Landbouweekblad

PRYS VAN AARTAPPELS ONDER DRUK

- — JOHAN NORVAL

Die gemiddelde prys van aartappels van alle klasse op Suid-Afrika se varsproduk­temarkte is onder druk weens ’n beter vooruitsig in produksieg­ebiede sedert April. Die gemiddelde weeklikse prys op 13 Mei was R46,96/sakkie (10 kg).

Die gemiddelde prys vir alle klasse aartappels het in Maart en April rondom die vlak van R40 per sakkie van 10 kg gewissel met die hoogste vlak middel April (R55/10 kg) en die laagste middel Maart (R40/10 kg).

Luidens die markversla­g van Aartappels SA is vanjaar net meer as 1 miljoen sakkies (10 kg) minder op die markte verhandel as die gemiddelde oor die afgelope vyf jaar (2018–2022) se eerste 18 weke van elke jaar. In dié tydperk vanjaar is meer as 37,5 miljoen sakkies teen gemiddeld R40,51 elk verkoop.

In April 2022 was die gemiddelde daaglikse beskikbare voorraad op varsproduk­temarkte sowat 812 000 sakkies wat sowat 107 000 sakkies minder is as in April verlede jaar. Die daaglikse voorsienin­g het sedert 19 April verbeter, wat op sy beurt die daaglikse prys onder druk geplaas het. Die beste produksieg­ebiede vir Maart en April was die Oos- en Wes-Vrystaat.

In April was die totale verkope sowat 8,7 miljoen sakkies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa