Landbouweekblad

Bek-en-klouseer is ‘goeie krisis’ vir naspeurbaa­rheid

- — FREDALETTE UYS

DIT is onregverdi­g om naspeurbaa­rheid in Suid-Afrika met Namibië en Botswana te vergelyk, want Suid-Afrika se beesbedryf verskil hemelsbree­d van sy buurlande s’n.

Mnr. Dewald Olivier, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Voerkraalv­ereniging, het op die herkouerve­terinêre vereniging van Suid-Afrika (Ruvasa) se onlangse kongres in Gqeberha gesê daar word nie aldag besef hoe groot die taak is om ’n naspeurbaa­rheidstels­el vir Suid-Afrika te vestig nie.

Suid-Afrika het ’n geskatte 14 miljoen beeste, en kulture wat anders te werk gaan met beeste. Namibië het nagenoeg 2,37 miljoen beeste en Botswana 1,74 miljoen beeste.

Hy het gesê daar word al hoe meer besef dat ’n naspeurbaa­rheidstels­el aangepas sal moet word volgens wat by Suid-Afrika pas en nie wat in ander lande gebeur nie. In dié verband het Suid-Afrika reeds die nodige antwoorde.

Volgens hom is een van die ligpunte van die huidige beken-klouseerui­tbreking dat Suid-Afrika se vee-identifi(LITS SA) versnel sal word. Hy beskou dit as “’n goeie krisis vir naspeurbaa­rheid”, want almal besef dat vinnig opgetree moet word.

AANDAG LANKAL NODIG

Olivier het veeartse bedank vir hul bystand om die huidige bek-en-klouseerui­tbreking hok te slaan. Anders as met vorige uitbreking­s het geen besmette diere tot dusver in voerkrale beland nie, wat ’n goeie ontwikkeli­ng is, tesame met die feit dat die uitbreking tot dusver gestuit kon word.

Volgens Olivier is die doel van LITS SA om ’n owerheid of databasis te skep waarmee diere geïdentifi­seer en die gepaardgaa­nde dokumentas­ie bestuur kan word.

“Die toepassing van LITS SA is nou versnel. Dit is iets gunstigs uit die chaos,” het dr. Alicia Cloete, ’n staatsveea­rts verbonde aan die departemen­t van landbou, grondhervo­rming en landelike ontwikkeli­ng, in haar toespraak gesê.

BEGIN SÓ

Olivier het verduideli­k LITS SA is ’n staatsinis­iatief om naspeurbaa­rheid vir die nasionale veebedryf daar te stel.

Belanghebb­endes in die lekasie-en-naspeurbaa­rheidstels­el wendehaweb­edryf wil egter deur die Suid-Afrikaanse lewendehaw­enaspeurba­arheid (South African Livestock Traceabili­ty of SALT) en die rooivleisb­edryfsdien­s, albei organisasi­es sonder winsoogmer­k, boere begin aanmoedig om naspeurbaa­rheid in hul boerdery in te stel sodat die bedryf gereed is wanneer die staat dit begin toepas.

Olivier se raad aan boere wat die eerste stap wil doen wat naspeurbaa­rheid betref, is om hul diere te begin identifise­er. Naspeurbaa­rheid begin dus by die boer.

“Die deel verder in die waardekett­ing wat die bedryf moet aanpak, is die standaard vir uitvoer, en naspeurbaa­rheid is een van die hoekstene.” Hy het gesê op kort termyn hou naspeurbaa­rheid meer voordele in vir die plaaslike mark.

Volgens Olivier is die doel van vee-identifika­sie en naspeurbaa­rheid om programme vir die waarneming en bestuur van dieresiekt­es te verbeter.

Naspeurbaa­rheid as sodanig sal egter nie siektes in hul spore stuit of uitbreking­s van siektes soos bek-en-klouseer voorkom nie. Dit is egter onontbeerl­ik om die ontwrigtin­g van veebemarki­ng tydens ’n uitbreking te verminder.

 ?? FOTO: FREDALETTE ?? DIEREKENNI­S.
Om nasionale naspeurbaa­rheid doeltreffe­nd te kan toepas, moet boere so gou moontlik sulke stelsels op hul plase instel.
UYS
FOTO: FREDALETTE DIEREKENNI­S. Om nasionale naspeurbaa­rheid doeltreffe­nd te kan toepas, moet boere so gou moontlik sulke stelsels op hul plase instel. UYS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa