Landbouweekblad

’n Vars blik vorentoe

-

Die covid-19-pandemie gooi steeds sy skaduwee op die manier hoe mense produseer, versprei en verbruik. In ’n internasio­nale verslag word die belangriks­te neigings uitgelig wat tans die botoon voer in die vrugte- en groentebed­ryf, en hoe besighede volhoubaar kan bly in dié moeilike tye.

Die Fruit Logistica-neigingsve­rslag het die tien belangriks­te neigings geïdentifi­seer wat in die volgende twaalf maande bepalend gaan wees in die varsproduk­tebedryf. Vanjaar se neigings kan breedweg in drie kategorieë geplaas word: kleinhande­l, gesondheid en tegnologie. Die ontwikkeli­nge is opwindend en interessan­t, met die oog daarop om beter in verbruiker­s se behoeftes te voorsien deur goeie dienslewer­ing en uitstekend­e kultivars, terwyl die omgewingsi­mpak terselfder­tyd in toom gehou word.

VOLHOUBAAR­HEID

Dít is die invloedryk­ste neiging van 2022 met verreikend­e gevolge vir elke liewe deel van die groente- en vrugtebedr­yf, luidens die verslag. “Dit sal ononderhan­delbaar wees,” meen een van die neigingske­nners.

Beleggings in volhoubaar­heid moet dus voorrang geniet onder boere om die impak en doeltreffe­ndheid van energiever­bruik, verpakking en vervoer te verbeter.

Ook kleinhande­laar sis ernstig oor dié vereiste, want vanweë die onvoorspel­baarheid van weerpatron­e het dit moeiliker as ooit geraak om produkte in die hande te kry. Daar is pogings om produkte nader aan die huis te verkry, maar om aanpasbaar te wees, moet produkte van elders ook verkrygbaa­r wees.

Die internasio­nale maatskappy Danone het onderneem om sy kweek huisgas vrystellin­g steen 2030 te halveer, en hy gaan dit deels regkry deur meer vrugte plaaslik (waar dit verbruik word) aan te koop.

Verpakking gaan boere voor taai besluite te staan bring, want dit lyk of plastiek se dae getel is. Frankryk het reeds ’n stokkie gesteek voor plastiek verpakking vir onverwerkt­e vrugte en groente van minder as 1,5 kg. En in Switserlan­d het die supermarkg­roep Lidl geld gegee vir navorsing oor eetbare bedekkings, gemaak uit fyngemaakt­e vrugte- en groenteski­lle, wat kan help om piesangs en komkommers langer vars te hou sonder plastiek omhulsels. Alternatie­we, b i o-af breekbare verpakking­s moet egter dieselfde voordele kan waarborg as plastiek, wat ’n belangrike bydrae lewer om voedsel vermorsing te voorkom.

Aangesien die helfte van generasie Z glo tevrede i sommeer geld te bestee by volhoubaar­heid s bewuste klein handelaars, ontstaan’ n groter behoefte aan data gedrewe standaarde. “Nuwe, betroubare stelsels is nodig sodat mense ingeligte besluite kan neem oor hul aankope. Gevolglik sal goed georganise­erde verskaffer­s wat hul bedrywighe­de kan uitbou en deurlopend­e beskikbaar­heid reg deur die jaar kan bied, ’n voordeel in die mark geniet,” lui die verslag.

ENERGIE-OPWEKKING

’n Skerp toename in energiepry­se en die gevolglike styging in inflasie (hoër produksiek­oste en verbruiker­spryse) sal in die volgende twaalf maande belangrike faktore vir elke besigheid in die varsproduk­tebedryf wees. Die oorlog in Oekraïne gooi boonop net petrol op die vuur, met sanksies teen Rusland wat energie- en kunsmiskos­te tot ongekende vlakke sal dryf. Brittanje en Amerika het byvoorbeel­d in Desember 2021 die hoogste inflasie in onderskeid­elik 30 jaar en 40 jaar beleef – alles aangevuur deur hoër energiekos­te. Kenners is dit eens dat die huidige inflasionê­re skok langer sal duur as wat mense dink. Vervoerkos­te gaan

 ?? FOTO: LIANOLAND WIMONS ?? ’N VERTIKALE BOERDERY IN SINGAPOER.
Dié tipe boerdery bied veral ’n oplossing om produksie nader aan groot stede moontlik te maak. Daar is ook groot tegnologie­se vooruitgan­g hiermee moontlik. Dit het in die afgelope paar jaar groot beleggings gelok – tot so ’n mate dat daar selfs vrae ontstaan het oor ’n moontlike borrel wat kan bars.
FOTO: LIANOLAND WIMONS ’N VERTIKALE BOERDERY IN SINGAPOER. Dié tipe boerdery bied veral ’n oplossing om produksie nader aan groot stede moontlik te maak. Daar is ook groot tegnologie­se vooruitgan­g hiermee moontlik. Dit het in die afgelope paar jaar groot beleggings gelok – tot so ’n mate dat daar selfs vrae ontstaan het oor ’n moontlike borrel wat kan bars.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa