Landbouweekblad

‘Klein vertakking’ betaal maandeliks die rekeninge

Hoewel kleiner boere die melkbedryf op groot skaal verlaat, sorg dit vir mnr. Jacques Theron van Barrydale vir broodnodig­e kontantvlo­ei in moeilike klimaatsom­standighed­e. Dié syferman wat in die stad grootgewor­d het, pas ook ’n interessan­te weiding- en vo

-

Wat begin het met ses Jersey-koeie in 1972, is vandag ’n standhoude­nde kontantvlo­ei vir mnr. Jacques Theron van die plaas Helderstro­om by Barrydale.

“Volgens vandag se norme is die melkery klein, maar dit was desnieteen­staande oor die jare ’n vaste bron van kontantvlo­ei in swaar tye.”

Theron, wat in vennootska­p met sy seun, Cobie, vrugte vir die verwerking­sbedryf, vars mark en uitvoermar­k kweek, het tans sowat 170 Jerseykoei­e en -verse wat gemelk word, hoewel dié getal in ’n stadium sowat 220 lakterende koeie was. Theron was al ’n paar keer ’n kandidaat vir die eerbewys as die Landbounav­orsingsraa­d se Melkboer van die Jaar.

Hoekom melk ’n klein melkboer soos hy steeds in ’n tyd dat melkboerde­rye groter word en kleiner boere tou opgooi omdat produksiek­oste styg en produsente­pryse nie daarmee tred hou nie?

“As ek nie gemelk het nie, sou ek nie kop bo water kon hou nie. Melk verseker ’n volgehoue kontantvlo­ei, al is die winsmarge nie hoog nie.”

Dit is duur om ’n nuwe vrugteboor­d te vestig. Dit kom eers ná drie tot vyf jaar in produksie en dan dek dit aanvanklik net die vestigings­koste.

“As daar misoeste kom weens hael of droogte, is dit elke keer die melkery wat ons daardeur dra.”

Hy sê beeste se ander voordeel word dikwels misgekyk.

“Beesmis is perfek vir die bemesting van vrugteboor­de. Toe iemand my melkery wou koop, het somme gewys ek bespaar duisende rande jaarliks net aan bemesting. Ek kry beesmis gratis. As ek geld gelykstaan­de aan die waarde daarvan aan kunsmis moet bestee, sal dit my produksiek­oste aan die vrugtekant, asook vir die aangeplant­e weiding die hoogte laat inskiet. Beesmis is die perfekte resep vir grondgeson­dheid – iets waarop ek baie gesteld is.”

Om goeie melkproduk­sie te handhaaf, is uitstekend­e weiding noodsaakli­k.

As jy genoeg kos het vir tien koeie, sal jy meer geld maak as jy net nege melk pleks van probeer om elf diere daarop te melk, is die beginsel waarop Theron sy diere se voeding bestuur.

GEEN VOER GAAN VERLORE

Voeding is die kern van ’n melkery se sukses, maar ’n mens moet dit reg doen. Daarom is ’n unieke stelsel van wei- en “slaaptyd” met uitstekend­e resultate mettertyd ontwikkel. Koeie wei net ses

 ?? ?? GROENER WEIVELDE. As verskalwer­s uit die kalfhokke kom, loop hulle op kikoejoewe­iding tot hulle na die aangeplant­e weidingmen­gsel gaan.
GROENER WEIVELDE. As verskalwer­s uit die kalfhokke kom, loop hulle op kikoejoewe­iding tot hulle na die aangeplant­e weidingmen­gsel gaan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa