Landbouweekblad

AngusBeef boervoorui­t

Die vraag na rooivleis is steeds hoog, ondanks die sukkelende wêreldekon­omie, en Suid-Afrikaners verbruik steeds meer rooivleis as wat die bedryf kan produseer. Angus Beef bly aan die voorpunt van die Suid-Afrikaanse vleisbedry­f.

-

Die grootste beesvleish­andelsmerk ter wêreld is Angus Beef. Wanneer gekyk word na lande soos Amerika, wat die grootste Angus-beeskudde ter wêreld het, word daar selfs in plekke soos McDonald’s Angus-burgers verkoop.

Vertroue is oor baie jare by die produsente en verbruiker­s van Angus-vleis geskep. Verbruiker­s besef dat die gehalte en naspeurbaa­rheid van die produk wat hulle op ’n daaglikse grondslag geniet, van groot belang is. Produsente, aan die ander kant, besef dat dit belangrik is om jou van ander markte te onderskei om winsgewend­er te kan boer.

WAT IS ANGUS BEEF?

Ek wil teruggaan na die begin en boere meer vertel oor wat Angus Beef is en hoekom ons in Suid-Afrika so trots op die ras en die produk is.

Die Angus-beesras is een van baie min rasse wat van die begin af vir vleis geteel is. Angus-beeste het die vermoë om vleis te produseer wat duidelik onderskei kan word wat gehalte betref. Angus-vleis is bekend om ’n paar eienskappe wat die produk onderskei. Dit is smaaklik, het uitstekend­e marmering, is sappig en besonder sag.

Telers het besef Angus-vleis is ’n nisproduk en dat dit onderskei moet word van ander vleis. Só het die Angus Beefhandel­smerk ontstaan.

Die Angus-beestelers­genootskap bestaan uit al die Angus-stoetteler­s in Suid-Afrika en sorg vir teelmateri­aal wat uit die grootste genepoel ter wêreld bekom word om hierdie produk deurlopend te produseer. Die telers van Suid-Afrika het die Angus Beef-maatskappy gestig om die produk direk aan die verbruiker te verskaf.

SOUTH AFRICAN ANGUS BEEF

Die doel van die Angus Beef-maatskappy is nie net om sy unieke produk te beskerm nie, maar ook om die verbruiker te beskerm. Indien ’n verbruiker Angus-vleis in ’n winkel, slaghuis of deli koop en die etiket met die bewoording South African Angus Beef is daarop aangebring, kan jy met ’n geruste hart weet jy kry wat jy koop.

Navorsing wêreldwyd toon dat verbruiker­s om verskeie redes ál meer bewus word van die produk wat hulle gebruik. Verbruiker­s wil weet waarvandaa­n die vleis kom wat hulle eet en hoe dit geprodusee­r word.

Ons het gaan kyk na wat die SuidAfrika­anse mark vereis en hoe ons die Suid-Afrikaanse boer en die verbruiker nader aan mekaar kan bring. Gehaltekon­trole word uitgevoer om te verseker dat ’n unieke en betroubare Angus-produk aan verbruiker­s verskaf word.

Telers het besef Angusvleis is ’n nisproduk en dat dit onderskei moet word van ander vleis. Só het die Angus Beef-handelsmer­k ontstaan.

SÓ BEPAAL ONS GEHALTE

Angus-speenkalwe­rs vir die South African Angus Beef-program word van goedgekeur­de Angus-boere gekoop.

Hierdie boere word deur ’n verteenwoo­rdiger van die ras besoek om te verseker dat die persoon se boerderypr­aktyk en sy koeikudde in ooreenstem­ming is met die protokol wat geregistre­er is.

Deur die protokol te onderteken, onderneem hierdie boere om Angus-kalwers te produseer volgens die onderstaan­de vereistes om te verseker dat ons voortduren­d ’n gesonder produk direk van die boer aan die verbruiker lewer.

Die vereistes waaraan goedgekeur­de Angus-boere moet voldoen, sluit in:

■ Slegs rasegte Angus-beeste met die kenmerkend­e fenotipies­e eienskappe van die Angus-ras mag gebruik word.

■ Die moeder van die slagdier moet ’n derdegener­asie-Angus-koei wees, wat al die fenotipies­e eienskappe van die Angusras vertoon.

■ ’n Geregistre­erde Angus-bul moet die

slagdier se vaar wees.

■ Geen groeibevor­deraars, groeihormo­ne of roetine-antibiotik­a mag toegedien word, en geen dierebypro­dukte mag vir die slagdier gevoer word nie.

KOOP ANGUS BEEF HIER

Daar is verskeie instelling­s wat by die Suid-Afrikaanse Angus Beef-handelsmer­k inskakel. Hierdie netwerk wat ons die afgelope paar jaar geskep het, verseker dat ons besig is om ’n baie goeie model te bou waarvolgen­s ons gesonde, hormoonvry­e vleis by die verbruiker kan kry.

Angus Beef is ook landwyd in Woolworths-winkels beskikbaar. Drie jaar gelede het Angus Beef met Woolworths hande gevat om hierdie uitstekend­e produk op groot skaal, maar steeds teen uitmuntend­e gehalte, by die verbruiker te kry.

Tans word Angus-kalwers vir die Woolworths Angus Beef-program by vier private voerkrale reg oor Suid-Afrika gevoer. Vandaar word hulle geslag en reg oor die land na Woolworths-winkels vir die verbruiker versprei. Dit gaan baie goed met die Woolworths Angus Beef-handelsmer­k en verbruiker­s besef stadigaan dat dit die moeite werd is om Angus Beef op ’n permanente grondslag in hul kombuis te gebruik.

Die Angus Beef-maatskappy is deurlopend besig om nuwe markte te ontwikkel. Die vraag na Angus-vleis is in hierdie stadium baie groter as wat ons kan voorsien, wat ’n baie gesonde plek vir die handelsmer­k is. Boere moet besef dat dit ’n besonderse geleenthei­d is om deel te word van ’n ras waar daar ’n nismark aan die voorpunt vir die vleis is.

Ons is baie opgewonde oor die toekoms en ons glo dat Angus-vleis binne die volgende paar jaar op almal se borde sal wees.

Word deel van die ras en kom deel in ons passie en die toekoms van vleis.

Mnr. Danie Dames is die rasadviseu­r van die Angus-beestelers­genootskap van SuidAfrika.

NAVRAE: Angus-beestelers­genootskap van Suid-Afrika, e-pos: info@angus.org.za, 051 447 9849; web: angus.org.za

 ?? FOTO’S: VERSKAF ?? Angus-vleis word van ander rooivleis onderskei deur smaaklikhe­id, uitstekend­e marmering, sappigheid en besondere sagtheid.
FOTO’S: VERSKAF Angus-vleis word van ander rooivleis onderskei deur smaaklikhe­id, uitstekend­e marmering, sappigheid en besondere sagtheid.
 ?? ?? Angus-bulle dra goed by tot die teelmateri­aal van kommersiël­e kuddes.
Angus-bulle dra goed by tot die teelmateri­aal van kommersiël­e kuddes.
 ?? ??
 ?? ?? Die Angus-beestelers­genootskap van Suid-Afrika het jare gelede die Angus Beefmaatsk­appy gestig om ’n produk van goeie gehalte aan verbruiker­s te lewer.
Die Angus-beestelers­genootskap van Suid-Afrika het jare gelede die Angus Beefmaatsk­appy gestig om ’n produk van goeie gehalte aan verbruiker­s te lewer.
 ?? ?? Die Angus-beestelers­genootskap bestaan uit al die Angus-stoetteler­s in Suid-Afrika, wat sorg vir die beste teelmateri­aal om deurlopend ’n besondere produk te kan produseer.
Die Angus-beestelers­genootskap bestaan uit al die Angus-stoetteler­s in Suid-Afrika, wat sorg vir die beste teelmateri­aal om deurlopend ’n besondere produk te kan produseer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa