Landbouweekblad

| Kospryse skiet die hoogte in

-

Betogings het uitgebreek teen skielike stygings in die pryse van basiese stapelvoed­sel, wat in sommige gevalle met tot 300% gestyg het ná wysigings in die Iranse regering se subsidiest­elsel. Een betoger het gesê die broodprys het verdubbel, die prys vir 500 g pasta het met 133% gestyg, en dié vir kookolie met 233%. Die owerhede sê dié subsidiest­elsel, wat sedert 9 Junie verlede jaar gegeld het, het net die rykste Iraniërs gehelp. Vroeër in Mei het voorraadte­korte skielik begin ontwikkel in basiese voedselpro­dukte soos kookolie. Betogings teen die regering is gewelddadi­g onderdruk, en die internet is in dele van Iran afgeskakel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa