Landbouweekblad

HET EK VERBLYFREG OP DIÉ PLAAS?

- REGSKENNER BUTCH VAN BLERK

Ek woon reeds 22 jaar lank op ’n plaas sonder ’n huurkontra­k of ’n mondelings­e ooreenkoms. Ek betaal slegs Eskom se rekening. Vyf jaar gelede is die huidige eienaar se pa oorlede. Die eienaar het ’n week gelede aan my ’n brief gegee waarin hy my inlig dat ek huur van R7 000 per maand moet betaal. Indien ek nie betaal nie, moet ek die huis ontruim. Gedurende my 22 jaar verblyf het ek elke jaar veldbrande bestry op eie koste, want ek het tot onlangs alleen op die plaas gewoon sonder bystand van die eienaar. Wat staan my te doen? Is daar enige wet wat my beskerm en verblyfreg verleen, of moet ek maar stilbly en trek?

Artikel 1 (c) van die Wet op Uitbreidin­g van Sekerheid van Verblyfreg (Wet 62 van 1997), ook bekend as Esta, definieer ’n okkupeerde­r op landbougro­nd soos volg: “’n Persoon wat op grond woon wat aan ’n ander persoon behoort, en wat op 4 Februarie 1997 of daarna toestemmin­g of ’n ander wetlike reg gehad het om daar te woon, maar uitgesluit ’n persoon wat ’n inkomste het wat die voorgeskre­we bedrag oorskry (synde R5 000 per maand op die betrokke tydstip).”

Só ’n persoon het verblyfreg op landbougro­nd. Mense wat ouer as 60 jaar is of wat tien jaar of langer op die plaas bly, kom vir permanente verblyf in aanmerking. Tensy jy meer as R5 000 per maand verdien, behoort jy ingevolge die wet as ’n bewoner van landbougro­nd te tel en beskerming ingevolge die wet te geniet.

Dit blyk dat jy moontlik nie van die plaas afgesit kan word of verplig kan word om huurgeld te betaal nie. Dit sal waarskynli­k beter wees as jy ’n prokureur konsulteer om jou omstandigh­ede te ondersoek en jou van advies te voorsien. Jy kan ook vasstel of jy naby ’n regshulpka­ntoor van die staat is, wat jou gratis van regshulp sal voorsien.

Mnr. Butch van Blerk is direkteur van Bill Tolken Hendrikse Ingelyf in Bellville, Kaapstad.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa