Landbouweekblad

Angusverbe­terkudde

Wanneer enige beesras met ’n Angus-bees gekruistee­l word, kan die vleisgehal­te en bouvorm aansienlik verbeter word. Boere in Afrika het dus vinnig besef die Angus is die beesras van die toekoms.

- ANGUS-GENOOTSKAP

Die Angus-beestelers­genootskap van Suid-Afrika is in 1917 gestig met 12 lede. Die genootskap het die amptelike sertifikaa­t van inlywing op 23 Maart 1921 ontvang. Die genootskap bestaan tans uit 140 geregistre­erde stoetteler­s en 18 000 geregistre­erde stoetdiere.

Die Angus-beesras is oorspronkl­ik van twee aangrensen­de Skotse provinsies, naamlik Aberdeensh­ire en Angusshire.

Die eerste swart Angus-diere is in 1895 na Suid-Afrika ingevoer na die plaas van mnr. Charles Newberry in die Vrystaat. Hierdie Angus-diere het goed met die plaaslike inheemse rasse gekruis en mettertyd hul stempel op die Suid-Afrikaanse mark afgedruk.

Mnr. E.W. Bassingtwa­ighte van Windhoek in Namibië was die eerste teler van

rooi Angusse. In die vroeë 1950’s het mnr. Barry Kramer die eerste rooi Angusse na Suid-Afrika ingevoer.

Rooi Angusse het vinnig gewild geraak in Suid-Afrika.

Sowat 69% van alle geregistre­erde Angusse in Suid-Afrika is rooi. Daar is egter geen wesenlike verskil tussen die swart en rooi Angus nie en dit bly die boer se keuse waarmee hy wil boer.

Die Angus-beestelers­genootskap help boere graag met die keuse van hul volgende aankope, en verleen algemene raad en hulp aan stoet- en kommersiël­e telers.

Die genootskap is opgewonde oor die toekoms van die Angus in Suid-Afrika.

Die groei in die ras se pryse die afgelope paar jaar wat manlike en vroulike diere betref, is tekenend van die potensiële groot mark vir die Angus-beesras in Afrika. NAVRAE: Web: www.angus.org.za, e-pos: info@angus.org.za, 051 447 9849.

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Die Angus-beesras het ’n lang geskiedeni­s in Suid-Afrika en het oor die jare bewys hoekom hierdie ras so gewild onder beesboere is.
FOTO: VERSKAF Die Angus-beesras het ’n lang geskiedeni­s in Suid-Afrika en het oor die jare bewys hoekom hierdie ras so gewild onder beesboere is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa