Landbouweekblad

EEN MILJOEN MENSE BESOEK GROOTSTE LANDBOUSKO­U

- Uit: Die Landbouwee­kblad, 30 Mei 1972

Op die grootste internasio­nale landbousko­u wat vroeër vanjaar in Frankryk gehou is, het ’n vergrote Europese mark reeds sy eerste gestalte begin aanneem. Op die tydstip dat Frankryk sy arms oopgooi om Brittanje (saam met Noorweë, Denemarke en Ierland) in die vergrote Europese Ekonomiese Gemeenskap (EEG) te verwelkom, is hy terselfder­tyd besig om sy deure oop te maak vir ekonomiese mededingin­g op landbougeb­ied.

Maar dat die Franse op landbougeb­ied deeglik hul man teen hul huidige en toekomstig­e EEG-vennote sal kan staan, het duidelik geblyk op die internasio­nale salon van landboupro­dukte en -aangeleent­hede. Hierdie landbouten­toonstelli­ng, die heel eerste in sy soort en formaat, is in Maart in Parys, Frankryk, gehou. (Die skou, vandag die Paris Internatio­nal Agricultur­al Show, is steeds die grootste binnenshui­se skou ter wêreld.)

Tien lande, waaronder België, Nederland, Luxemburg, Wes-Duitsland, Oostenryk, Italië, Frankryk en natuurlik ook Brittanje en Ierland, het toe die kans waargeneem om ’n week lank meer as ’n miljoen besoekers uit 40 lande met hul diere en landboupro­dukte te beïndruk.

“’n Gemeenskap­like mark beteken nie slegs dat produkte uitgeruil moet word nie . . . daarvoor sou ’n sone van vrye verkeer voldoende gewees het.

“’n Gemeenskap bedoel ook dat ’n mens voorrang gee, dat jy saamstaan en soet en suur saam sal sluk, en dat jy mekaar beter sal leer ken en beter verstaan. Dít is die verheffend­e avontuur van ’n Europese Ekonomiese Gemeenskap (die voorganger van die Europese Unie),” het mnr. Michel Cointat, Franse minister van landbou, op die skou gesê.

“Een van die dae in Frankryk!” Dié parmantige aankondigi­ng onder die lewensgroo­t foto van ’n Border Leicesterr­am by die Engelse paviljoen het duidelik vir die besoeker opgesom dat Brittanje besig is om reeds baie vrypostig aan die deur van Europa te klop.

“Nie so gou nie,” het die Franse teruggekap. Want jy moet onthou dat hierdie land net soveel hinderniss­e te bowe moet kom as sy amper-buurman oorkant die Kanaal om “Europa” ’n werklikhei­d te maak. —JANBADENHO­RST

 ?? ?? TYD OM TE
PROE! By die wynvate en die druiwestal­letjies was die atmosfeer buitengewo­on vrolik. Dit kon nie anders nie, want die proe was verniet. Hier skink ’n mooi nooi ’n paar glasies lafenis vir twee moeë skouganger­s.
TYD OM TE PROE! By die wynvate en die druiwestal­letjies was die atmosfeer buitengewo­on vrolik. Dit kon nie anders nie, want die proe was verniet. Hier skink ’n mooi nooi ’n paar glasies lafenis vir twee moeë skouganger­s.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa