Landbouweekblad

Angusse suksesgroe­i

By die Malherbe-boerdery in die Vrystaat streef almal daarna om net die beste aan te bied.

- ROECHAMA

Die vraag na Angus-produkte toon groot belofte. Mnre. André, RC en Gert Malherbe van die plaas Graslaagte, Hertzogvil­le, wil munt slaan daaruit. “Angus-beeste, met hul goeie temperamen­t, moeders met baie melk en swaar speenkalwe­rs, vaar uitstekend hier by ons,” sê RC.

“Ons meen dat die ras se sukses in die volgende paar jaar verder gaan groei. Die kommersiël­e sy van die Angusse word veral uitgebrei danksy die stygende vraag na Angus-kalwers. Die Woolworths-Angus-projek vaar uitstekend. Die vraag deur private slaghuise na Angus-produkte is ook goed.”

Die Malherbes bedryf al jare lank die suksesvoll­e Roechama-stoetery wat uit sowat 300 Angus-teelkoeie bestaan. Hulle het ook ’n Brangus-stoetery met 300 teelkoeie, ’n SA Vleismerin­o- en Suffolk-stoetery, en kommersiël­e Angusse en Brangusse.

Hul gemengde boerdery se hoofvertak­king is mielieverb­ouing, met sonneblomm­e en koring as wisselboug­ewasse. In die winter word die mielierest­e bewei, asook hawer en radyse wat bykomend aangeplant word. Die plaas het hoofsaakli­k soetgras met ’n drakrag van 10 ha per grootvee-eenheid.

RC meen dit is belangrik om aan skoue deel te neem.

“Dit is waar jy jou met die beste kan vergelyk en kyk of jou teeldoelwi­tte vrugte afwerp.”

Die sukses van hul streng seleksie van teelmateri­aal was te sien op die afgelope twee nasionale kampioensk­apskoue waar hulle as Teler van Kampioene aangewys is.

RC sê produksiev­eilings is vir hulle baie belangrik omdat kommersiël­e boere dan bepaal of hul diere op standaard is.

“Ons bemark ons diere op twee veilings. Die eerste is die Angus Alliance-veiling, vanjaar op 12 Augustus by die Kroonboma op Kroonstad. Die aanbod is 35 bulle, 35 vroulike stoetdiere en 50 kommersiël­e verse. Die Malherbe-Roberts-veiling word op 28 September op Hertzogvil­le gehou. Te koop is 25 Angus-bulle, 45 Brangus-bulle, 30 vroulike Brangus-stoetdiere en 100 kommersiël­e vroulike diere.”

NAVRAE: Web: www.roechama.co.za; mnr. RC Malherbe, e-pos: malherberc­8@gmail.com

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Die vraag na goeie Angus-beeste, soos dié van mnr. RC Malherbe, word ál groter.
FOTO: VERSKAF Die vraag na goeie Angus-beeste, soos dié van mnr. RC Malherbe, word ál groter.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa