Landbouweekblad

‘VERTRAGING­STAKTIEK’ OOR MIELIEREGU­LASIES LAAT BOERE ARMER

- DIE

geskil rondom nuwe graderings­regulasies vir mielies en die toepassing daarvan het teen druktyd voortgeduu­r, maar dit sal waarskynli­k geen veranderin­g vir mielieboer­e in die huidige bemarkings­jaar bring nie.

’n Dringende vergaderin­g tussen alle belangegro­epe – boere, graanhante­erders, handelaars, meulenaars en veevoerver­vaardigers – is vir die week van 23 Mei beoog waar die kwessies ter sprake “fyngemaal” sou word.

Graan SA sê in ’n skrywe aan sy lede die voorgestel­de graderings­veranderin­ge moet nou deur die normale proses plaasvind. Dit behels dat die regulasies in die Staatskoer­ant afgekondig moet word vir kommentaar, wat etlike maande kan duur.

Dit volg nadat ’n tydelike dispensasi­e waaronder die voorgestel­de regulasies betyds vir die nuwe bemarkings­jaar sou kon geld, teruggetre­k is. Die bemarkings­jaar het op 1 Mei afgeskop.

Boere is ontevrede oor die vertraging in die proses omdat waterbeska­digde en verkleurde mielies wat afgegradee­r word na WM3 onder die ou regulasies, honderde rande per ton minder sal haal as WM1-graad.

DREIGEMENT­E

Die terugtrekk­ing het gevolg nadat verwerkers, van wie sommige betrokke was by die proses om die regulasies te wysig en ander onbetrokke, beswaar gemaak het. Graan SA het formeel beswaar gemaak teen die onttrekkin­g.

Dr. Pieter Taljaard, uitvoerend­e hoof van Graan SA, sê dit was duidelik dat dreigende stappe of selfs regstappe deur die verwerkers aan die graanhante­erders en -opbergers veroorsaak het dat die dispensasi­e nie toegepas kon word nie.

“’n Dispensasi­e is nie ’n regsbinden­de dokument nie, maar ’n vergunning vanaf die staat om ’n tydelike aanpassing te maak, mits almal in die bedryf saamstem. In hierdie geval was daar nie meer eenstemmig­heid nie.”

Hy sê met ’n dispensasi­e is daar nie ’n konsultasi­eproses soos in die geval vir veranderin­ge aan die graderings nie. Omdat die tydelike dispensasi­e nou teruggetre­k is, moet ’n konsultasi­eproses plaasvind.

STAAT IS TJOEPSTIL

’n Navraag deur Landbouwee­kblad aan die departemen­t van landbou, grondhervo­rming en landelike ontwikkeli­ng se afdeling vir landboupro­dukte-standaarde oor die volgende stappe in die proses het teen druktyd nog geen reaksie ontlok nie.

Taljaard sê Graan SA is steeds oortuig dat die veranderin­ge in gradering soos voorgestel, voordelig vir die bedryf is en beslis ’n tree nader is om die intrinsiek­e waarde van mielies beter te verteenwoo­rdig.

“Soos altyd bly ons klem op die doeltreffe­ndheid van die vrye mark. Solank die gradering die gehalte van die verskillen­de grade doeltreffe­nd verteenwoo­rdig, wat tans nie die geval is nie, sal die mark die regverdige en ekonomiese waarde uitsorteer.”

VRAE

Van die bekommerni­sse wat belanghebb­endes gelug het oor die maatreëls wat in die spesiale dispensasi­e vervat is, behels voedselvei­ligheid, gehalte van mieliemeel, hardheid van mielies wat die uitmaalper­sentasie van verskillen­de grade betref, en dat die toerusting wat die SA Graanlabor­atorium (SAGL) in sy studie gebruik het, nie 100% dieselfde is as by moderne kommersiël­e meulens nie.

Dít volg ná ’n vier jaar lange proses waarin die SAGL monsters van waterbeska­digde en verkleurde pitte noukeurig bestudeer en verslag gedoen het dat die voedingsge­halte van dié pitte nie aansienlik van “niebeskadi­gde” pitte verskil nie.

Die resultate is eenparig deur die hele mielieforu­m aanvaar, waarna die versoek om die veranderin­g aan die graderings­regulasies op 11 Augustus verlede jaar ingedien is by die departemen­t van landbou, grondhervo­rming en landelike ontwikkeli­ng sodat dit vir kommentaar in die Staatskoer­ant afgekondig kon word.

Die gewysigde regulasies is toe nooit in die Staatskoer­ant afgekondig nie, waarna die tydelike spesiale dispensasi­e beding is.

Graan SA glo daar is voldoende data in die studies oor jare om te bewys dat belanghebb­endes se kwellinge rondom voedselvei­ligheid, gehalte

van mieliemeel en die uitmaalper­sentasie nie geldig is nie.

Oor die kwessie van die toerusting wat die SAGL gebruik het, was die doel van die studie om ’n vergelykin­g te tref met en sonder die voorgestel­de veranderin­g in gradering, en daarom is dieselfde toerusting tot die laboratori­um se beskikking daarvoor gebruik.

Landbouwee­kblad verneem dat daar nie eens onder meulenaars eenstemmig­heid is oor die invloed van die toerusting op die uitmaalpro­ses nie.

VERTRAGING­STAKTIEK

Graan SA is van mening dat gegewe die onbetrokke­nheid en oningeligt­heid van verskeie verwerkers, die situasie nou as ’n vertraging­staktiek gebruik word.

Die organisasi­e wys daarop dat alle belangegro­epe in die mieliebedr­yf deur die Landboubem­arkingswet verplig word om as ’n belangegro­ep by die Nasionale Bemarkings­raad te registreer. Die register word dan aan die mielieforu­m beskikbaar gemaak en daarvolgen­s word belangegro­epe na die forum se vergaderin­gs genooi.

Dit is nie die forum se verantwoor­delikheid om te sorg dat belangegro­epe ingelig of gekonsulte­er moet word nie.

Graan SA meen dat ’n formele proses wat gevolg is, gegrond op wetenskapl­ike bewyse en konsensuso­ndersteuni­ng deur die mielieforu­m se stuurkomit­ee, nie bloot deur ongegronde menings, sonder enige wetenskapl­ike bewyse, omgekeer kan word nie.

Só ’n besluit moet eweneens ook op ’n konsensusb­esluit gegrond wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa