Meeste val in by landbou se meesterplan
Die meesterplan vir die landbousektor kan gesien word as ’n roetekaart wat beleid moet rig om die landbou te herstruktureer. Dit is deel van die regering se poging om maatskaplike ongelykheid aan te pak.
Die staat, die landbou en vakbonde het ’n taamlike ooreenkoms bereik oor ’n sogenoemde meesterplan vir die landbousektor. Dit is middel Mei ná baie vergaderings en werk gefinaliseer. Die onderhandelinge oor die sogenoemde maatskaplike verdrag is deur die regering aangevoor om strukturele probleme in die landbousektor te oorkom en om ’n inklusiewe landbousektor te bevorder wat mededingend is, werk skep en volhoubaar groei.
Die meesterplan moet voortbou op die nasionale ontwikkelingsplan van 2012 se hoofstuk 6 oor die landbou, wat konsentreer op onderontwikkelde streke in die voormalige tuisland een grondhervorming s projekte; steun aan die uitvoer van hoë waarde produkte en die meegaande waardekettings, e nom landbou verwerking te stimuleer om transformasie en inklusiewe groei en werkskepping te bevorder.
Die meeste landbou-organisasies het dit onderteken, met die uitsondering van TLU SA en een vakbond. Teen die einde was die georganiseerde arbeid en van die swart landbou-organisasies nog ontevrede dat die plan nie radikaal genoeg is nie, maar hulle het die plan skynbaar onderteken.
Die plan moet gesien word as ’n roetekaart om sekere doelwitte te bereik en beleid te koordineer. Dit word afgebreek in sowat sewe fokusareas.
Di tis basies’ n koördinerings meganisme om beleid te rig deur sogenoemde ronde tafelgesprekke binne waardeketting s te voer waarby die staat, private sektor en vakbonde betrokke is. Die doelwit is om die landbousektor te herbou en herstruktureer. Dit vorm deel van ’n poging om gekoördineerde ekonomiese groei te versnel, werk te skep en ongelykheid aan te pak. Daarom word dit ’n maatskaplike verdrag genoem.
Binne die invloedsfeer van die departement van handel en nywerheid i sal op verskeie meester planne vir bedrywe ooreengekom. Die hoender meesterplan het die afgelope twee jaar taamlike sukses behaal, terwyl die suiker meesterplan in die proses van toepassing is.
Die grootste potensiële voordeel van die meesterplan vir die landbousektor is samewerking tussen die verskillende belanghebbendes in die landbou en verwante sektore om beleid te koördineer. Die plan is oorhoofs en word ondersteun deur sewe werkgroepe wat bedryf s georiënteer dis. Die sleutel gaan wees om die planne prakties toe te pas. Die regering is goed met die opstel van planne, maar misluk met die toepassing. Dalk was hy dié keer slim om die private sektor in die landbou betrokke te maak.
Soos verwag, is die plan deurspek met transformasie stellings, grondhervorming s doelwit teen werkersregte.
Dit wek groot kommer dat aspekte soos ondersteuning van internasionale mededingendheid nie voldoende aandag kry nie, terwyl 50% van die landbou se inkomste met uitvoer verdien word. Meer aandag moet ook gegee word aan onderhandeling vir nuwe uitvoermarkte en handel ooreenkomste, navorsing om die uitvoer mededingendheid te ondersteun, uitvoer infrastruktuur, siekte bekamping en b i o veiligheidsdienste van die staat aan die kommersiële landbou.
Die landbou moet die vinger op die pols hou, want die sewe werkgroepe kan planne bedink wat kommersiële boere potensieel kan benadeel, selfs net deur nie aandag te gee aan die kommersiële landbou nie en hoofsaaklik op transformasie en grondhervorming te konsentreer. Die kommersiële landbou is die lokomotief wat die “trein” van voedsel voorsiening en die plattelandse ekonomie trek.
PLAN SE VISIE
Die meesterplan se visie word beskryf as om ’n internasionaal mededingende landbousektor en landbou verwerkingsbedryf te ondersteun om markgeoriënteerd en inklusief te produseer, landelike gemeenskappe te ontwikkel, om voedselsekerheid te bevorder, en om inklusiewe werkgeleenthede en entrepreneuriese geleenthede te skep vir alle deelnemers in die landbou en waardetoevoeging s kettings.
Dit sal ook goed wees as alle aksieplanne wat uitgedink word, aan die visie gemeet moet word voordat dit blindelings in die praktyk aanvaar en net nog ’n gat word waarin geld vir sogenoemde transformasie verdwyn.
DOELWITTE
Om die voorgenoemde visie te ondersteun, word voorgestel dat die kernfokus van die meesterplan op die volgende moet wees: ■ Bevorder voedselsekerheid. ■ Bevorder volhoubare transformasie van die landbou en verwerkings bedrywe. ■ Bevorder toegang tot binnelandse en uitvoermarkte met die klem op die verbetering van gehalte om mededingendheid te bevorder. ■ Bevorder die mededingendheid en entrepeneuriese geleenthede deur tegnologie en innovasie, die bou van infrastruktuur en die digitalisering van die landbou. ■ Ontwerp ’n doeltreffende ondersteuningstelsel vir boerderye n aansporings maatreëls vir landbou verwerkinge n waardetoevoeging.
■Skep waardige en inklusiewe werkgeleenthede en verbeter werkomstandighede met regverdige vergoeding. ■ Verbeter veiligheid op plase, verminder die diefstal van vee en produkte, en verminder plaasaanvalle. ■ Bevorder ’n vaardige staat en ondersteunende beleidsomgewing. ■ Bevorder aanpassings ten