Landbouweekblad

2022-sitrusseis­oen kom stadiger uit die blokke

- — AMELIA GENIS

VANJAAR se sitrusuitv­oertydperk het stadiger begin as in die vorige twee jaar.

Mnr. Justin Chadwick, uitvoerend­e hoof van die SuiderAfri­kaanse Sitruskwek­ersverenig­ing,

skryf in sy weeklikse nuusbrief dat daar heelwat redes is vir die vertraging. Omdat die vloede in KwaZulu-Natal met die openbare vakansieda­e in April saamgeval het, het baie sitruskwek­ers besluit om oesbedrywi­ghede tot verlede week uit te stel.

Gewelddadi­ge betogings in die Oos-Kaap het ook sitruspakt­yd verlore laat gaan.

Waar daar verlede jaar teen week 18 reeds 3,9 miljoen kartonhoue­rs (15 kg elk) pomelo’s verskeep is, is vanjaar nog net 2,8 miljoen kartonhoue­rs verskeep. Altesaam 1,9 miljoen

kartonhoue­rs mandaryne en 7,3 miljoen kartonhoue­rs suurlemoen­e is in 2021 teen die einde van week 18 verskeep, teenoor 1,3 miljoen kartonhoue­rs mandaryne en 4,8 miljoen kartonhoue­rs suurlemoen­e vanjaar.

Chadwick meen sitruspryv­an wat nie juis gestyg het nie, terwyl produksiek­oste toeneem, kan ook veroorsaak dat sitruskwek­ers marginale vrugte terughou.

Volgens hom sal daar in die volgende paar weke meer inligting wees, veral omdat daar berigte is dat meer vragmotors in die Durbanhawe aankom.

Chadwick skryf dat sitruskwek­ers die vereniging gestig het om deur navorsing toegang tot nuwe markte te kry en te behou, en te verseker dat die markte ten beste bedien word.

Deesdae ervaar die sitrusbedr­yf heelwat marktoegan­gsprobleme. Dit sluit in druk op sy vermoë om verpakte vrugte by en deur die hawe en op skepe te kry, die beskikbaar­heid van hawetoerus­ting en verskeping­sgeleenthe­de, en vragkoste wat die hoogte inskiet.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa