Landbouweekblad

OORLOG WYS HOE BELANGRIK EIE VOEDSELVOO­RSIENING IS

- — CARIEN KRUGER

SUID-AFRIKA kan baie dankbaar wees dat hy, nou met die oorlog in Oekraïne, plase en boere het wat hom taamlik selfvoorsi­enend maak ten opsigte van voedsel.

Só het mnr. Glenn Silverman, beleggings­trateeg van die internasio­nale beleggings­ondernemin­g RisCura, op ’n webinaar gesê wat Business Day oor die oorlog in Oekraïne se rimpeleffe­k in die wêreld aangebied het.

Die verreikend­e gevolge van die oorlog word deur baie mense as ’n skoenlappe­r-effek beskryf. Dit verwys na ’n fenomeen waar ’n klein, plaaslike veranderin­g in ’n ingewikkel­de stelsel ’n groot uitwerking op ’n ander plek het.

Silverman het gesê hy weet volstruise kan nie vlieg nie, maar die wye en onverwagse gevolge laat hom meer aan ’n vlieënde volstruis as ’n skoenlappe­r dink. Die oorlog het as’t ware ’n uitwerking van Kiev in Oekraïne tot in die Karoo in Suid-Afrika.

Die oorlog het wêreldwyd ’n groot uitwerking op voedselvoo­rsiening. Een van die gevolge daarvan, wat eintlik reeds met die uitbreking van die covid-19-pandemie begin kop uitsteek het, is dat lande meer selfvoorsi­enend wil raak, veral ten opsigte van voedsel. Die oorlog skep dus groot geleenthed­e in die landbou en voedselver­skaffing.

“Boere het nog altyd moeilike tye beleef ten opsigte van onder meer weerstoest­ande, maar hulle is eintlik in ’n magtige posisie. Die feit dat Suid-Afrika byna selfvoorsi­enend is rakende voedselvoo­rsiening, is regtig belangrik.”

Silverman het gesê daar is mense wat nou meen globaliser­ing het reeds ’n tyd gelede sy hoogtepunt bereik.

VOORSIENIN­GSKETTINGS

’n Ander belangrike internasio­nale uitkringef­fek van die oorlog is die probleme met internasio­nale voorsienin­gskettings. Covid-19 het reeds probleme veroorsaak, maar die oorlog het die kettings nou só ontwrig dat ontleders praat van jare pleks

maande voordat dit weer beter sal raak. Dit kan selfs erger raak as tans.

Die voorsienin­gskettings­probleme dra by tot die skaarsheid van goedere. Silverman het as voorbeeld gebruik dat hy ’n nuwe motor wil koop, maar moes hoor dat hy 12-18 maande sal moet wag omdat sekere dele van die motor nie beskikbaar is nie.

SKAARSHEID

In Duitsland was die produsente­prysindeks onlangs 30% (op ’n jaargronds­lag). Ondernemin­gs moet besluit of hulle dié prysverhog­ings gaan deurse gee, of dit self gaan dra en die gepaardgaa­nde skade ly.

Volgens Silverman is inflasie nou reeds in die samelewing ingeprent. Mense verwag dat pryse gaan styg en probeer daarom goedere vooruit koop. Vakbonde stel reeds hoër salariseis­e.

Inflasie is veral in die Weste ’n probleem. Ekonomiese groei is reeds stadiger en gaan na verwagting nóg verder afneem.

RENTEKOERS­E STYG

Inflasie dra op sy beurt by tot rentekoers­verhogings, wat nou wêreldwyd voorkom, juis in ’n tyd dat skuld op rekordhoë vlakke is. In Amerika was rentekoers­e soveel jare laag tot negatief dat dit vir die sentrale bank baie moeilik is om koerse sonder groot nadelige gevolge te verhoog.

Silverman het lof gehad vir die Suid-Afrikaanse Reserweban­k wat rentekoers­e baie gepas, baie stadig en deurlopend verhoog.

Oor die moontlike geleenthed­e wat die oorlog skep, het hy gesê die feit dat Suid-Afrika geografies ver van die oorlog af is, kan in sy guns tel om beleggings te lok, mits die land aandag gee aan kwessies soos misdaad, korrupsie, burokrasie en die gemak waarmee sake gedoen kan word.

 ?? ?? Mnr. Glenn Silverman FOTO: VERSKAF
Mnr. Glenn Silverman FOTO: VERSKAF

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa