Landbouweekblad

VRYSKUT-PADBOUERS

- Moneyweb FOTO: VERSKAF meer as 180 miljoen kilogram se voedselpro­dukte ingevoer.

Boere en plaaswerke­rs verbonde aan die Mooiveld-boereveren­iging van Wesselsbro­n het van 2-5 Mei self herstelwer­k aan die R505- en R59-pad gedoen. Boere het op eie koste en met hul eie toerusting gruis aangery. Mnr. Jakkals le Roux, lid van die boereveren­iging, sê hulle vra al sedert April 2021 net vir die nodige teer om dié paaie te herstel. “Ons kon egter nie langer wag nie, want dit is strooptyd en ons produkte moet vervoer word.” Ertsvragmo­tors rig groot skade aan die paaie aan, en daar is feitlik geen instandhou­ding van die staat nie. Die boere wag ook tevergeefs vir ’n ontmoeting met die Vrystaatse premier.

MIELIE-NEMESIS

Mato Grosso, Brasilië se grootste safrinha- (die tweede aanplantin­g van die seisoen) mielieprod­uksiestree­k, het sy droogste April in 17 jaar agter die rug met gemiddeld 30 mm reën wat geval het — 70% minder as die tienjaarge­middelde. Dié deelstaat lewer saam met Goiás en Minas Gerais nagenoeg 60% van die safrinha-mielie-oes, en met die naderende hoogtepunt van die mielies se vogbehoeft­e het tot 40% van die aanplantin­gs teen vroeg Mei reeds tekens van droogtestr­emming getoon. Grain

Central berig die moeson het twee weke vroeër as gewoonlik opgehou, en die naderende rypseisoen kan aanplantin­gs verder knou. Dié terugslag kom te midde van ’n groter vraag na Suid-Amerikaans­e mielies weens die Russiese inval van Oekraïne.

HAWENOOD

Hume Internatio­nal, ’n verspreide­r van bevrore voedsel, het ’n beroep op die regering gedoen om ’n “noodtoesta­nd-konsessie” vir die Gqeberha-hawe uit te reik en om rompslomp uit te skakel wat die doeltreffe­nde beweging van voedsel en ander goedere na die res van Suid-Afrika verhinder.

berig dié beroep kom ná die uitkringef­fek van die vertraging­s by die Durbanhawe wat deur verlede maand se vloede meegebring is. Mnr. Roy Thomas, bedryfsdir­ekteur van Hume, sê omdat Gqeberha ’n sekondêre hawe is, is daar heelwat minder kapasiteit en minder inspekteur­s om byvoorbeel­d veeartseny­kundige dokumentas­ie te verwerk, en slegs ’n paar vraghouers word per dag uitgepak. Die groep het verlede jaar

JAGVERBOD LOL

Die jag van olifante, swartrenos­ters en luiperds in Suid-Afrika is voorlopig van die baan ná die Wes-Kaapse hooggeregs­hof ’n interdik toegestaan het teen die uitreiking van jagpermitt­e vir olifante, swartrenos­ters en luiperds. Die aansoek is gebring deur die Afrika-tak van Humane Society Internatio­nal, wat aangevoer het daar was nie geleenthei­d vir oorlegpleg­ing voordat me. Barbara Creecy, minister van omgewingsa­ke, bosbou en visserye, haar jagkwotas vir die jaar in die Staatskoer­ant afgekondig het nie. Beroepsjag­organisasi­es was teen druktyd besig om regsadvies in te win oor wat om volgende te doen, aangesien heelwat olifante reeds met wettige permitte gejag is en dit onbekend is of die jagters permitte sal kry om hul trofeë uit te voer.

DIE WIEL DRAAI

Twee medewerker­s van die omstrede Gupta-broers het op 10 Mei in die hof verskyn in verband met beweerde grootskaal­se bedrog by die Estina-melkmaatsk­appy op Vrede, waar miljoene rande verduister is. Volgens die Nasionale Vervolging­sgesag was die verklaarde waarde van meer as R37,7 miljoen vir ’n “nuwe pasteurisa­sie-aanleg” vermoedeli­k buitenspor­ig hoog, en die faktuur het gekom van ’n maatskappy wat bande met die Guptas het. Mnre. Kamal Vasram, ’n voormalige direkteur van Estina, en Salieh Indurjeeth verskyn weer op 30 Junie in die Pretoria-streekhof.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa