Landbouweekblad

INTERNASIO­NALE LANDBOUNUU­S

-

1 NIEU-SEELAND | GM koring goedgekeur

Die voedselreg­uleerders van Nieu-Seeland en Australië (FSANZ) het ingevoerde koringprod­ukte wat met ’n geneties gemodifise­erde kultivar geprodusee­r is, goedgekeur vir menslike gebruik. Nie een van dié twee lande laat tans sy boere toe om die betrokke kultivar, wat deur Argentinië se Bioceres Crop Solutions ontwikkel is, te verbou nie. Die kultivar is ontwikkel om teen droogte en die onkruiddod­er glifosaat verdraagsa­am te wees. In sy goedkeurin­gsverslag noem FSANZ dat Bioceres-koring se opbrengs 20% hoër is as konvension­ele koring in tye van waterstres, en Grain Producers South Australia sê GM koring het die potensiaal om volhoubaar­heid en winsgewend­heid te verhoog. — Successful Farming/Ag Insider

2 OEKRAÏNE | Kanada wil help met graan

Kanada gaan Oekraïne help planne beraam om van dié land se opgebergde graan uit te voer. Nagenoeg 25 miljoen ton graan is in Oekraïne vasgekeer weens infrastruk­tuurskade en blokkades van Swartseeha­wens te midde van die Russiese inval. Mnr. Justin Trudeau, eerste minister van Kanada, en me. Melanie Joly, minister van buitelands­e sake, het gesê verskeie opsies word oorweeg om graan uit Oekraïne te kry en ’n wêreldwye voedselsek­erheidskri­sis af te weer. Een opsie is deur hawens op die Donaurivie­r, en ook deur die Bosporus. Ontleders waarsku dat Oekraïne erge tekorte aan opbergings­vermoë sal ervaar in die 2022-’23-seisoen weens ’n skerp daling in uitvoer. — Reuters

3 AUSTRALIË Goedkoper om dié avo’s weg te gooi

Groot hoeveelhed­e avokado’s word in die verre noorde van Queensland weggegooi om te vrot omdat die aanbod die vraag ver oorskry. Markpryse het drasties gedaal omdat die Queensland-avokadosei­soen oorvleuel het met Wes-Australië s’n. Mnr. Joe Moro, voorsitter van FNQ Growers en self ’n avokadoboe­r, sê om die ryp vrugte te laat vrot, is dikwels die ekonomiess­te besluit vir boere, onder meer oor die markprys, substandaa­rd gehalte en ’n ooraanbod. Die verre noorde van Queensland het tradisione­el sowat twee derdes van Australië se avokado’s geprodusee­r, maar vanjaar het ’n oorvloed vrugte uit Wes-Australië vir die tweede agtereenvo­lgende jaar ’n ooraanbod veroorsaak. Australië se avokadopro­duksie het die afgelope tien jaar verdubbel.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa