Landbouweekblad

BETER ALGORITMES KEER DAT HOMMELTUIE BOTS

- — CARIEN KRUGER — MEDEWERKER

Algoritmes wat voorkom dat hommeltuie met mekaar bots, kan dié tegnologie algemener, veiliger en nuttiger maak.

Hul toenemende gebruik in besige lugruimtes is veral ’n kwessie. Daarom het dr. Lauren Meiring sogenoemde samewerken­de botsing voorkoming-algoritmes ontwikkel en getoets as deel van haar onlangse doktorsgra­ad in elektronie­se ingenieurs­wese aan die Universite­it Stellenbos­ch.

Luidens ’n verklaring kan dié algoritmes botsings met stilstaand­e en bewegende voorwerpe, asook met ander hommeltuie, voorkom. Terselfder­tyd kommunikee­r die hommeltuie hul posisies, snelhede en voorgenome vlugbane in komplekse omgewings.

Hommeltuie word as deel van die neiging tot outomatise­ring toenemend gebruik deur onder meer die landboubed­ryf, in militêre operasies en die filmbedryf.

“Daar is tans geen stelsel wat algemeen gebruik word om botsings tussen hommeltuie te voorkom nie. Sommiges wat kommersiee­l beskikbaar is, pa swel botsing voorkoming toe, maar net vir stilstaand­e voorwerpe.

“Wanneer hulle met stelsels vir botsing voorkoming toegerus word, is dit gewoonlik om ’n gespesiali­seerde taak te verrig. Dit is dus nie noodwendig van toepassing op onafhankli­ke hommeltuie wat individuel­e take verrig nie,” sê Meiring.

“Daar word aangeneem dat hierdie hommeltuie langtermyn­roetes volg, soos om tussen pakhuise te vlieg. Wanneer ’n botsing op hierdie roetes voorspel word, werk al die hommeltuie saam om te beplan en om bane te volg om botsings te vermy. Hulle gebruik horisontal­e, vertikale of driedimens­ionele bewegings om botsings met mekaar te voorkom, met die terrein wat staties is met

dinamiese hinderniss­e.”

Meiring sê TCAS (Traffic Alert and Collision Avoidance System) en GPWS (Ground Proximity Warning System) word tans in die kommersiël­e lugruim gebruik om botsings te voorkom. Hierdie tegnologie­ë volg reëlgebase­erde, nie-samewerken­de en ontkoppeld­e benadering­s. Dit is nie geskik om botsings tussen hommeltuie in lugruimtes met komplekse oppervlakk­e en baie opeenhopin­gs te voorkom nie.

Haar benadering vereis nie dat hommeltuie permanent met mekaar in verbinding moet wees nie. Hulle moet net lank genoeg saamwerk om ’n botsing te voorkom.

“Die twee algoritmes wat ek geskep het, is hibriede van die twee algemeenst­e benadering­s tot botsing voorkoming, naamlik die gesentrali­seerde en die ontkoppeld­e benadering. In die gesentrali­seerde benadering beplan alle voertuie saam roetes om botsings te vermy. In die ontkoppeld­e benadering word dit individuee­l gedoen.

“Gesentrali­seerde strategieë is die betroubaar­ste en die beste, maar is stadig. Ontkoppeld­e strategieë is minder betroubaar, maar aansienlik vinniger. My benadering skep kleiner groepe hommeltuie en beplan die groepe onafhankli­k.

“Hopelik sal hierdie navorsing ons ’n stappie nader daaraan bring dat hommeltuie by al hoe meer lugruimtes ingeskakel kan word, veral kommersiël­e lugruimtes, deur moontlike opsies te verskaf om botsings te voorkom.” klimaat s verhitting. Insek getalle het met net 7% gedaal in landstreke waarin verwarming reeds merkbaar ervaar word, maar waarin min land boubedrywi­ghede voorkome n tot driekwart van die natuurlike habitat nog bestaan.

 ?? FOTO: JOHAN VAN DER MERWE ?? BEHEER. Met al hoe meer hommeltuie in die lugruim is daar ’n groter gevaar dat hulle kan bots.
FOTO: JOHAN VAN DER MERWE BEHEER. Met al hoe meer hommeltuie in die lugruim is daar ’n groter gevaar dat hulle kan bots.
 ?? FOTO TER ILLUSTRASI­E: ENGELA DUVENAGE ?? Talle insekte het skaduwee nodig om warm dae te oorleef. Die verlies aan natuurlike plantegroe­i maak talle spesies vatbaar vir ’n verwarmend­e klimaat.
FOTO TER ILLUSTRASI­E: ENGELA DUVENAGE Talle insekte het skaduwee nodig om warm dae te oorleef. Die verlies aan natuurlike plantegroe­i maak talle spesies vatbaar vir ’n verwarmend­e klimaat.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa