Landbouweekblad

R4,5 miljard 400 000

-

Die Suid-Afrikaanse Brouerye wil vanjaar R4,5 miljard in sy plaaslike bedrywighe­de belê. Dit sluit R1,9 miljard op herwinbare bottels in en onderskeid­elik R825 miljoen en R510 miljoen op die vergroting van die vermoë van sy Prospecton-brouery in Durban en sy Ibhayi-brouery in die Oos-Kaap. Die maatskappy het ná die covid-19-verwante verbod op alkoholver­kope R5 miljard se beleggings afgelas, maar sedertdien geleidelik nuwe beleggings aangekondi­g. —

Danksy uitbreidin­gs aan sy Festive-verwerking­saanleg in Olifantsfo­ntein, Gauteng, kan Astral Foods nou 400 000 meer hoenders per week slag as ’n jaar tevore. Teen April 2023 sal nóg 400 000 meer per week geslag kan word. In die jongste halfjaar het Astral 5,9 miljoen braaihoend­ers per week geslag. Hoendervle­is-invoer was in die ses maande tot Maart 6% laer as ’n jaar tevore, maar is steeds 24% van plaaslike verbruik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa