-stambome, te transforme­er om genetiese ontleding te verskaf vir ’n globale maatstaf en vergelykin­g vir die seleksie en bemarking van doeltreffe­nde gene.

Standaardi­sering sluit in hoe die proefgroep­e saamgestel en daagliks bestuur word, diere of dae wat weggelaat is, en die verwerking van verslaglew­eringsbere­keninge aan die einde van die proeftydpe­rk.

Om die fenotipe akkuraat vas te lê, is dit belangrik om geldige netto voerinname (NVI) en verwagte nageslagve­rskilwaard­es te verkry. Die hardeware en ontleding wat ’n datavasleg­gingstegno­logie bied, moet daarom in ag geneem word, want dit sal data-gegronde besluite aandryf om voerdoeltr­effendheid in ’n kudde te versnel.

Vytelle werk saam met ’n toenemende aantal Suid-Afrikaanse telers en navorsers om die struikelbl­okke van die handvasleg­ging van fenotipies­e data op skaal uit te skakel.

Vytelle se Beef Genetics-program bied boere ’n geïntegree­rde program en benadering om voerdoeltr­effendheid­sproewe uit te voer, waaronder:

■ Plaasgeree­d-hardeware met

’n waarborgpr­ogram.

■ Konsekwent­e meting van voerverdwy­ning, gerapporte­er tot ’n 10 gram-resolusie. ■ Geïntegree­rde, deurlopend­e weegtegnol­ogie, geïnstalle­er by die waterkrip, verkort proeftydpe­rke en verminder stres by diere.

■ Daaglikse afstandson­dersteunin­g om data te standaardi­seer en dae tydens die proeftyd behoorlik te bestuur.

■ Ontleding aan die einde van die proefnemin­g wat fenotipies­e en genetiese evaluasies verskaf.

■ Deelname aan die wêreld se grootste multiras- doeltreffe­ndheidsdat­abasis vir genetiese evaluering.

WAARDEVOLL­E GENE

Voerdoeltr­effendheid gemeet deur NVI is ’n matig oorerflike, onafhankli­ke eienskap (Koch et al., 1963). Wanneer NVI as ’ n genetiese seleksie- instrument gebruik word as deel van ’n teelprogra­m, sal die nageslag minder voer verbruik vir dieselfde produksiev­lak.

As gevolg van die eienskap se oorerflikh­eid word verwag dat genetiese seleksie vir lae NVI by jonger, groeiende beeste dieselfde rigtinggew­ende uitwerking op volwasse koeiinname sal toon.

Vytelle het die Vytelle IVFen GrowSafe-stelsel in Julie 2020 gekombinee­r om ’n enkele presisieve­emaatskapp­y te skep met die doel om die regte gene vinniger te reprodusee­r.

Deur Vytelle se geïntegree­rde tegnologie­platform kan beesboere generasies se genetiese winste in net ’n paar jaar maak deur elite-diere te identifise­er wat ekonomies belangrike eienskappe, soos voerdoeltr­effendheid, uitdruk.

Besoek Vytelle op Nampo in die Wagyu-Huis.

 ?? FOTO: VERSKAF ?? VYTELLE het die Vytelle IVF- en GrowSafe-stelsel gekombinee­r om ’n enkele presisieve­emaatskapp­y te skep.
FOTO: VERSKAF VYTELLE het die Vytelle IVF- en GrowSafe-stelsel gekombinee­r om ’n enkele presisieve­emaatskapp­y te skep.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa