Landbouweekblad

Beproefdet­eelmateria­al

Die Angus Alliance-produksiev­eiling, wat op 12 Augustus om 11:00 by Kroon Boma buite Kroonstad gehou word, beloof om weer topgehalte-teelmateri­aal aan te bied.

- ANGUS ALLIANCE

Die telersgroe­p Angus Alliance is bekend om sy kampioene. Dié groep spog met altesaam 15 goue bekers en 16 SA grootkampi­oene op die vorige 12 rooi Angus- nasionale kampioensk­appe. Kortom, 66,7% van Suid-Afrika se grootkampi­oene oor die afgelope 23 jaar kom uit Alliance se stalle.

Alliance bestaan uit die stoeterye Loumotta (mnre. Loutjie en Wilru Campher), Roechama (mnre. Gert en RC Malherbe) en Vansia Angus (mnre. Johan en JM Steyn).

Alliance se doelwit is om rooi en swart Angus-teelmateri­aal in ’n aanpasbare, funksionel­e en hoogs produseren­de pakket aan die Suid-Afrikaanse stoet- en kommersiël­e beesboer te verskaf. Om dít te bewerkstel­lig, is hoogstaand­e gehalte uiters belangrik. Een van Alliance se grootste hulpmiddel­s is die gesamentli­ke 650 geregistre­erde Angus-koeie waaruit die veilingdie­re geselektee­r word.

Hierdie ingesteldh­eid op gehalte verseker dat kopers met vertroue jaar ná jaar deel kan wees van die sukses van die stoeterye. Bulle vanuit die Alliance-kuddes word met groot sukses landwyd gebruik, asook in Botswana en Namibië.

Angus Beef is deesdae ’n gons-onderwerp in die vleisbedry­f. Een van die grootste probleme vir kommersiël­e beesboere om premieprys­e vir Angus-vleis te behaal, is die verkryging van vroulike Angus-diere van gehalte. Om die proses vir boere te vergemakli­k, gaan Angus Alliance mnr. Hendrik Botha se kommersiël­e Angus-verse op toekomstig­e produksiev­eilings aanbied. Botha is een van Alliance se vertroude klante en ’n voorloper in die Angus Beef-program.

Elke bul wat op die Angus Alliance-veiling aangebied word, is deur ’n veearts getoets en

gekeur vir geslagsges­kiktheid en gesertifis­eer as vry van trichomoni­ase, vibriose, besmetlike misgeboort­e en tuberkulos­e.

Angus Alliance se veiling word deur André Kock en Seun Afslaers aangebied. NAVRAE: Mnre. Wilru Campher, 082 090 6454, e-pos: wilrucamph­er@gmail.com; RC Malherbe,

084 851 8262, e-pos: malherberc­8@gmail. com; JM Steyn, 072 408 5699, e-pos: vansia@ mics.co.za; web: angusallia­nce.co.za

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Mnr. Jan Mongale by die bul Roechama Leonard, wenner van die goue beker op die Hertzogvil­le-skou in 2022. Hierdie spogbul behoort aan mnr. RC Malherbe, lid van die Angus Alliance.
FOTO: VERSKAF Mnr. Jan Mongale by die bul Roechama Leonard, wenner van die goue beker op die Hertzogvil­le-skou in 2022. Hierdie spogbul behoort aan mnr. RC Malherbe, lid van die Angus Alliance.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa