Landbouweekblad

CORTEVA OPEN NUWE LABORATORI­UM IN PRETORIA

- — CARIEN KRUGER

CORTEVA AGRISCIENC­E se nuwe saadbehand­elingslabo­ratorium in Rosslyn, Pretoria, is een van net ses van dié maatskappy wêreldwyd.

Corteva Agriscienc­e sê bedryfstoo­naangewend­e toerusting sal by sy nuwe Centre for Seed Applied Technologi­es(CSAT) laboratori­um in Pretoria ingespan word, waar spesifiek aandag gegee gaan word aan resep-ontwikkeli­ng en veiligheid­stoetsing van saadbehand­elingsoplo­ssings.

Die laboratori­um, wat deel is van Corteva se internasio­nale CSAT-netwerk, is op 5 Mei amptelik geopen.

Die werk by die laboratori­um is gerig op verbeterde prestasie en toegang tot hoëgehalte­saad vir graanprodu­sente in Afrika en die Midde-Ooste.

Mnr. Venkata Subbarao Kolli, hoof van Corteva Agriscienc­e

in Afrika en die Midde-Ooste, het met die opening gesê die belegging wys dat die maatskappy verbind is tot die landbou in die streek en voortgeset­te navorsing en ontwikkeli­ng.

Dit toon die maatskappy se strewe om opbrengs deur die gebruik van die jongste tegnologie te verhoog, lewensbest­aan te verbeter en volgehoue voedselsek­erheid te verseker.

Die maatskappy sê saadbehand­eling behels die toediening van chemiese of biologiese middels, soos swam- en insekdoder­s, op die oppervan die saad, om saad en saailinge te beskerm teen insekte, swamsiekte­s en grondgedra­agde siektes.

Saadbehand­eling help om saad- en plantgeson­dheid, asook ontkieming­skoerse te verbeter, plante vanuit die staanspoor te beskerm wanneer hulle die weerloosst­e is vir insekte en siektes, en die waarskynli­kheid van ’n gehalte- en verbeterde oes te verhoog.

Corteva sê danksy saadbehand­eling is doeltreffe­nde en toegespits­te gebruik van aktiewe bestanddel­e moontlik.

Dit verminder die totale

hoeveelhei­d plaagdoder­s wat nodig is, en help sodoende om biodiversi­teit en bestuiwers te bewaar en volhoubare landbou te bevorder.

GEHALTE

Volgens mnr. Tony Esmeraldo, sakedirekt­eur van Corteva Agriscienc­e in Suid-Afrika, versterk die CSAT-laboratori­um die maatskappy se aanbod in die saadproduk­siesegment.

Die Rosslyn-perseel het gevorderde toerusting waarmee verskeie toetse uitgevoer kan word om die gehalte van saadbehand­eling te verseker. Die laboratori­um sal Corteva se saadhandel­smerke Pannar® en Pioneer® bedien, asook ander bedryfsmed­ewerkers om nuwe saadbehand­elingsoplo­ssings te skep.

Volgens Kolli is daar beduidende geleenthei­d om biotegnolo­gie-oplossings in die streek uit te brei.

Die maatskappy het reeds ’n aantal produkte wat gunstig is vir die grond- en klimaatske­nmerke van Afrika en die Midde-Ooste, maar daar is ruimte vir baie meer markvoorui­tgang.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa