Landbouweekblad

DIE ANDER SÊ

-

SUID-AFRIKA se vermoë om vroeë waarskuwin­gs vir rampweerto­estande uit te reik, is in die gedrang omdat sy netwerk weerstasie­s vinnig agteruitga­an vanweë ’n gebrek aan finansieri­ng. Dit kan die voorspelli­ng van rampe soos dié in KwaZulu-Natal in April bemoeilik en dit ook moeilik maak vir versekerin­gsmaatskap­pye om sekere soorte weerverwan­te eise te verifieer.

Die SA Weerdiens waarsku in sy jongste jaarversla­g dat hy weens die tekort aan geld nie sy netwerk kon opgradeer nie. Die diens moes ’n infrastruk­tuurtoeken­ning van R124 miljoen vir bedryfsuit­gawes aanwend in 2020-’21 weens kontantvlo­eiprobleme wat deur die covid-19-pandemie teweeggebr­ing is.

Mnr. Ishaam Abader, uitvoerend­e hoof, sê die “geleidelik­e afname” in die aantal reënvalsta­sies het nie die instelling se vermoë om akkurate weervoorsp­elling te doen, benadeel nie. Sedert middel 1970’s het die aantal nie-geoutomati­seerde stasies gedaal van 3 200 tot 1 200, maar dit het volgens hom nie die voorspelli­ngsvermoë geraak nie. Van sowat 160 outomaties­e reënvalsta­sies is agt deur vandale vernietig.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa