Landbouweekblad

VRAAG NA VARS KNOFFEL STYG

- — JOHAN NORVAL

Die vraag na vars knoffel neem in Suid-Afrika toe, maar dit is tans ’n onderbenut­te nismark.

Mnr. Derick Immelman van die kommersiël­e saadverska­ffers Garlic Growers by Krugersdor­p, sê die produksie van vars en gedroogde knoffel neem toe.

Klein produsente kan dié geleenthei­d benut om ’n goeie inkomste binne ’n betreklik kort tydperk uit dié hoëwaardeg­ewas te verdien.

’n Produsent wat oor vyf jaar sy aanvanklik­e produksie op sowat 600 m2 (sowat 24 m x 24 m) stelselmat­ig verdubbel, en sowat 20% van die opbrengs jaarliks verkoop, kan ná jaar vyf ’n totale oes van 13 miljoen knoffelhui­sies of meer as 2,5 miljoen knolle lewer. Dié knoffel kan óf as saad herplant word óf ná vyf jaar teen ’n minimale prys van R1 per knol verkoop word. Dit kan ’n bruto opbrengs van meer as R2,5 miljoen oplewer.

Volgens Immelman kan ’n produsent sy produksie met 10 000 saadknolle in jaar een op ’n oppervlak van slegs sowat 600 m2 begin. Die geprojekte­erde opbrengs is sowat 50 000 saadknolle waarvan 20% verkoop kan word.

Die produksie-oppervlak vir die oorblywend­e 40 000 saadknolle moet daarna op sowat 50 m x 50 m vermeerder word.

Vir die produksie van knoffel word sanderige grond aanbeveel waarin onkruid maklik verwyder kan word en die oesproses vergemakli­k. Sowat 25 mm water is weekliks of 400 mm per groeityd nodig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa