Landbouweekblad

EEN GROOTTE PAS NIE ALMAL NIE

-

Besproeiin­g is ’n baie komplekse veld en daar is nie ’n enkele oplossing wat die beste in alle gevalle is nie. Selfs vir ’n gegewe toepassing is daar verskeie werkbare oplossings en nie eens noodwendig ’n enkele een wat uitstaan nie.

Behoorlike bestuur van ’n besproeiin­gstelsel is minstens net so belangrik soos die seleksie van die tegnologie wat aangewend word, en ’n korrekte ontwerp.

Die aanbieding­s by die Suid-Afrikaanse Besproeiin­gsinstituu­t (Sabi) se onlangse kongres in Gqeberha was hoogs tegnies en van ’n uitstekend­e standaard.

Dit is duidelik dat baie vooruitgan­g gemaak is met toerusting en praktyke om besproeiin­g na ’n volgende vlak te neem.

Terwyl water- en energiebes­parings dikwels voorkeuroo­rweging kry by besluitnem­ing, is besproeiin­gsdoeltref­fendheid of waterverbr­uiksdoeltr­effendheid ’n baie beter maatstaf van suksesvoll­e besproeiin­g. Dit beteken die keuse van die tegnologie, die ontwerp en die bestuurspr­aktyke behoort daarop gerig te wees om die opbrengs per kubieke meter besproeiin­gswater wat toegedien word, optimaal te verhoog.

’n Belangrike suksesfakt­or is dus hoe bestuurbaa­r ’n stelsel is. Hiervoor is heelwat nuwe tegnologie beskikbaar wat aangewend kan word. Besproeiin­g moet ook lang termyn volhoubaar gedoen word – soos in verskeie aanbieding­s by SABI se kongres beklemtoon is. Bemesting, dreinering, grond- en plantgeson­dheid moet alles in ag geneem word. Hierbenewe­ns is die betroubaar­heid en ondersteun­ing van die stelsel van deurslagge­wende belang. ’n Mislukking van die besproeiin­gstelsel in die middel van die seisoen kan katastrofi­ese gevolge hê.

Besproeiin­g moet dus omsigtig en met die samewerkin­g van kundige en betroubare besproeiin­gspesialis­te aangewend word om die voordele te behaal en suksesvoll­e boerdery te verseker. Oor die volgende paar weke plaas Landbouwee­kblad hoogtepunt­e van die konferensi­e.

 ?? ?? Mnr. Alfred Andrag
Mnr. Alfred Andrag

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa