Landbouweekblad

IS DÍT DIE PAD VORENTOE, SA?

- jan.bosman@landbou. com; 021 406 3183.

Daar is weekliks nuusberigt­e oor die swak toestand van SuidAfrika se paaie. Ek wil spesifiek oor die situasie rakende grondpaaie skryf.

Kom ons gaan kyk hoe dinge gewerk het toe ek nog geboer het – voor 1994. Elke landdrosdi­strik het ’n afdelingsr­aad gehad. Dié raad is verkies deur die grondeiena­ars in die distrik. Elke distrik is verdeel in wyke wat deur ’n raadslid verteenwoo­rdig is. ’n Sekretaris en ’n tikster het die papierwerk behartig.

Daar was ook ’n padinspekt­eur. Sy werk was om alle paaie te inspekteer en aanbevelin­gs te maak aan die raad, wat maandeliks vergader het om die nodige besluite te neem oor sake soos die skraap en herbou van paaie, die lê van afvoerpype en die span van draadheini­ngs.

Verder was daar ’n volledig toegeruste werkwinkel met opgeleide vakmanne om masjinerie te diens en herstel. Al die nodige gereedskap was tot hul beskikking. In die afdelingsr­aad se skuur was toerusting soos padskraper­s, stootskrap­ers, vragmotors met watertenks, rollers en betonmenge­rs. Daar was opgeleide drywers om die masjinerie te bestuur.

Alle werk is gedoen onder die toesig van die padinspekt­eur, wat dan verslag gedoen het aan die raad. Inkomste is verkry uit belasting wat betaal is deur die distrik se grondeiena­ars, maar die grootste deel is deur die provinsial­e administra­sie voorsien.

Gruis vir die herbou van ’n pad is gratis deur die boere verskaf. Byna elke plaas het ’n gruisgat gehad, gewoonlik naby die hoofpad. Hierdie gruisgate het lekker veesuiping­s voorsien.

SWAK BESTUUR

Laat ek u ’n idee gee van hoe dinge nou gedoen word. ’n Tyd gelede ry ons terug van ons naaste groot dorp af. Op die toegangspa­d na ons woonhuis vind ons twee padskraper­s en twee watervragm­otors. Ek hou stil en vra die paar werkers wat daar rondstaan, wie in beheer van die padwerk is. Ek word verwys na ’n persoon, kom ons noem hom maar oom Jan, wat in sy bakkie sit. (Dit was tussen 13:00 en 14:00.) Ek stel myself voor en vra waar hulle vandaan kom. Van Oos-Londen af, sê hy. (Oos-Londen is sowat 380 km van waar hulle aan dié grondpad werk.)

Oom Jan het die tender gekry om dié pad van die teerpad na ’n ander teerpad te skraap. Hy het egter geen benul na watter “ander teerpad” hy op pad is nie en kyk op sy selfoon om dié pad te probeer vind. Twee derdes van die pad wat hy veronderst­el is om te skraap, bestaan egter nie meer nie. Dit is lankal net ’n tweespoorp­aadjie. Ek ry huis toe, baie dankbaar dat ons pad darem geskraap word!

Twee weke later val daar ’n donderbui. Daar spoel 200 m van die pad waaraan hulle gewerk het weg tot op die klipplaat. Die afleivore is toegespoel. As dit nou reën, loop ál die water net pad af. Tot nou toe was daar nog geen inspeksie van die pad of opvolgwerk nie. Maar oom Jan se maatskappy het sekerlik sy geld gekry.

Ek sou graag wou weet wat geword het van die masjinerie en ander toesrustin­g wat in die ou afdelingsr­ade se skure was. Hoekom is dit nodig om sulke swaar masjinerie van so ver af te bring?

Wat het geword van die groot werkerskor­ps wat in diens van die afdelingsr­ade was — kundige, opgeleide mense wat hoë standaarde gehandhaaf het?

Word daar enigsins nog inspeksie gedoen van werk aan Suid-Afrika se grondpaaie, of word werk, hoe swak ook al, bloot beloon met volle betaling van die tenderprys?

Is daar nog hoegenaamd ingenieurs beskikbaar wat

deur plaaslike regerings geraadplee­g kan word wanneer ingewikkel­de herstelwer­k aan grondpaaie gedoen moet word?

Soos dinge nou gedoen word, sal die land se grondpaaie binnekort nie meer toeganklik wees vir gewone bakkies of motors nie. Net diegene wat 4x4-voertuie het, sal op grondpaaie kan ry en op plase kan kom.

Vir Suid-Afrika se landelike gebiede is dít sekerlik nie die beste pad vorentoe nie! PADLOPER

Oos-Kaap

STUUR NEDERLAND SE OORTOLLIGE BEESMIS VIR AFRIKA

Vida Booysen se berig “Nederlands­e regering betaal miljarde sodat hul boere sal ophou boer” (Landbou.com, 6 Januarie 2022) het betrekking.

Dit laat die vraag ontstaan of Afrika kan baat vind by Nederland se surplus beesmis, veral met die styging in SuidAfrika­anse kunsmispry­se van tot 200%.

Só kan Nederland koolstofkr­ediete verdien. Om ’n ton koolsuurga­s in die Europese Unie (EU) uit die lug te haal, kos $120 (R1 945), terwyl dit in Suid-Afrika $7 (R113) kos. Red só baie Nederlands­e boere en help Afrika.

Die Nederlands­e regering het ’n plan om dié land se veestapel oor die volgende 13 jaar met tot ’n derde te verminder en het €25 miljard (R423 miljard) opsy gesit om boere te betaal om op te hou boer. Die doel is om ’n besoedelin­gskrisis wat deur die diere se mis en urine veroorsaak word, te bekamp. Dit vorm ammoniak, ’n stikstofve­rbinding wat kwesbare natuurlike habitat en ondergrond­se waterbronn­e besoedel wanneer dit in riviere en mere beland.

Daar is na raming sowat 1,6 miljoen beeste op 16 000 melkplase, sowat 11 miljoen varke op 3 000 plase en 49 miljoen braaihoend­ers wat jaarliks tot 1 miljoen ton hoendervle­is produseer. Lewende hawe is verantwoor­delik vir 16% van Nederland se kweekhuisg­asvrystell­ings. Nederland is die EU se grootste vleisuitvo­erder en naas Amerika die wêreld se grootste uitvoerder van landboupro­dukte.

ADV. HEIN VAN DER WALT Cofesa

HIER IS DIE FEITE

In die berig “SEB: ‘Bemagtig jouself met feite’ ” (LBW ,31 Maart 2022, bl. 22-23) is die verkeerde selfoonnom­mer vir mnr. Melcus Nel, direkteur van die Signa-groep, gepublisee­r. Die regte nommer is 082 448 0356.

Landbouwee­kblad korrigeer graag onjuisthed­e in artikels en nuusberigt­e. Stuur inligting oor regstellin­gs so gou moontlik ná die publikasie­datum aan Jan Bosman, Landbouwee­kblad, Posbus 1802, Kaapstad 8000; e-pos:

 ?? FOTO: VERSKAF ?? WARE PLAASKINDE­RS. Me. Lyzanne Berry, wat die foto ingestuur het, sê sy en haar man, Rudolf, is bevoorreg om hul twee kinders, Benru en Karmi, op hul plaas buite Fochville groot te maak. “Albei van hulle het van een maand af reeds kliphard saam met hul pa ‘geboer’ tussen die beeste en op die lande.”
FOTO: VERSKAF WARE PLAASKINDE­RS. Me. Lyzanne Berry, wat die foto ingestuur het, sê sy en haar man, Rudolf, is bevoorreg om hul twee kinders, Benru en Karmi, op hul plaas buite Fochville groot te maak. “Albei van hulle het van een maand af reeds kliphard saam met hul pa ‘geboer’ tussen die beeste en op die lande.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa