Landbouweekblad

Angus-vleisop jouvoorsto­ep

Guldenvrug neem die heerlike smaak van Angus-vleis ’n stappie verder.

- GULDENVRUG

Wat as ’n passie begin het, het ontwikkel in ’n besigheid wat ’n unieke produk bied. Die Guldenvrug-beesboerde­ry net buite Pretoria is in 2007 gestig en het sedertdien met rasse skrede uitgebrei. Mnr. Nico Steyn van Guldenvrug Angus het ’n visie om die eindverbru­iker nader aan die boer te bring, en veral nader aan Angus Beef.

Guldenvrug het die afgelope jaar sy eie ontbeenaan­leg op die plaas aangebring. Dit was die eerste stap om op te skuif in die waardekett­ing.

Guldenvrug verwerk sy eie diere, maar bekom bykomende diere van South African Angus Beef waar ’n streng protokol van geen groeihormo­ne gevolg word. Daar is ’n groter klem op gehalte-teelmateri­aal wat ingebring en waarmee binne die landsgrens­e geteel word.

Met die onlangse verkryging van die Dry Ager-agentskap bied Guldenvrug Angus-vleis van uitsonderl­ike gehalte.

“Guldenvrug bied ’n Angus-premieprod­uk wat minstens 28 dae in ons Dry Ager-kabinette verouder voor dit rak toe gaan. Só bied ons ’n gedifferen­sieerde produk met die klem op smaak, tekstuur en sagtheid. Die Dry Ager-tegnologie laat ons toe om voordeel te trek uit die Angus-vleis se marmerings­eienskappe en ’n uitsonderl­ike produk vir verbruiker­s te verskaf.”

Guldenvrug het ook onlangs sy eie kleinhande­lwinkel geopen en verskaf ook Angus-vleis aan mense wat Dry Ager-masjiene gekoop het vir eie gebruik. Dit lei tot ’n groter begrip vir die verouderin­gsproses, asook ’n groei in die aantal vleisliefh­ebbers wat op soek is na Guldenvrug se Angus-biefstuk.

Guldenvrug het ook ’n toetskombu­is ingerig waar sy eie sjef nuwe tegnieke van vleisverou­dering en gaarmaak ontwikkel. Die publiek kan hier demonstras­ies en kursusse op sekere tye van die maand bywoon.

Volg Guldenvrug Produce op Facebook vir inligting oor die beskikbaar­heid van produkte, asook resepte, wenke en spesiale aanbieding­e.

NAVRAE: Web: guldenvrug.co.za, Facebook: m.facebook.com/guldenvrug/

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Met die Guldenvrug-kleinhande­lwinkel in Pretoria het die publiek nou direkte toegang tot Angus-vleis van gehalte.
FOTO: VERSKAF Met die Guldenvrug-kleinhande­lwinkel in Pretoria het die publiek nou direkte toegang tot Angus-vleis van gehalte.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa