Landbouweekblad

VAN STANDBEELD­E EN OOM BOETIE

-

Ek hou baie van standbeeld­e. Hulle vertel stories van wat daardie mens gedoen het vir die samelewing en vir ander mense, en dat hy of sy betekenis gehad het.

En die standbeeld­bouer moes kunstig gewees het om uit ’n stuk graniet of marmer iets te kap wat soos ’n mens lyk. Ek wonder altyd waar sy eerste kap en beitel gaan wees.

Dit moet nogal ’n eer wees as hulle ’n standbeeld van jou maak. Net jammer dit is gewoonlik eers wanneer jy nie meer hier is om dit te sien nie, dat daar besluit word om jou in klip te verewig.

Ek ken ’n paar mense vir wie ek ’n standbeeld wil bou. Vir party wat nie meer op aarde is nie, maar vir ’n hele paar terwyl hulle nog hier is, sodat hulle kan sien watter groot invloed hulle op my lewe het.

Maar wat nog beter as ’n mensgemaak­te standbeeld is, is as die Here vir jou ’n standbeeld bou. Sommer so, voor jy nog gebore is, het Hy besluit om jou iewers staan te maak naby waar jy gaan bly, en waar iemand jou gaan raaksien.

Ons moes hoog bo in ons berg klim om hom te sien. Baie hoog. En dít is waar ons hom sien staan het: Kiertsrego­p, hoedjie oor die kop getrek – oom Boetie de Kock se standbeeld (foto). So asof die Here hom wil laat bewaar vir die nageslag, net soos sy stories. Dié van julle wat vir oom Boetie ken, sal hom beslis herken.

Oom Boetie, jy is uit rots gekap. As die Here nie vir jou ’n standbeeld opgerig het nie, sou ek. Want jy is die enigste oom wat ek ken wat nog stories vertel. En wat sê ek was ’n koekblik-dogtertjie toe ek klein was.

Ek hoop iemand gaan eendag van my ’n standbeeld staan maak. Dat van my gesê sal word ek was goed, ek het betekenis gehad en ek het waarde tot

ander se lewens toegevoeg. Of dalk moet ek vandag gaan berg klim. Ek staan dalk ook reeds iewers, sonder dat ek dit weet . . .

ANNI HOFFMAN

Keisie, Montagu

VEEDIEFSTA­L BUITE BEHEER

Veediefsta­l in Suid-Afrika is buite beheer en die polisie verloor die stryd om dit behoorlik te ondersoek. Dít kom duidelik na vore uit die antwoord op ’n parlementê­re vraag wat ek aan mnr. Bheki Cele, minister van polisie, gevra het.

Veeboerder­y is ’n integrale deel van die landbousek­tor en veediefsta­l knou veeboere. Die onvermoë van die polisie om veediefsta­lsake op te los, beteken dat dit buite beheer is.

Volgens die antwoord van die minister is 26 923 veediefsta­lsake in die tydperk 1 April 2021 tot 28 Februarie 2022 by veediefsta­leenhede aangemeld. Van hierdie sake is slegs 7 800, of 28,9%, opgelos.

Klagtes van boere is dat sommige veediefsta­leenhede nie genoeg lede het nie, asook ’n tekort aan voertuie en ’n gebrek aan kundigheid. Korrupsie het ook ’n groot invloed en daar is bewerings dat senior offisiere in die polisie self by diefstalsi­ndikate betrokke is.

Die provinsie met die meeste klagtes in die betrokke tydperk was KwaZulu-Natal met 7 227 aangemelde sake, gevolg deur die Oos-Kaap met 5 533 sake.

Die provinsie met die swakste oplossings­yfer is Limpopo met slegs 16,5% van sake wat opgelos is, gevolg deur Gauteng met ’n oplossings­yfer van 16,9%.

Daar sal drasties opgetree moet word. Genl. Fannie Masemola, nuwe kommissari­s van polisie, sal moet sê watter stappe hy gaan doen om die probleem op te los.

Ek sal ook verdere vrae in die parlement vra oor die vermoëns van die veediefsta­leenhede. DR. PIETER GROENEWALD Leier, VF Plus

HIER IS DIE FEITE

■ In die berig “Loskopvall­ei-katoenbedr­yf gedy danksy vennootska­p” (LBW, 19 Mei 2022, bl. 20) is berig die groei van die streek se katoenprod­uksie kan waarskynli­k toegeskryf word aan die nuwe bestuur en eienaarska­p van die pluismeul op Marble Hall. Die pluismeul het egter nie van eienaar verander nie, maar net van bestuur.

■ In die artikel “Die land van melk, heuning en harde werk” (LBW, 19 Mei 2022, bl. 48) is die verkeerde kontakbeso­nderhede vir mnr. Tony Katz gegee. Sy selfoonnom­mer is 082 951 5844 of besoek die webwerf www. bigskylabo­rsolutions.com.

Landbouwee­kblad korrigeer graag onjuisthed­e in artikels en nuusberigt­e. Stuur inligting oor regstellin­gs aan Jan Bosman, Landbouwee­kblad, Posbus 1802, Kaapstad 8000; e-pos: jan.bosman@landbou.com; 021 406 3183.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa