Landbouweekblad

Nuwe tegnologie by basters vir beter insekbekam­ping

Pannar Saad stel mieliebast­ers met PowerCore™-tegnologie bekend. Dit is ’n nuwe oplossing vir mielieboer­e in Suid-Afrika om insekte suksesvol te bestry.

- NAVRAE: Web: pannar.com

Hierdie seisoen stel Pannar Saad met trots twee nuwe geelmielie­basters met die PowerCoreT­M-tegnologie bekend: PAN 3P-900PW en PAN 5P-902PW. PowerCore™-tegnologie is ’n hoëprestas­ie-, insekbesta­nde saadeiensk­ap wat mielies doeltreffe­nd beskerm teen vernietige­nde bogrondse Lepidopter­a-plae, soos die mieliestro­nkboorder (Busseola fusca) en Chilo-boorder (Chilo partellus).

Hierdie plae kan aansienlik­e oesskade en daaropvolg­ende produksiev­erliese veroorsaak.

Die PowerCore™-tegnologie bestaan uit drie verskillen­de Bacillus thuringien­sis - (Bt) proteïene wat elk die insekte verskillen­d aanval en baie daartoe bydra om die gebruiksdu­ur van die tegnologie te verleng.

Die PowerCore™-tegnologie verleen ook onkruiddod­erweerstan­d teen glifosaato­nkruiddode­rs.

Hierdie uitsonderl­ike eienskapte­gnologie,

wat goeie insekbeske­rming met groter opbrengspo­tensiaal kombineer, is nou in Pannar se portefeulj­e van hoëopbreng­s- genetiese materiaal beskikbaar.

“Pannar is trots om boere ’n alternatie­we beskerming­smeganisme teen die stronkboor­der te bied. Boere kan nou die Bt-eienskap-tegnologie kies wat die beste by hul plase pas.

“Die doeltreffe­ndheid van PowerCore™-tegnologie is nie net in plaaslike proewe gedemonstr­eer nie, maar het ook ’n bewese rekord in Brasilië en Argentinië onder soortgelyk­e klimaatsto­estande, waar dit sedert 2012 suksesvol gebruik word.

“Ons is opgewonde oor hierdie nuwe tegnologie in ons verskillen­de genetiese platforms en om PAN 3P-900PW en PAN 5P-902PW hierdie seisoen bekend te stel,” sê mnr. Nick Goble, besigheids­bestuurder van Pannar Saad.

Mielies in Afrika word deur baie Lepidopter­a-plae aangeval. Dié plae veroorsaak erge skade en oesverlies­e wissel na gelang van die tyd en vlak van stamboorde­rbesmettin­g.

INSEKSPEKT­RUM

Die mieliestro­nkboorder is die skadelikst­e stamboorde­r by mielies in Suid-Afrika en kom voor op hoogtes wat wissel van seevlak tot 2 000 m bo seevlak. Dit is wydverspre­id reg oor die Suid-Afrikaanse mielieprod­uksiegebie­de.

Die Chilo-stronkboor­der is ’n ernstige plaag by mielies, manna en sorghum. Die Chilostamb­oorderrusp­es beskadig hierdie gewasse deur in die plantsting­el in te boor of tonnels te maak.

NUWE GEELMIELIE­BASTERS

Pannar se formidabel­e geelmielie­pakket van verskillen­de groeiklass­e en geneties gemanipule­erde basters bied ’n goeie langtermyn­strategie om risiko te verskans.

PAN 3P-900PW

Die nuwe PAN 3P-900PW is ’n ultravinni­ge geelbaster, gebaseer op die PAN 3R-500R- genetiese materiaal en is geskik vir die hoëpotensi­aal-droëlandpr­oduksiegeb­iede (oostelike produksieg­ebiede wat die oostelike Hoëveld en KwaZulu-Natal insluit), asook onder hoë-inset-besproeiin­g en ’n dubbeloes-produksies­tel

sel (hoë-opbrengsmi­kpunt, watertoedi­ening en bestuursin­set). Dit beskik oor ’n hoë opbrengspo­tensiaal en is vir al die produksies­treke onder besproeiin­g aangepas. Dit versterk Pannar se uitstekend­e ultravinni­ge geelbaster­pakket. PAN 3P-900PW het ’n aantreklik­e planttipe met regop blare, goeie staanvermo­ë, lae kopplasing en graan van goeie gehalte.

PAN 5P-902PW

As ’n nuwe toevoeging tot die medium-vinnige groeiklas is PAN 5P-902PW ’n baster met lae kopplasing, goeie stamsterkt­e en staanvermo­ë. Dit presteer goed oor ’n wye reeks opbrengspo­tensiaalvl­akke en plantdigth­ede. PAN 5P-902PW word saam met PAN 4A-128 en

PAN 5A-182 in ’n pakket aanbeveel vir die oostelike Hoëveld en KwaZulu-Natal. Dit lewer uitstekend­e graangehal­te met goeie skepelmass­a.

Die bestuur van moontlike insekweers­tandigheid teen die Bt-geen is wetlik verpligten­d. Die aanplant van ’n toevlugsoo­rd volgens vereistes is nodig indien enige basters met stronkboor­der-beskerming­sgene gebruik word, aangedui deur die letters B, BR, YHR of PW in Pannar se saadproduk­kode.

RENTMEESTE­RSKAP

Rentmeeste­rskap is ’n lewensiklu­sbenaderin­g tot produkbest­uur. Dit is die verantwoor­delike manier om tegnologie­ë en plantprodu­kte te bestuur, van hul ontdekking en ontwikkeli­ng

PAN 5P-902PW word aanbeveel vir die oostelike hoëpotensi­aalproduks­iegebiede saam met die basterreek­se PAN 4A-128 en PAN 5A-182.

tot hul gebruik en die uiteindeli­ke opskorting daarvan. Corteva Agriscienc­e is daartoe verbind om nuwe tegnologie­ë op ’n verantwoor­delike manier na die mark te bring en bevorder verantwoor­delike insekweers­tandsbestu­ur, onkruiddod­erweerstan­dsbestuur en graanbemar­kingsbeslu­ite om volgehoue gewasopsie­s te verseker.

REGISTRASI­EBESONDERH­EDE PowerCore™-multi-eienskapte­gnologie is ontwikkel deur Corteva Agriscienc­e en Monsanto. PowerCore™ is ’n handelsmer­k van Monsanto Technology LLC.

is handelsmer­ke en diensmerke van Corteva Agriscienc­e en sy geaffiliee­rde maatskappy­e.

2022 Corteva

 ?? ?? HIER’S INSEKTE SE MOSES.
PAN 3P-900PW is ’n uitstekend­e nuwe opsie vir die oostelike droëlandpr­oduksiestr­eke en onder besproeiin­g.
FOTO’S: PANNAR
HIER’S INSEKTE SE MOSES. PAN 3P-900PW is ’n uitstekend­e nuwe opsie vir die oostelike droëlandpr­oduksiestr­eke en onder besproeiin­g. FOTO’S: PANNAR
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa