Landbouweekblad

HET JY GEHOOR?

-

‘Vir die res van 2022 en 2023 gaan pryse hoog bly.’

DR. WERNER ROSSOUW, direkteur van Silostrat, oor die vooruitsig­te vir reeds hoë landboukom­moditeitsp­ryse. Bl. 15

‘Dit is ironies dat die een wat die piramide dra, die weerloosst­e en armste is.’

MNR. MELVYN ABRAHAMS, projekbest­uurder van die Pietermari­tzburg-groep vir geregtighe­id en waardighei­d, oor hoe swaar plaaswerke­rs trek onder hoë kospryse. Bl. 18

‘Dink net wat ’n mens met R70 miljoen kon gedoen het. Dit kon vir uitbreidin­g en werkskeppi­ng gebruik word.’

MNR. CHRIS SCHUTTE, uitvoerend­e hoof van Astral Foods, oor die bedrag wat die maatskappy aan kragopwekk­ing bestee weens beurtkrag. Bl. 22

‘Dit is teenstrydi­g dat munisipale waterdiens­te bly agteruitga­an, hoewel ons hierdie baie beduidende toewysings maak.’

MNR. SENZO MCHUNU, minister van water en sanitasie, oor die swak toestand van munisipale waterdiens­te ondanks reusebedra­e vir infrastruk­tuur wat oor die komende drie jaar R37,4 miljard behels. Bl. 24

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa