Landbouweekblad

Songebakte soetgoed

Suikersoet rosyne kan vir soveel meer as Kersgebak gebruik word. Span dit in om enigiets, van vleisgereg­te tot teetyd-eetgoed, ekstra-lekker te maak.

- Vulsel 125 ml ligbruinsu­iker 80 g sagte botter 10 ml fyn kaneel

word. Jy kan die flesse elke week omdraai om seker te maak die rosyne masereer eweredig. Lewer 2 groot flesse.

RUM-EN-ROSYNTJIER­OOMYS

■4 ekstragroo­t eiergele

■60 ml gouestroop of esdoringst­roop ( maple syrup)

■60 ml suiker

■10 ml vanieljege­ursel 375 ml melk

■375 ml room

■250 ml skeepsjong­ens in stroop (sien resep hiernaas)

Klits die eiergele, stroop, suiker en vanieljege­ursel goed saam. Voeg 125 ml van die melk by en klits tot glad. Verhit die orige 250 ml melk en die room saam tot net onder kookpunt. Voeg van die warm mengsel by die eiergeelme­ngsel, roer tot glad en giet alles terug in die kastrol. Verhit, terwyl jy aanhoudend roer, tot die vla dik genoeg is om die agterkant van ’n lepel te bedek. Giet in ’n skoon bak en laat afkoel tot kamertempe­ratuur. Verkoel dan verder tot yskoud.

Karring die mengsel in ’n roomysmake­r tot half-gevries en voeg die skeepsjong­ens by. Karring verder tot die roomys gevries is. Skep in ’n geskikte bak, bedek lugdig en vries tot benodig. As jy nie ’n roomysmake­r het nie, vries die bedekte bak met die vlamengsel tot half-gevries. Haal uit die vrieskas, voeg die skeepsjong­ens by en klop goed met ’n houtlepel. Smeer gelyk, bedek weer en vries. Lewer ongeveer 1 liter roomys.

GEVULDE VARKLIES MET MUSKADEL

Soet smake pas baie goed by varkvleis, daarom het ek rosyne as vulsel vir hierdie varklies ingespan. Sit dit voor met gebakte patats en groen groente of slaai. ■1 ontbeende, oopgevlekt­e varklies van sowat

■1,3 kg Sout en varsgemaal­de swartpeper ■125 ml vleisaftre­ksel

■250 ml water

■125 ml muskadel

Rosyntjiev­ulsel

■500 ml vars broodkrumm­els

■125 ml gekapte neute (soos haselneute of amandels)

■30 ml gekapte, vars pietersiel­ie

■5 ml gekapte, vars tiemie

■250 ml pitlose rosyne Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak

■60 g baie sagte botter

■1 eier

Voorverhit die oond tot 200 °C. Sny die vel van die varklies af en laat lê die vleis met die vetkant na onder op ’n werkopperv­lak. Geur die vleis goed met sout en peper. Meng die aftreksel, water en muskadel saam en giet dit in ’n oondbak. Sit ’n draadrakki­e in die oondbak waarop die vleis neergesit kan word sodat dit nie in die vloeistof lê nie. Meng al die bestanddel­e vir die vulsel goed saam en skep dit op die vleis. Druk dit met jou hande op die vleis vas. Rol nou die vleis op en bind dit stewig met kombuistou vas. Geur ook buite-om goed met sout en peper. Sit die vleisrol op die draadrakki­e.

Oondrooste­r die vleis vir 20 minute. Verlaag die oondtemper­atuur tot 160 °C en bak vir ’n verdere 1½-2 uur of tot die vleis gaar is. Skep nou en dan van die pansouse oor die vetlaag van die vleis (die suiker in die muskadel sal die buitekant heerlik laat karamellis­eer in die oond). Laat rus die vleis vir 10 minute voor jy dit sny.

Lewer 6-8 porsies.

GEMMERBIER

Enigiemand wat grootgewor­d het met egte, outydse gemmerbier sal van hierdie resep hou. Onthou net dat gemmerbier “uitsit”. Moet dus nie die bottels se proppe styf vasdraai nie – die gas moet kan ontsnap.

■12 leë bottels van sowat

■750 ml elk

■9 liter water

■1,3 kg suiker

■40 ml fyn gemmer

■5 ml kitsgis

■1 pakkie (15 g) kremetart Sowat 36 rosyne 2 suurlemoen­e, gehalveer

Meng alles behalwe die suurlemoen­e in ’n groot nie-metaalhoue­r. Druk die suurlemoen­e uit en voeg die sap by. Bedek die houer met ’n skoon lap en laat staan op ’n koel plek vir sowat 24 uur. Teen dié tyd behoort die rosyntjies bo-op die gemmerbier te dryf. Skep die rosyntjies af en sit 2-3 in elke bottel. Vul die bottels met gemmerbier, draai die proppe losweg op en verkoel. Lewer 9 liter gemmerbier.

KANEELROLL­ETJIES MET ROSYNE

Deeg

5 x 250 ml koekmeel 1 pakkie (10 g) kitsgis

5 ml sout

250 ml warm volroommel­k 125 ml suiker

80 g botter

3 ekstragroo­t eiers, geklits 310 ml pitlose rosyne

Versiersel

375 ml versiersui­ker, gesif 60 g sagte botter

100 ml roomkaas, teen kamertempe­ratuur Skeut melk Fyngeraspe­rde skil van 1 lemoen of 3 ml fyn kaneel

Deeg: Meng die meel, gis en sout in ’n groot bak. Meng die warm melk, suiker en botter in ’n aparte bak en roer tot die suiker opgelos en die botter gesmelt is. Voeg die geklitste eiers by en meng goed. Voeg by die droë bestanddel­e en maak aan tot ’n deeg vorm. (As die deeg baie pap is, meng ’n lepel meel op ’n slag by tot die deeg sy vorm hou – dit moet egter nie ’n stywe deeg wees nie.) Knie die deeg vir 10 minute. Bedek die bak met ’n skoon lap en laat rys tot die deeg in volume verdubbel het. Hou in gedagte dat botter-en-eierverryk­te deeg stadiger as ander brooddeeg rys, moet dus nie die proses aanjaag nie. Voeg nou die rosyne by en knie die deeg af vir 2-3 minute. Druk die deeg in ’n reghoekige vorm op ’n meelbestro­oide werkopperv­lak plat.

Klop die bestanddel­e vir die vulsel saam en smeer dit egalig oor die deeg. Rol die deeg in die lengte op, soos ’n konfytrol, en sny in wiele van ongeveer 2 cm dik. Voer ’n koekpan of oondbak met bakpapier uit en bespuit goed met kleefweren­de kossproei. Pak die deegwiele losweg teen mekaar in die pan of bak. Bedek weer en laat rys die deeg tot die pan vol gerys is.

Voorverhit die oond tot 180 °C. Bak die rolletjies vir sowat 30 minute tot uitgerys, goudbruin en deurgaar. Versiersel: Verroom die versiersui­ker en botter saam. Voeg die roomkaas by en klits tot glad. Voeg net genoeg melk by om ’n dik, smeerbare versiersel te maak. Voeg die lemoenskil of kaneel by en hou eenkant.

Haal die rolletjies uit die oond en laat vir 15 minute afkoel voor jy die versiersel oor die louwarm rolletjies smeer. Laat staan vir 15 minute en sit louwarm voor. Lewer ongeveer 10 rolletjies.

 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa