Landbouweekblad

KOSTEKNYPT­ANG KAN MELKPRODUK­SIE NOG VERDER KNOU

- — CARIEN KRUGER

DIE Melkprodus­ente-organisasi­e (MPO) waarsku dat die produksie van onverwerkt­e melk vanjaar wéér kan verminder indien stygings in melkboere se plaashekpr­yse nie vergoed vir die groot styging in hul produksiek­oste nie.

Volgens mnr. Fanie Ferreira, uitvoerend­e hoof van die MPO, was die totale produksie in die eerste drie maande vanjaar 0,86% laer as in verlede jaar se eerste drie maande en 5,58% laer as in die eerste drie maande van 2020.

Produksie was in Maart vanjaar 3,23% laer as in Maart 2021, wat vanweë die gure weer vanjaar kon wees, maar ook weens negatiewe marges wat op plase ervaar word.

Die jongste beskikbare gemiddelde plaashekpr­ys is sowat R6,60/liter, met die melk-tot-voerprysve­rhouding gevolglik 1,16:1. “Dit is laag en sal produksie verder afdruk. Die effek van die buitengewo­ne styging in produksiek­oste op plaasvlak gaan in die komende maande melkproduk­sie verder onder druk plaas indien melkkopers nie melkpryse voldoende aanpas nie,” sê Ferreira.

Die MPO voer gereeld gesprek met belanghebb­endes stroomaf in die waardekett­ing om die verwagte uitwerking van boere se stygende koste te verduideli­k.

Mnr. Bertus van Heerden, hoofekonoo­m by die MPO, sê terugvoer uit die mark dui daarop dat daar in April beperkte stygings in plaashekpr­yse was.

“As ’n mens die Maart-prys as barometer gebruik, wys dit dat die plaashekpr­ys in nie reageer op die vlak van die primêre bedryf se koste-knyptang nie. Dit wek die indruk dat die mark nie bekommerd is oor die aanbod van onverwerkt­e melk nie.”

EUROPESE MELKBOERE WEN

Die gemiddelde Suid-Afrikaanse plaashekpr­ys was in Maart vanjaar 11,8% hoër as verlede Maart. Daarteenoo­r het Europese melkboere se gemiddelde prys volgens syfers van die Europese kommissie sedert Augustus verlede jaar deurlopend bly styg. In April was dit 25% hoër as ’n jaar gelede.

Die stygings wissel met 19% in Frankryk en 35% in Nederland. In Pole, van waar Suid-Afrika in die afgelope paar jaar langleweme­lk ingevoer het, het pryse met 30% gestyg.

Van Heerden sê dié prysstygin­gs wys dat die stroomaf deel van die Europese melkwaarde­ketting in pas is met wat in die primêre deel van die ketting gebeur. Hy meen daar word deeglik besef dat die kostestySu­id-Afrika

gings op plaasvlak erger is as in enige vorige tyd.

Syfers toon verder dat die oorlog in Oekraïne en die gepaardgaa­nde sanksies teen Rusland die internasio­nale melkmark min versteur het.

Dit is waarskynli­k omdat Belarus vanaf 2010 tot 2021 Europese lande as Rusland se grootste bron van die invoer van melk en melkproduk­te vervang het.

Tot dusver vanjaar lyk dit nie asof Suid-Afrika groot hoeveelhed­e gaan invoer nie.

Van Heerden sê internasio­nale produkprys­e vir botter, cheddar en volroom- en afgeroomde melkpoeier is in randwaarde op rekordhoë vlakke. Internasio­nale logistieke probleme bly ook ’n groot struikelbl­ok.

LAER PRODUKSIE

Die onvoldoend­e opwaartse beweging in plaaslike boerepryse wek volgens Van Heerden die indruk dat die aanbod wel voldoende is en produksieg­roei onnodig is.

“Namate dit duurder raak om te produseer, gaan boere minder produseer. ’n Weidingsbo­er sal waarskynli­k minder stikstof per hektaar toedien, wat sal beteken dat hy minder diere per hektaar kan aanhou en produksie uiteindeli­k sal verlaag.” Hy reken ’n daling van 3% in produksie sal die plaashekpr­ys beter laat beweeg.

Die uitwerking van duurder produksiem­iddele soos kunsmis gaan volgens Ferreira ál duideliker word omdat sommige boere vooruit voorraad teen laer pryse gekoop het en nou eers aanpassing­s gaan begin maak volgens die nuwe pryse.

VRAAG NA VRYSTAATSE MELK

Boere van Kroonstad ervaar intussen ongewone belangstel­ling in hul melk.

Mnr. Riaan Oosthuizen sê dit is waarskynli­k weens die groot styging in brandstofk­oste wat vervoer van ander provinsies na Gauteng baie duur maak, asook die tradisione­le laer aanbod van onverwerkt­e melk in die winter. “Ek vermoed Gautengse melkverwer­kers ervaar dat die vraag na onverwerkt­e melk groter is as die aanbod.”

Oosthuizen se melkboerde­ry is weidinggeb­aseer en hy het 1 000 koeie in melk. Hy het oorweeg om vanjaar sy melkery weens die onwinsgewe­nde plaashekpr­ys te beëindig en hom net op sy graanboerd­ery toe te spits. “’n Mens moet jou tyd bestee aan dié bedrywighe­de waar jou geld vandaan kom, maar dit lyk nou vir my asof ek gaan regkom. Ek het ’n paar goeie aanbieding­e (vir plaashekpr­yse) gekry.”

 ?? FOTO: LIZA BOHLMANN ?? Die produksie van onverwerkt­e melk was in Maart vanjaar meer as 3% laer as ’n jaar gelede.
FOTO: LIZA BOHLMANN Die produksie van onverwerkt­e melk was in Maart vanjaar meer as 3% laer as ’n jaar gelede.
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa