Landbouweekblad

Tariewe op stapelvoed­sel opgeskort

-

Mexiko gaan invoertari­ewe op ’n aantal voedselpro­dukte opskort in ’n poging om inflasie hok te slaan. Die produkte sluit in mielie-olie, rys, tuna, vark-, hoender- en beesvleis, uie, jalapeños, bone, mielie- en koringmeel, eiers, tamaties, melk, suurlemoen­e, witmielies, appels, lemoene, koring en wortels. Inflasie in Mexiko is op sy hoogste vlak in meer as 20 jaar. Brood, aartappels, pasta vir sop, sardyne, sorghum en handseep, asook lewende beeste, varke, skape, bokke en hoenders, is ook kwytgeskel­d van invoertari­ewe. Dit sal volgens me. Gabriele Siller, ekonoom van Banco Base, ’n minimale invloed op inflasie hê omdat dié produkte slegs 11,4% van die verbruiker­prysinflas­ie uitmaak. Tog sou dit druk op die fiskus verhoog.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa