Landbouweekblad

Mchunu beloof óók meer spoed met lisensies

- — CARIEN KRUGER

MINSTENS 80% van waterlisen­sie-aansoeke sal in die huidige boekjaar van die departemen­t van water en sanitasie binne 90 dae verwerk word, het mnr. Senzo Mchunu, minister van water en sanitasie, in sy onlangse begrotings­rede in die parlement gesê.

Pres. Cyril Ramaphosa het vanjaar in sy staatsrede gesê dis belangrik vir groei en belegging dat onnodige rompslomp uit die weg geruim moet word, en het ’n teiken gestel dat aansoeke om waterlisen­sies binne 90 dae verwerk moet word.

Volgens Mchunu het die departemen­t ’n deeglike studie gedoen om die redes vir vertraging­s in die uitreiking van lisensies te bepaal. ’n Omvattende verbeterin­gsplan word nou in werking gestel.

“Ons het bykomende poste in ons struktuur geskep vir die verwerking van lisensie-aansoeke, sakeproses­se vir lisensiëri­ng

2 Junie 2022 verbeter, die inligtings­tegnologie­stelsels vir lisensiëri­ng verbeter, en personeel word tans opgelei.”

BEGROTING

Die departemen­t se begroting vir die huidige en volgende twee boekjare is onderskeid­elik R18,5 miljard, R20,1 miljard en R20,9 miljard.

’n Voorwaarde­like infrastruk­tuurtoeken­ning van R37,4 miljard vir munisipale waterdiens­te is by die mediumterm­yn-bestedings­raamwerk ingesluit. Dit sluit ’n toewysing in van R19 miljard vir streeksgro­otmaat-infrastruk­tuur, en een van R14 miljard vir waterdiens­teinfrastr­uktuur. Eersgenoem­de sal aan 113 projekte landwyd bestee word en laasgenoem­de aan 200 projekte.

“Dit is teenstrydi­g dat munisipale waterdiens­te bly agteruitga­an, hoewel daar hierdie beduidende toewysings is. Ons gaan dit in die toekoms deur die nodige ingryping stopsit, wat sal verseker dat water gelewer word,” het Mchunu gesê.

Die tweede gedeelte van die departemen­t se begroting is vir

waterverha­ndelingsen­titeit, wat grootliks op inkomste uit die verkoop van water staatmaak. Daaraan is R9,55 miljard in die mediumterm­yn-bestedings­raamwerk toegewys vir die ontwikkeli­ng en bestuur van die nasionale waterhulpb­roninfrast­ruktuur. Die entiteit se kliënte skuld hom nagenoeg R24,57 miljard. Munisipali­teite en waterrade is verantwoor­delik vir 65% hiervan.

Mchunu het gesê dit is noodsaakli­k dat die regering aandag gee aan die probleem van swak inkomstebe­stuur en skuld in die watersekto­r. Die departemen­t werk saam met die nasionale tesourie, die departemen­t van samewerken­de regering en tradisione­le sake, en die Suid-Afrikaanse vereniging vir plaaslike regering aan oplossings.

“Die onderligge­nde probleem waarop ons ons moet toespits, is swak rekeninge en invorderin­g op munisipale vlak.”

Mchunu het toegegee dat die departemen­t histories sy toegekende begroting onderbeste­e het, veral vir infrastruk­tuurprojek­te. “Dit is onaanvaarb­aar gegewe die water- en sanitasiep­robleme in die land.” Topamptena­re in die departemen­t gee nou aandag aan onder meer die verbeterin­g van projekbest­uur.

 ?? FOTO: LBW-ARGIEF ?? Waterlisen­sieaansoek­e behoort nou vinniger afgehandel te word, is onlangs in die parlement beloof.
FOTO: LBW-ARGIEF Waterlisen­sieaansoek­e behoort nou vinniger afgehandel te word, is onlangs in die parlement beloof.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa