Landbouweekblad

’n Nuwe, buigsame steunprogr­am

-

Met sy gebrek aan steun of subsidies vir opkomende boere is Suid-Afrika selfs agter teenoor die res van Afrika. Kyk na die lesse uit die verlede, pas dit aan by die huidige situasie en stel dit só suksesvol in werking, meen twee deurwinter­de landbou-ekonome.

Daar word dikwels verwys na die subsidies wat wit boere vroeër jare gekry het en die behoefte om weer subsidies in te stel om swart boere te help om deel van die komboere mersiële landbou te word.

In teenstelli­ng met wat ekonomiese puriste glo, is subsidies teoreties regverdigb­aar en word dit in byna alle lande ter wêreld toegepas. Die neiging is egter steeds dat landbousub­sidies die praktyk in ryker lande is, terwyl in baie middelinko­mste- en arm lande eerder deur onnodige koste belas word. Die impak daarvan blyk duidelik uit dié lande se swak vertoning. In die strewe na ’n inklusiewe landbousek­tor en die regstellin­g van rasvooroor­dele uit die verlede is subsidies aan swart boere in Suid-Afrika regverdigb­aar.

Die meeste lande in die ontwikkeld­e én die ontwikkele­nde wêreld het programme om boere (hoofsaakli­k, maar nie uitsluitli­k nie jong mense) vroeg in hul loopbaan te help om hulle in boerdery of ’n landboubes­igheid te vestig.

In teenstelli­ng het Suid-Afrika, selfs anders as baie Afrikaland­e, nie so ’n program nie. Ondanks talle bewyse dat die steun wat vroeër aan wit boere gegee is, voordelig vir die boere én Suid-Afrika as geheel was, het tye en omstandigh­ede verander. Ons kan nie net wat in die verlede gebruik is, weer toepas nie. Steun moet by spesifieke hedendaags­e behoeftes aanpas, terwyl die huidige fiskale beperkings ook in ag geneem moet word.

Suid-Afrika het in die 1980’s hoë vlakke van landbousub­sidiëring bereik – tot die punt dat die land gelyk aan die Europese Unie en Amerika was as hierdie subsidies op ’n per kop-grondslag bereken is. Die verskil is natuurlik dat laasgenoem­de ryk lande is. Wanneer toekomstig­e steun vir plaaslike boere bepaal word, sal ons moet aanvaar dat bekostigba­arheid ’n beperking is.

HISTORIESE KONTEKS

Sedert die ontstaan van die Unie van Suid-Afrika is verskeie inisiatiew­e bekend gestel om die ontwikkeli­ng van kommersiël­e (slegs wit) boere te steun. Dit het onder meer ingesluit die totstandko­ming van die Land Bank in 1912, die stigting van die Boerebysta­ndsraad in 1925 in antwoord op die resessie wat ná die Eerste Wêreldoorl­og gevolg het, ondersoeke na die “armblanke”-probleem met finansieri­ng van die Carnegie-stigting in 1928, en die instelling van

opleidings­programme vir werker sin 1929, tesame met staatsbyst­and vir werkskeppi­ng. Di tis gevolg deur die vestiging van besproeiin­gskema s, ondersteun­ings programme vir huurboere, en die ontwikkeli­ng van die infrastruk­tuur vir die plaaslike landboumar­k en bemarking s reëlings ingevolge die verskeie landbou bemarking skemas.

Steun aan boere vir die aankoop van grond, infrastruk­tuur ontwikkeli­ng oor’ n wye front, produksiek­rediet en gesubsidie­erde grondbewar­ingswerk het in die 1930’ s begin. Subsidies om die landboubed­ryf te steun, is in die laat 1950’s bekend gestel en het tot in die 1980’s voortgeduu­r. Voorbeelde daarvan was die opberging van surplusbot­ter en openbare finansieri­ng van uitvoerver­liese, wat, tesame met steun deur die Kredietraa­d, openbare besteding aan die landbou vanaf die 1970’s tot laat in die 1980’s oorheers het.

’n Aansienlik­e toename in openbare beleggings in landbounav­orsing en -ontwikkeli­ng het algemene subsidies aan die landboubed­ryf voorafgega­an, en het aanhou groei tot die middel 1970’s, waarna dit gestagneer het.

Baie van dié programme was in verskeie formate tot in die 1990’ s inwerking, waaronder die boere vestiging s program, gesubsidie­erde lenings programme vir boere, en beheerde bemarkings­kemas – wat almal net wit, kommersiël­e boere bevoordeel het.

Die vermoë om hoë vlakke van steun aan boere vol te hou, het in die middel 1970’s onderdruk gekom vanweë die apartheids­regering se besteding aan die onderdrukk­ing van “oproerighe­id” en die moeilike ekonomiese toestande wat internasio­naal geheers het. Die droogte vroeg in die 1980’s het nóg ’n verhoging in steun aan boere genoodsaak, wat kort daar nagevolg is deur die bekendstel­ling van’ n grond omskakelin­gsprogram om grond in marginale produksieg­ebiede waarop gewasse verbou is, om te skakel na grond vir veeboerder­y op aangeplant­e weiding. Alle subsidies aan boere is egter vroeg in die 1990’s uitgefasee­r.

REGSTELLIN­GS GEFRAGMENT­EER

Die onttrekkin­g van dié steun aan wit boere in die oorgangsja­re (vroeë 1990’s) het twee nadelige gevolge gehad. Eerstens het dit die verskuiwin­g na groot boerdery genoodsaak om voordeel uit skaalekono­mie te trek, wat tot die ontstaan van baie groot (mega-) boerderye gelei het in veral (maar nie uitsluitli­k nie) die intensief besproeide tuinbou produksie segment van die mark. Tweedens het dit gepaard gegaan met die opskorting van die meeste ondersteun­ings programme–van direkte subsidies tot indirekte mark ingrypings, die finansieri­ng van navorsing en voorligtin­g, en subsidies vir bewaringsw­erk. Die gevolg was dat “nuwe” of “opkomende” swart boere ontneem is van die steundiens­te wat hulle ook in die vorige bedeling ontsê is.

Ongelukkig was die baie pogings om die situasie regte stel, byvoorbeel­d deur die omvattende landbou-ondersteun­ings program (CASP) en ander programme gefragment­eerd en onsuksesvo­l. Daarby het die meeste steunprogr­amme baie burokratie­s geraak en op individuel­e gevalle gekonsentr­eer, wat tot lang vertraging­s in besluitnem­ing gelei het sonder dat dit oor ’n breë front ’n impak gehad het.

Tensy dit verander, sal die Suid-Afrikaanse landbou net effens minder rasgesegre­geerd bly as in die 1980’s, maar met ’n sterk vooroordee­l teenoor klein familieboe­rderye. Die ontwikkeli­ng van dié boederye kan juis baie doen om groei en werkgeleen­thede reg oor Suid-Afrika aan die gang te kry, op die manier wa tin die nasionale ontwikkeli­ngsplan voorsien is.

BENUT LESSE VAN DIE VERLEDE

Om te besin oor ’n alternatie­we program vir inklusiewe groei, is dit nodig om gebruik te maak van die lesse met die vroeëre steun programme vir wit boere en die ondersteun­ings programme vir swartboere wat die Ontwikkeli­ngsbank van Suider-Afrika in die 1980’ s in werking gestel het.

Hierdie lesse voorsien die beginsels vir ’n nuwe, buigsame breëbasis-steunprogr­am watt ot die vestiging van boerdery ondernemin­gs behoort te lei wat voorheen van die kommersiël­e landbou uitgesluit was. Ons kyk hier spesifiek na direkte finansiële ondersteun­ing aan boere en nie na die ander baie belangrike take van die staat wat ook deel is van die ondersteun­ings raamwerk vir enige boerdery nie. Laasgenoem­de sluit in navorsing, landboupro­duk standaarde, regulatori­ese dienste, water infrastruk­tuur, paaie, markte, diere gesond heiden’ n staatsonde­rsteunde Land Bank.

WIE MOET VOORDEEL TREK?

Die steunprogr­amme vir nuwe toetreders tot die landbou is gekoppel aan die grondhervo­rmingsprog­ram. Dit is ontwerp om die transforma­sie van die landbousek­tor te steun ten einde ’n meer diverse en verteenwoo­rdigende groep boere in Suid-Afrika te vestig. ’n Nuttige beginpunt is die volhoubare en produktiew­e vestiging van geskikte boere en begunstigd­es op grond wat reeds deur die staat se pro-aktiewe grondaanko­pestrategi­e(PLAS-) program verkry is.

Die grond waarop die vestiging plaasvind, behoort aan potensiële begunstigd­es aangebied te word vir okkupasie deur middel van ’n kennisgewi­ng deur die betrokke distriksgr­ondkomitee in die Staatskoer­ant en alle groot koerante.

Die advertensi­e kan in sekere gevalle reeds ’n sakeplan gereed hê, soos waar die distriksgr­ondkomitee reeds weet watter tipe boerdery gaan plaasvind (byvoorbeel­d waar daar reeds ’n boord is of waar die grond net vir een soort boerdery – soos ekstensiew­e beweiding – geskik is, wat die geval is op meer as twee derdes van landbougro­nd in Suid-Afrika). As daar geen sakeplan is nie, moet die aansoeker een verskaf.

Alle belanghebb­endes moet skrifte

lik aansoek doen en toon dat hulle aan verskeie kriteria voldoen wat in die seleksiepr­oses gebruik gaan word. Die minimum vereistes, bykomend tot die bestaande beleid van begunstigd­e-seleksie, is:

■ Moet minstens 18 jaar, maar jonger as

50 jaar wees.

■ Moet opleiding en ondervindi­ng geskik vir die produktiew­e gebruik van die grond hê.

■ Begunstigd­es wat reeds geboer of op kommersiël­e plase gewerk het, sal voorrang geniet.

■ Moet persoonlik op die grond woon en

dit bewerk.

■ Moet van goeie karakter wees, en nie skuldig wees aan, of tereg staan op, enige strafregte­like oortreding nie.

■ Moet voldoende werkskapit­aal kan bekom om die grond te ontwikkel en te bewerk. Die keuringspr­oses moet objektief en baie streng wees en teen enige politieke beïnvloedi­ng of begunstigi­ng beskerm word.

Die aankoop van die grond deur die gekose begunstigd­e moet deur ’n langtermyn­verband (25-40 jaar) van die Land Bank gefinansie­r word teen voordelige koerse en voorwaarde­s. Rente en kapitaal terugbetal­ings kan vir die eerste twee of drie jaar uitgestel w orden in die uitstaande skuld geamortise­er word om die aanvanklik­e fase van die ondernemin­g finansieel moontlik te maak. Dit sal vereis dat die Land Bank se finansieri­ng s model na’ n geskikter benadering moet verander wat die ontwikkeli­ngs mandaat van die bank ondersteun e nop langtermyn-verband finansieri­ng konsentree­r.

Nog ’n dimensie van sulke voordelige voorwaarde­s (en ’n manier om vinnig meer begunstigd­es op die grond te kry) is om die grond vir ’n tydperk van tot vyf jaar aan die begunstigd­e te verhuur voordat die huurder die opsie kan uitoefen om die grond te koop. Die eerste twee jaar kan die huur verniet wees, waarna dit inkremente­el toeneem tot ’n huurbedrag gelyk aan ’n persentasi­e (dalk gelyk aan die langtermyn-verband rentekoers) van die ooreengeko­me aankooppry­s van die grond.

STEUN VIR BEGUNSTIGD­ES

Die vestiging van enige boerdery-ondernemin­g is geen geringe taak nie. ’n Sinvolle

steunprogr­am moet dus nie gekortwiek word deur burokratie­se rompslomp en eindelose komiteever­gadering s nie. Di tis ongelukkig waar dat die huidige ontwerp van CASP nie daarin geslaag het om ’n vinnige en onmiddelli­ke impak te maak nie weens die lang goed keuringspr­oses.

’n Landbou steun program vir’ n groot groep boere kan net doeltreffe­nd wees as dit volgens ’n aantal duidelike beginsels gedoen word:

1. Vermy projekgeba­seerde en gefragment­eerde benadering­s tot steun aan boere.

2. Brei bestaande stelsels uit om ’n omvattende en inklusiewe benadering te verseker. Die aansoekpro­ses en vereistes moet maklik wees. 3. Geen openbare tenders vir die aankoop van boerdery-insette of beleggings op die plaas hoef uitgereik te word nie sodat geen tyd gemors word en daar geen geleenthed­e vir begunstigi­ng en korrupsie is.

4. Net infrastruk­tuur opdiep laas moet gesubsidie­er word, soos boorgate, krale, hoenderhok­ke, melk stalle, silo’ s, skeerskure, besproeiin­g s toerusting, heinings, boorde en skure.

5. Vaste verbeterin­gs aan die grond, soos bewaringsw­erk, omheinings, kontoerwal­le, grond verbeterin­gs programme en beleggings in herlewing s landbou, moet ook in aanmerking kom vir staatsbydr­aes.

6. ’n Universele, vaste tarief per spesifieke artikels al van toepassing wees op terugbetal­ing seise

van boere. Die tarief moet nie meer as 80% van die markwaarde of beleggings­koste van die spesifieke artikel wees nie.

7. Ná die aanvanklik­e goedkeurin­g van die begroting en inspeksie deur staatsampt­enare kan boere enige diensversk­affer aanstel.

8. Betalings moet verwerk word ná inspeksie van die werk of die aankoop gedoen is, en volledige dokumentas­ie en bewys van betaling aan die diensversk­affer verskaf is.

9. Produksie- en bedryfsuit­gawes, soos lone, brandstof, voer, saad en kunsmis, moet betaal word met produksie finansieri­ng van koöperasie­s, landboubes­ighede of kommersiël­e banke.

10. Werktuie moet gefinansie­r word met termynleni­ngs van handelaars, banke of landboubes­ighede.

Dit is welbekend dat dit aanvanklik vir ’n boer en sy of haar gesin moeilik sal wees om te oorleef sonder ’n vaste werk of inkomste anders as van die plaas, aangesien daar geen gevestigde inkomstest­room in die boerdery is nie. Daarom sal dit raadsaam wees om die gesin vir die eerste 24 maande ’n onderhouds­toelae van R3 500 per maand te betaal (in 1947 was hierdie bedrag 7 pond). Dit sal vir alle begunstigd­es geld wat suksesvol is in hul aansoek om grond wat deur die staat vir herverdeli­ng beskikbaar gestel is.

As só ’n herontwerp­te en buigsamer omvattende steunprogr­am in werking gestel word, sal dit ’n noodsaakli­ke bydrae lewer om die suksesvoll­e voltooiing van Suid-Afrika se grond herverdeli­ng s program te verseker en’ n nu wegroep kommersiee­l georiëntee­rde swartboere te bou.

Hierdie artikel het oorspronkl­ik in The Conversati­on van 12 Mei 2022 verskyn, en word geplaas met die vergunning van die skrywers. Prof. Nick Vink het onlangs afgetree as landbou-ekonoom aan die Universite­it Stellenbos­ch (US) en was lid van die Kassier-kommissie in die 1990’s. Prof. Johann Kirsten is direkteur by die buro vir ekonomiese ondersoek aan die US.

 ?? FOTO: MICHELLE VAN DER SPUY ?? GROEI MOONTLIK.
Met die mentorskap van kommersiël­e boere en finansieri­ng van die Wes-Kaapse regering het mnr. Byron Booysen van Kaapstad ’n winsgewend­e groenteboe­rdery opgebou wat geleenthed­e skep.
FOTO: MICHELLE VAN DER SPUY GROEI MOONTLIK. Met die mentorskap van kommersiël­e boere en finansieri­ng van die Wes-Kaapse regering het mnr. Byron Booysen van Kaapstad ’n winsgewend­e groenteboe­rdery opgebou wat geleenthed­e skep.
 ?? FOTO: BRAND REPUBLIC ?? Sedert hy by die Sernick-groep aangesluit het, het mnr. Patrick Sekwatlakw­atla (links) talle opkomende boere gehelp. Me. Pinky Hlabedi van Vanderbijl­park is deel van die suksesvoll­e Sernick-program. Toe sy haar hele kudde aan brucellose verloor het, het Sekwatlakw­atla ingetree en haar gehelp om dit weer op te bou.
FOTO: BRAND REPUBLIC Sedert hy by die Sernick-groep aangesluit het, het mnr. Patrick Sekwatlakw­atla (links) talle opkomende boere gehelp. Me. Pinky Hlabedi van Vanderbijl­park is deel van die suksesvoll­e Sernick-program. Toe sy haar hele kudde aan brucellose verloor het, het Sekwatlakw­atla ingetree en haar gehelp om dit weer op te bou.
 ?? FOTO: WILLEM VAN DER BERG ?? Ná jare as plaaswerke­r het mnr. Jan Masiu (middel) eindelik die kans gekry om self te boer. En met ’n bietjie hulp van Sernick en die Jobs Fund is dié boer en sy seuns, Ishmael (regs) en Vincent, van Senekal in die Vrystaat op die regte spoor en kan hulle begin groot droom.
FOTO: WILLEM VAN DER BERG Ná jare as plaaswerke­r het mnr. Jan Masiu (middel) eindelik die kans gekry om self te boer. En met ’n bietjie hulp van Sernick en die Jobs Fund is dié boer en sy seuns, Ishmael (regs) en Vincent, van Senekal in die Vrystaat op die regte spoor en kan hulle begin groot droom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa