Landbouweekblad

EERSTE LUGKUSSING VIR DIE LANDBOU

- Uit: Die Landbouwee­kblad, 5 Junie 1962

Die eerste landbouwer­ktuig wat van ’n lugkussing gebruik maak, het in Brittanje die lig gesien. Wanneer die grond te nat of te ongelyk is, word die voertuig met behulp van sy eie lugkussing van die grond af gelig.

Die prototipe van hierdie werktuig — ’n gewone Land Rover met vierwielaa­ndrywing — is onlangs deur Vickers-Armstrong in Oxfordshir­e vertoon. ’n Drie voet (91 cm) hoë rubberromp word onder om die Land Rover geheg en twee sentrifuga­le waaiers blaas elke sekonde 500 kubieke voet (sowat 14 m3) lug onder die romp in.

Dié lug veroorsaak ’n drukking van 40 pond per vierkante duim (sowat 28 kg per m2) en kan die voertuig saam met sy vrag tot ’n gewig van 7 000 pond (3 175 kg) oplig en dra.

Die voertuig beweeg maklik oor ruwe paaie en sweef liggies oor ’n deurweekte land waarin ’n gewone voertuig hopeloos sou vasval. Hoewel die voertuig ook gebruik kan word om vloeibare kunsmis toe te dien, moet die plante dan nie te hoog wees nie.

Die lugkussing help net om die gewig op die wiele te verminder.

Die voertuig met die lugkussing kos sowat R7 000. Die lugkussing kan ook afsonderli­k gekoop word en ’n mens kan dit self aansit of afhaal wanneer dit nodig is. Die kussing op sy eie kos omtrent R4 000.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa