Landbouweekblad

BELOWENDE TEKENS VIR DIFFERENSI­AAL

-

Die tegniese werkgroep wat ’n nuwe model vir die liggingsdi­fferensiaa­l bestudeer, sê hy “het nog nie ’n rede gekry vir hoekom dit nie kan werk nie”, volgens mnr. Derek Mathews, voorsitter van Graan SA en lid van dié werkgroep. Graan SA het vroeër vanjaar aangekondi­g die JSE heroorweeg die liggingsdi­fferensiaa­l vir graan.

’n Nuwe model wat aanvanklik op sojabone gegrond word, bereken die liggingsdi­fferensiaa­l met liniêre programmer­ing deur produksie-inligting en ’n driejaarge­middelde in ag te neem. Vir die stelsel om in 2024 in werking te tree, moet die JSE sy besluit teen Desember vanjaar neem. Lees meer by bit.ly/3MprQl7.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa