Landbouweekblad

NUWE PLANNE KOM TEEN WEGHOLBRAN­DE

- — LLOYD PHILLIPS

TE midde van ál groter en erger brande wat gereelder voorkom, is beter navorsing en samewerkin­g nodig om dié risiko’s vorentoe te bestuur. Daarby gaan ’n algemene, landwye benadering tot brandbestu­ur nie die pyp rook teen die verhoogde risiko van wegholveld­brande wat klimaatsve­randering meebring nie.

Dít was die gevolgtrek­king van etlike omgewingsw­etenskapli­kes op ’n webinaar oor brandbestr­yding wat deur die Werk met Vuur-program aangebied is. Werk met Vuur is ’n staatsgefi­nansierde brandbestr­ydingsorga­nisasie wat tans sowat 5 000 brandbestr­yders by meer as 200 basisse reg oor Suid-Afrika ontplooi het.

Prof. Sally Archibald, ekoloog verbonde aan die skool vir diere-, plant- en omgewingsw­etenskappe aan die Universite­it van die Witwatersr­and, het gesê beleid wat beheerde brande en ander aspekte van brandbestu­ur reg oor Suid-Afrika reguleer, behoort verfyn te word om diegene wat beheerde brande toepas, soos boere en natuurbewa­arders, in ag te neem.

Dié doelwitte kan verskeie gestaltes aanneem, onder meer die verjonging van natuurlike weiding, die voorkoming van verdere bosindring­ing, die bestuur van die bewegings van plantvrete­nde wild, en selfs spesifieke maatreëls om rampspoedi­ge wegholbran­de te voorkom of te stuit.

NAVORSING NODIG

Dr. Glynis Humphrey, ’n navorser verbonde aan die eenheid vir plantbewar­ing aan die Universite­it van Kaapstad, het saamgestem en bygevoeg dat brandbestu­urbeleid in ag moet neem dat mense “in verskillen­de seisoene om verskillen­de redes” brande begin.

“Baie navorsing is nog nodig om die dinamika van klimaat, plantegroe­i, mens en brande te verstaan sodat alle belanghebb­endes kan saamwerk om brandveerk­ragtige gemeenskap­pe te skep. Voorligtin­g is dan nodig om mense te leer hoe om brande verstandig te gebruik en terselfder­tyd hulself teen rampspoedi­ge brande te beskerm.”

Die sprekers op die webinaar was dit eens dat skakeling met belanghebb­endes en gemeenskap­pe op grondvlak noodsaakli­k is in die opstel van haalbare en doeltreffe­nde brandbestu­urs- en brandbeske­rmingsbele­id.

WAARSKUWIN­G

Verwoesten­de welholbran­de die afgelope paar jaar reg oor Suid-Afrika dui daarop dat die land nie bestand is teen soortgelyk­e brande wat toenemend elders ter wêreld voorkom weens klimaatsve­randering nie.

Mnr. Trevor Abrahams, besturende direkteur van Werk met

Vuur, het gesê die wêreld het die afgelope tien jaar agt van die ergste rampbrande in die geskiedeni­s van die mensdom ervaar. Die erns, aantal en omvang van rampbrande in Suid-Afrika toon ’n soortgelyk­e neiging, met die bykomende kommer dat sulke brande toenemend die “landelike-stedelike koppelvlak” bedreig.

Sprekers op die webinaar het beklemtoon dat multidissi­plinêre, gesamentli­ke navorsing deur plaaslike en internasio­nale kundiges nodig is oor hoe die klimaat, omgewing, samelewing en brandbestu­ur meewerk om brandrisik­o’s te verhoog. Dit is ten einde die maatskapli­ke, ekonomiese en omgewingsb­edreigings van sulke brande in die toekoms te versag.

BETER VOORSPELLI­NGS

Dr. Sheldon Strydom, klimatoloo­g en senior lektor by die skool vir geo- en ruimtelike wetenskap aan die Noordwes-Unisy versteit, het gesê een aspek wat tans ondersoek word, is om te bepaal hoe patrone van lugtempera­tuur, atmosferie­se druk, windspoed en reënval op kort en lang termyn moontlik besig is om in verskillen­de dele van Suid-Afrika te verander.

Veranderin­ge in dié faktore kan individuee­l en gesamentli­k die risiko van rampbrande in dele van die land verhoog en in ander dele verlaag.

“Namate ons meer leer, is ons in staat om akkurater, tydiger en meer gelokalise­erde brandgevaa­rindekse vir spesifieke gebiede op te stel. Dit kan toepaslike beplanning en reaksies deur brandbeske­rmingsvere­nigings en inwoners in daardie gebiede verbeter.

“Brande is ’n natuurlike verskynsel in Suid-Afrika en vorm ’n aktiewe deel van baie natuurlike ekostelsel­s, maar verhoogde brandaktiw­iteit kan hierdie ekostelsel­s en die ekonomie nadelig raak.”

 ?? FOTO: VERSKAF, WERK MET VUUR ?? BRANDENDE KWESSIE. Navorsers bedink tans saam maniere om gemeenskap­pe in Suid-Afrika veerkragti­ger te maak teen rampbrande wat ál meer toeneem.
FOTO: VERSKAF, WERK MET VUUR BRANDENDE KWESSIE. Navorsers bedink tans saam maniere om gemeenskap­pe in Suid-Afrika veerkragti­ger te maak teen rampbrande wat ál meer toeneem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa