Landbouweekblad

’nGoeiejaar­lêvir dieAngusvo­or

Ná die afgelope paar moeilike jare wat die bedryf beleef het, is die Angus-beestelers­genootskap dankbaar vir sy lede se ondersteun­ing en sien uit na wat die toekoms inhou.

-

Dit is ’n plesier om ’n paar gedagtes oor te dra. Baie dankie aan al ons medetelers vir jul vertroue en ondersteun­ing die afgelope jaar. Baie dankie aan die uittredend­e lede vir jul ondersteun­ing en insette.

Met dank aan ons Skepper het ons as boere, en veral Angus-boere, sekerlik een van die beste jare die afgelope dekade of meer ervaar. Ons is dankbaar vir die goeie reën en vertrou dat daar spoedige verligting sal kom in daardie gebiede waar dit steeds baie droog is. Dankie ook namens boere in nood wat hulp van medeboere ontvang het – kom ons doen so voort!

STEEDS GOEIE GEHALTE

Die afgelope 23 maande was moeiliker as wat ons verwag het. Die boeregemee­nskap het egter toegewyd gebly en speenkalfp­ryse is steeds goed. Ons is bevoorreg met die groot vraag na Angus-beeste, veral na vroulike diere. Baie geluk aan al die telers met die goeie gehalte van diere wat op die mark was en die goeie pryse wat hulle vir hierdie diere behaal het.

Poenskopdi­ere het belangrike­r as ooit tevore geword vanweë kwessies met kalftyd. Dit is net een van die vele voordele van die Angus-ras. Dit bly die verantwoor­delikheid van stoetteler­s om doeltreffe­nde bulle vir die kommersiël­e mark te teel.

Dit lei onvermydel­ik daartoe dat boere en voerkrale beter geld verdien en na ons toe terugkom om weer bulle te koop – dit is die siklus wat ons verwelkom.

Met die Angus Beef Company as deel van die genootskap, daag die raad sy telers uit om betrokke te raak en die kommersiël­e boere te oortuig om hul speenkalwe­rs deur die Angus-program te bemark. Dit is voordelig vir hulle én vir ons.

Dankie vir die werk wat die Angus Beef-verteenwoo­rdigers mnr. RC Malherbe, me. Issie Liebenberg, mnr. Danie Dames, me. Celeste van der Merwe en sommige van ons telers doen.

WAT LÊ VOOR?

Ons sien uit na 2022 se nasionale skou in Bloemfonte­in op 3-4 Augustus. Dit is mos asof ons iets misgeloop het as gevolg van covid-19. Baie sterkte aan die skoukomite­e wat reeds met reëlings begin het. Ons versoek ons lede om hulle te ondersteun deur te help met die verkryging van borge en dan om die skou te ondersteun.

Ons wil ook elke kommersiël­e teler uitnooi om deel te word van ons nasionale skou en die twee dae saam met ons te kom geniet.

Baie dankie aan die raad en ons personeel vir hul ondersteun­ing. Ons wens u en u families ’n voorspoedi­ge jaar toe en sien uit na die geleenthed­e van 2022. Ons het ’n plan – kom ons maak dit groot!

Mnr. Basie Bezuidenho­ut is voorsitter van die Angus-beestelers­genootskap van Suid-Afrika.

 ?? ?? Die gehalte van Angus-beeste op veilings is ná al die jare nog hoogstaand­e en die pryse wat vir die diere behaal word, bewys dit telkens.
Die gehalte van Angus-beeste op veilings is ná al die jare nog hoogstaand­e en die pryse wat vir die diere behaal word, bewys dit telkens.
 ?? FOTO’S: VERSKAF ?? Mnr. Basie Bezuidenho­ut
FOTO’S: VERSKAF Mnr. Basie Bezuidenho­ut

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa