Tyd ryp om markstelsel te hervorm
Die tyd is ryp – en die tyd is nou – dat die varsproduktebedryf dringend ’n Kodesa hou om die agteruitgang te stuit. Indien nie, gaan dit straks te laat raak.
Suid-Afrika se eens trotse varsproduktebedryf is aan die verval, oud en uit pas met die eise van die tyd om op die voorgrond van die vars produktehandel in Suid-Afrika en die groter Afrikavasteland te bly.
Die markte gaan nou al vir jare stadig, maar seker agteruit. Die infrastruktuur is oud en afgeleef, koel- en rypmaakkamers werk nie meer nie of is op geleende tyd, en die tegnologie is verouderd. Die markte is in die algemeen vuile n sal kwalik huidige voedsel veiligheid s vereistes slaag. Voorts bly die werking hiervan “verdag” en ondersoek ná ondersoek volg. Tans word die Tshwane-mark bekyk en dit blyk dat die ondersoek na die Johannesburg-mark nog nie afgehandel is nie.
Die stelsel waarvolgens die markte bedryf word, dateer uit die 1970’s. Suid-Afrikaanse markte se kommissiestelsel spruit uit die Mercasa-stelsel van Spanje en het sy ontstaan soos ons dit vandag ken uit ’n wet wat al herroep is, die Wet op die Kommissie vir Varsproduktemarkte( Wet 82 van 1970). Die kommissiestelsel is deeglik beredeneer in sy tyd, maar dit is nou reeds 52 jaar in bedryf. Is dit nog relevant en die beste vir die bedryf en elke belanghebbende?
Die demografie van die markte het ook heeltemal verander. In die handel is die tradisionele Griekse of Portugese kleinhandelaar lankal vervang met kettingwinkels of die informele mark. Op party markte verteenwoordig die sogenoemde informele mark se aankope reeds 60% en meer van die totale aankope. Opkomende boere tree ook tot die markte toe.
R2 MILJARD
SE KOMMISSIE
Voorts is dit ’n relevante vraag of munisipale owerhede die varsproduktemarkte moet besit en bedryf. Die afgelope paar jaar lewer nie ’n goeie getuigskrif hieroor nie.
Die produsente van vars groente en vrugte betaal jaarliks sowat R2 miljard aan kommissie vir die gebruik van die markte. Kry hulle waarde vir die geld?
Daar is baie vrae en onduidelikhede. Die ouderdom van die stelsel laat party belanghebbendes ook redeneer dat dit nog ’n oorblyfsel van apartheid is.
Die volwaardige plek en rol van die markte kan net herstel word deur ’n inklusiewe ondersoek, en waarskynlik in die vorm van ’n Kodesa. Alle belanghebbendes moet ingesluit word en onderwerpe soos eievir naarskap, bestuur, die kommissie stelsel, infrastruktuur, voedsel veiligheid en besigheid sure moet beredeneer word.
Die varsproduktemarkte is deurslaggewend vir die varsproduktebedryf en die afwesigheid daarvan is oral in Suid-Afrika se buurstate te sien. Dit kom nêrens tot sy volle reg nie, en kan ’n veel groter rol in werkverskaffing en voedselsekerheid speel.
PRIVATE BESIT
Modelle wat oorweeg kan word, is die privatisering daarvan, omdat die grootste enkele knelpunt gaan oor die besit en bestuur van die markte. ’n Verdere opsie is dat ’n nuwe en private markowerheid die markperseel by die munisipale owerhede huur. ’n Derde opsie sal wees om ’n nuwe private mark te bou, wat eens sterk ter sprake was en Johannesburg ontwikkel is. Finansiering het ’n stokkie hiervoor gesteek.
Wie moet die nuwe eienaars wees? Dit kan boere, huidige markagente, klein- en groothandelaars, finansiers en onafhanklike beleggers wees. Die Wêreldbank of ’n landboubank is ook moontlikhede. Só ’n mark kan ook aandelebeurs toe gaan.
Iets wat soos ’n goue draad deur die opsies loop, is dat die bestuur privaat moet wees. Die mark moet bedryf word soos ’n normale besigheid in ’n mededingende wêreld met ’n winsmotief aan sy aandeelhouers. Daar is verskeie modelle hiervoor, en al ons ou landboukoöperasies is reeds só omgeskakel.
’n Ope vraag sal wees of ’n geprivatiseerde mark weer ’n kommissiemark gaan wees of net die markvloer gaan uitverhuur. Dieselfde vraag geld ook die markagente… bly dit net volgens kommissie of word hulle handelaars wat koop en verkoop, of albei? Dalk kan die boer kies of hy wil verkoop en of hy volgens kommissie wil werk. Voorbeelde hiervan bestaan elders ter wêreld.
Al hierdie vrae en modelle moet deur ’n sterk leierskorps bekyk word. Hieraan het Suid-Afrika nie ’n tekort nie, en die tyd is ryp vir nuwe denke.
Die varsproduktemarkte verskaf werk aan duisende mense en speel ’n uiters belangrike rol in voedselsekerheid – nie net vir Suid-Afrika nie, maar ook vir die vasteland.
Dr. Johan van Deventer is die vorige uitvoerende direkteur van Freshmark en oud-adjunkdirekteur van die Johannesburgse varsproduktemark in die vroeë 1990’s.